502
akkerbou & tuinbou
Sagtevrugte
Verwys ook na die “Druiwe” en “Vrugte” hoofstukke
1. Oorsig
Verskillende sagtevrugte en hul waardekettings word omvattend in die
“Agricultural Marketing Commodity Profiles” op www.daff.gov.za gedek
(gebruik die “Publications”-opsie). Dit sluit appels, appelkose, perskes, pere
en tafeldruiwe in.
2. Plaaslike sakeomgewing
Besoek asseblief die HORTGRODIENSTE-webwerf opt www.hortgro.co.za vir
inligting en statistiek.
Appels, appelkose, perskes, pere en tafeldruiwe geniet almal prominensie
in die “Agricultural Marketing Commodity Profiles” op www.daff.gov.za
(gebruik die “Publications”-opsie). Die waardekettings word omvattend in
dié reeks gedek.
Die leser sal ook inligting kry in South African Fruit Trade Flow, ’n publikasie
van die bemarking- en ekonomiese navorsingsentrum (MERC), ’n afdeling
van die Nasionale Landboubemarkingsraad. Die dokument is verkrygbaar
op www.namc.co.za.
3. Transformasie
Kry die “Transformation”-opsie op www.hortgro.co.za.
Die Deciduous Fruit Development Chamber (DFDC) is ’n
verteenwoordigende liggaam van opkomende boere wat meganismes in die
sagtevrugtebedryf skep om:
• die hul integrasie in die hoofstroomekonomie en formele
bedryfstrukture (dws die voorkoming van duplisering en die skep van
nuwe strukture) strategies te bespoedig
• die kennisgaping tussen kommersiële en opkomende boere te
oorbrug
• regverdige praktyke te bevorder
• beter kommunikasie met en deur opkomende boere te bevorder
• die benutting van hulpbronne/-dienste deur opkomende boere met die
steun van bestaande bedryfsdiensvermoë, hulpbronne en kundigheid
te verhoog
4. Belanghebbendes
HORTGRO
is die spreekbuis van die sagtevrugtebedryf wat met
regeringsowerhede en ander belangegroepe namens verskeie groeperings
kommunikeer om produsente se belange te beskerm.
DIENSTE
’n Raad, wat die produsenteverenigings en ander rolspelers verteenwoordig,
gee leiding aan en hou toesig oor die aktiwiteite van HORTGRODIENSTE
om maksimum rolspeler-inset, samewerking en kostedoeltreffende
bedryfsdienste en –funksies te verseker. Die sleutelfaktor in die bedryf is
die verbouer, en HORTGRODIENSTE en sy substrukture, saam met ander
belanghebbers, voer die Bedryfsplan uit wat die besluite en aanwysings wat
deur die onderskeie produsenteverenigings geïdentifiseer is, sal bestuur en
beïnvloed.
Die bedryf is werksaam
regeringsubsidiëring nie
in
’n
vyemarkomgewing,
met
geen
Sagtevrugte-belanghebbendes in HORTGRODIENSTE is:
• SA Appel- en-peerprodusentevereniging (SAAPPA)
• SA Steenvrugprodusentevereniging (SASPA)
• SA Kersieverbouersvereniging (SACGA)
• Tegniese dienste vir droëvrugte (DFTS)
Die hooffunksies van HORTGRODIENSTE is om:
• die markaandeel op grond van doeltreffende kommunikasie te beskerm
en uit te brei
• langtermynverhoudings te bou
• steun van die tersaaklike owerhede te werf
• sagtevrugte binne die tersaaklike teikengehore te posisioneer
• insetkoste te verlaag en doeltreffendheid in die uitvoerwaardeketting
te verhoog
• die langtermyn- ekonomiese lewensvatbaarheid en -volhoubaarheid
van die bedryf te versterk en daardeur die bedingingsposisie van die
produsente te verbeter
HORTGRODIENSTE omsluit ’n wêreld van nuwe geleenthede en keuses, met
’n verskeidenheid van nuwe belanghebbers wat deelneem aan die produksie
en bemarking van sagtevrugte. Hierdie belanghebbers is:
• Fruitgro Science, insluitende tegniese oordrag
• Fresh Produce Exporters’ Forum
• Deciduous Fruit Industry Development Trust (bewaarplek van alle
buitestatutêre bates en reserwes) wat fokus op opleiding en
ontwikkeling
• SAPO-trust (Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasietrust), DPA
(plantsertifisering)
• Regeringsdepartemente en -instellings
HORTGRODIENSTE fasiliteer die volge