507
5. Projekte en inligting vir nuwe boere
Die inligtingsbrosjure (kyk “Publikasies en webtuistes”) is ’n praktiese
inleiding tot die kweek van sitrusvrugte.
Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA)
Transformasie
Tel: 010 003 0206
Die Transformasieportefeulje van die CGA is geherstruktureer om ’n
Transformasie-bestuurder (by CGA se kantoor in KwaZulu-Natal) en twee
voorligtingsbeamptes (een in die noorde en een in die suide) in te sluit.
Dit is hulle verantwoordelikheid om seker te maak dat mense wat tevore
benadeel is, op betekenisvolle wyse op alle terreine van die sitrusbedryf
betrek word.
In 2005 het die CGA die publikasie Our citrus transforms die lig laat sien,
waarin ’n aantal van die transformasie- en mentorskapaktiwiteite wat reeds
in die sitrusbedryf voorgekom het, uiteengesit is. In 2008 is die boekie
Women in citrus uitgegee en aan kwekers en belangstellendes uitgedeel,
om enkele van die vroue van alle rassegroepe wat ’n bydrae tot die sukses
van die sitrusbedryf in Suider-Afrika lewer, uit te lig. In 2009 is daar begin
met werk aan ’n publikasie waarin die talle jeugdiges in die sitrusbedryf
ondersoek word, is in 2010 uitgereik. Die jongste publikasie is Fruits of
Success. Al vier boeke kan van die CGA-kantoor verkry word deur 031 765
2514 te bel of ’n e-pos te stuur aan [email protected]
Sitrus-akademie
Tel: Tel: 013 313 3364
www.citrusacademy.org.za
Die Sikrus-akademie is aan die begin van 2005 as ’n afdeling van die
Sitruskwekersvereniging tot stand gebring met die doel om ’n bemagtigende
omgewing vir die ontwikkeling van vaardighede in Suid-Afrika se sitrusbedryf
tot stand te bring. In April 2007 het die Akademie ’n afsonderlike artikel 21maatskappy geword, waarvan die aktiwiteite deur CGA-heffings befonds
word. Bykomende projekbefondsing is ook van ’n verskeidenheid skenkers
ontvang.
Die Sitrus-akademie het die opdrag ontvang om vyf belangrike uitdagings
aan te pak, naamlik die algemene lae vlak van vaardighede in die bedryf,
diensbillikheid, eienaarskaptransformasie, die ontwikkeling van skaars en
kritieke vaardighede, en die ontwikkeling van gehaltevaardighede.
Die Akademie bestuur ’n beursfonds vir studente op elke valk van sekondêre
onderwys en by ’n groot verskeidenheid akademiese instellings. Die
Akademie ontwikkel ook geskrewe en visuele materiaal en leerprogramme,
help kwekers om hul behoeftes met betrekking tot die ontwikkeling van
vaardighede te bepaal, en verteenwoordig sitruskwekers in verband met
die ontwikkeling van vaardighede.
Die webtuiste van die Sitrus-Akademie is ontwerp as ’n funksionele
werktuig met behulp waarvan besoekers om beurse aansoek kan doen, ’n
opleidingsdiensverskaffer kan opspoor of as een kan registreer, ’n kandidaat
kan vind of ’n vakature kan registreer, werk kan vind of as werksoeker kan
registreer, leerstof en leerprogramme kan aflaai, en inligting oor die jongste
ontwikkelinge op die terrein van vaardighede-ontwikkeling kan opspoor.
6. Belanghebbendes
Organisasies
Die hoofstuk oor vrugte in die algemeen bevat kontakbesonderhede vir die
Fresh Produce Exporters Forum (FPEF) en ander relevante liggame.
Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA)
Justin Chadwick: Hoof- Uitvoerende Beampte
Tel: 031 765 2514
www.cga.co.za
Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika het ’n mandaat ontvang om die
langtermynwinsgewendheid van sy lede te maksimeer. ’n Statutêre heffing
van 47 sent per 15kg karton, stel hulle in staat om ’n aantal programme
te befonds – hoofsaaklik navorsings- en navorsingsverwante programme
(siektebestuur, geïntegreerde plaagbestuur en vrugtegehalteverbetering). Hierdie heffing strek oor vier jaar, dit wil sê in 2016, sal die heffing
verhoog word tot 56 sent per 15kg kart ۋ