506
Italiaanse els (Alnus cordata) en Chinese populier (Populus simonii [syn. P
.
obtusa]) in.
Ry-oriëntasie
In die noordelike streke (streke met ’n laer breedteligging en droë winters)
is dit nie so krities om rye te plant wat noord-suid loop nie, maar dit word
steeds algemeen gedoen. In die meer suidelike breedteliggings waar die
sonstrale teen ’n skuinser hoek val en waar reën of dou die boom soms vir
lang periodes tydens oestyd nat hou, is dit noodsaaklik om rye te plant wat
noord-suid loop.
Besproeiing en besproeiingsvoeding
Mikrosprinkelbesproeiingstelsels onder bome word meestal gebruik,
terwyl oorhoofse sprinkelbesproeiing steeds in sommige boorde gebruik
word. Die afgelope tyd het die gebruik van drupbesproeiingstelsels ook
toegeneem. Drupbesproeiingsvoeding word toenemend gebruik vir die
beheer van pH en elektriese geleidingsvermoë van ’n gebalanseerde
voedingsoplossing wat daagliks verskaf word om wortelstelselontwikkeling
te beperk in ’n poging om boomfenologie te beheer. Vooroesstres (beperkte
of onvoldoende besproeiing), byvoorbeeld by Satsuma-losskilnartjies, is ’n
aanvaarde praktyk om die eetgehalte van vrugte te verhoog.
Bemesting
Besluite oor die bemesting van produserende bome word uitsluitlik
geneem op grond van die jaarlikse blaarontledingsdata van die blare
van vrugvormende, eindstandige lote en die boord se geskiedenis met
betrekking tot oes, vruggrootte, gehalte en vorige bemestingrekord. Fosfor
en kalium word op die grond toegedien, terwyl magnesium en die mikroelemente (koper, boor, sink, mangaan en molibdeen) op die blare toegedien
word wanneer dit nodig is. Grond-pH word reggestel deur kalsitiese of
dolomitiese kalk by te voeg en waterpenetrasie of soutgehalteprobleme
word deur die toediening van gips aangespreek.
Snoei
In sommige produksiestreke is daar ’n verskuiwing na selektiewe snoei met
die hand of met pneumatiese snoeitoerusting. Die sye en toppe van bome
in die meeste groot boorde word egter meganies gesnoei.
Bronne: CRI, G.H. Barry en Etienne Rabe
3. Internasionale sakeomgewing
Vind “From the Desk of the CEO” en “Global Citrus Scan” by Sitruskwekersvereniging se webtuiste, www.cga.co.za. Dit word weekliks
bygewerk en bevat inligting vir sitruskwekers oor plaaslike en internasionale
aangeleenthede wat die sitrusbedryf raak.
Die sitrusproduserende lidlande van CLAM is Frankryk, Spanje, Marokko,
Italië, Israel, Ciprus, Griekeland, Turkye, Egipte en Tunisië. Suid-Afrika en die
VSA is geassosieerde lede. Besoek www.clamcitrus.org vir meer inligting.
Die twee lande in die Suidelike Halfrond wat ’n noemenswaardige hoeveelheid
sitruprodukte van alle soorte produseer (i.e. lemoen, suurlemoen, pomelo
en sagte sitrus) is Suid-Afrika en Argentinië. Ander Suidelike Halfronde
lande, soos Brasilië, produseer slegs ’n groot hoeveelheid lemoene.
Die Southern Hemisphere Association of Fresh Fruit Exporters (SHAFFE)
verteenwoordig varsvrugte-uitvoerders in die Suidelike Halfrond, insluitende
Argentinië, Australië, Brasilië, Chili, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Swaziland,
Uruguay en Zimbabwe. Besoek www.shaffe.net.
Uitvoer
Een en sestig persent van Suid-Afrika se oes word uitgevoer, die res word
plaaslik as varsprodukte verkoop of na die verwerkingsbedryf gekanaliseer.
• Ons belangrikste uitvoermarkte vir lemoene is die Midde-Ooste
(25%), die Verre-Ooste (23%), VK en EU (19%). Die volgende
grootste sitrusoes, pomelo’s, word na die Verre-Ooste (63%) en die
EU (30%) gestuur.
• Teen 68%, is die EU ons grootste mark vir lemoene, gevolg deur die
Midde-Ooste (24%).
Inligting oor die hoeveelheid sitrus wat verpak en verskeep is, verskyn op
die webtuiste van die Sitruskwekersvereniging by www.cga.co.za. In die
sitrusseisoen word hierdie inligting weekliks bygewerk. Alle boere wat
sitrus vir die uitvoermark kweek en die heffing betaal, uitvoerders wat by
die FPEF (Fresh Produce Exporters Forum) geregistreer is en lede van die
Sitrusbemarkingsforum het toegang tot hierdie inligting. Stuur ’n e-pos aan
[email protected].