Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 505

503 besonderhede oor die kolleges kan in die hoofstuk “Landbou-onderwys en -opleiding” gevind word. Fruitgro Science Tel: 021 882 8470 www.dfptresearch.co.za Die hoofdoel is om navorsing op so ’n wyse te bestuur dat sowel die langtermyn- as die korttermynbehoeftes van die bedryf bevredig word. HORTGRODIENSTE streef daarna om hierdie proses te koördineer en om toegang te verkry tot fondse ten einde seker te maak dat daar te alle tye bevredigende navorsingsvermoë beskikbaar is. Dit is ook van die uiterste belang dat navorsingsbevindings en ander tegniese inligting op doeltreffende wyse aan die produsent deurgegee moet word, dus tegnologieoordrag. Koue Bokkeveld Opleidingsentrum Tel: 023 317 0983 [email protected] Philani Training & Development Solutions NPC Tel: 021 883 2490 www.philani.co.za Praktika Tel: 022 913 2933 SA Agri Academy Tel: 021 880 1277 www.agriacademy.co.za Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasietrust Tel: 021 887 6823 www.saplant.co.za Universiteit Stellenbosch Departement Bewaringsekologie en Entomologie Tel 021 808 3728 www.cons-ent.com Departement Hortologie Tel 021 808 4900 www.sun.ac.za/horticulture LNR Infruitec-Nietvoorbij Tel: 021 809 3100 www.arc.agric.za Kry die besonderhede vir opleidingsverskaffers in die hoofstuk “Landbou-onderwys en -opleiding”. Vir inligting oor HORTGRODIENSTE beurse, kontak Retha Louw by [email protected] of 021 870 2900. 5. Publikasies en webtuistes Verskeie sagtevrugte word gedek in “Agricultural Marketing Commodity Profiles” op www.daff.gov.za (gebruik die “Publications”-opsie). Dit sluit appels, appelkose, perskes, pere en tafeldruiwe in. ’n Aantal verbouerspublikasies kan ook op die DAFF-webwerf gekry word. Kry die “Brochures” en “Production Guidelines” onder die “Publications”-opsie: “Apricots; Cherries; Plums”. Verskeie brosjures oor hortigrafie kan van HORTGRODIENSTE bekom word, asook ’n publikasie oor sagtevrugtestatistiek. Besoek die webwerf www. hortgro.co.za vir meer inligting, of bel Retha Louw by 021 870 2900. Die SA Fruit Journal fokus op navorsing, nuus oor tegniese aangeleenthede en uitvoere. Besoek www.safj.co.za; bel 021 870 2900; of rig ’n e-pos aan [email protected] ’n Reeks pamflette wat kernvrugte- en steenvrugtesiekte, plae en ander onderwerpe dek, is beskikbaar by Fruitgro Science at tel. 021 882 8470 of e-pos [email protected]. LNR Infruitec-Nietvoorbij het ook publikasies oor sagtevrugte. Rig ’n e-pos aan [email protected] of bel 021 809 3305. Die transformasiepublikasies, New Leaves en New Blossoms and nou New Trees, asook brosjures oor die maatskaplikeveranwoordeliksheidsprogramme is beskikbaar by HORTGRODIENSTE . Bel Retha Louw op 021 870 2900 of rig e-pos aan [email protected]. Ons dank HORTGRODIENSTE vir terugvoering oor die konsephoofstuk. akkerbou & tuinbou Sampioene en truffels 1. Oorsig Besoek die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Sampioenboere se webwerf (SAMFA) by www.mushroominfo.co.za. Fungikultuur is die proses waardeur voedsel, medisyne en ander produkte geproduseer word deur die verbouing van sampioene en ander fungi (soos truffels). Anders as plante wat van die son afhanklik is, maak sampioene staat op hul groeimedium vir voedsel en energie. Voorbeelde van hierdie voedsel-en-energiebron is kompos, hooi met ’n deklaag daaroor, saagsels en houtsplinters. Vier belangrike sampioensoorte word kommersieel verbou. Dit is die algemeen gekweekte sampioen, Agaricus bisporus, die Shiitakesampioen, Lentinula edodes, die oestersampioen, Pleurotus ostreatus, en die rysstrooisampioen (paddy-straw), Volvariella volvaceae. Die algemeen gekweekte sampioen is die belangrikste soort met die grootste geraamde globale produksie. Die meeste sampioene wat in supermarkte aangetref word, is kommersieel op sampioenplase verbou, dit wil sê, in gekontroleerde, gesteriliseerde omgewings. Noulettende aandag is nodig om tussen eetbare en giftige sampioene te onderskei, aangesien daar geen enkele kenmerk bestaan waarvolgens alle giftige sampioene geïdentifiseer kan word nie. Die term “fynproewersampioen” (gourmet mushroom) verwys gewoonlik na enige sampioen, behalwe die wit-en-bruin dwergsampioen wat algemeen in supermarkte aangetref word. Ongeveer 300 sampioensoorte beskik oor bekende medisinale kenmerke, en ’n verdere 1 800 soorte met potensiële medisinale voordele is reeds geïdentifiseer. Aftreksels van medisinale sampioene word aangewend om weerstand teen siekte te verbeter en liggaamsfunksies te normaliseer. Sampioene kan ook aangewend word in kleurstof vir wol en ander natuurlike vesels. 2. Belanghebbendes Boland Mushrooms Forest Fresh Mushrooms Tel: 023 344 3662 Tel: 044 533 9161 bolandmushrooms@compnet. co.za Gautengse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap Bolé Forest Fruits (GEDA) Tel: 082 900 0706 Agric V