500
Maatskappye
Caterix
Tel: 021 946 4737
www.caterix.com
De Hut Olive Farm & Nursery
Tel: 023 340 4775
www.dehutolivetrees.co.za
Olyfberg
Tel: 023 342 5096
www.olyfberg.com
Foxenburg Estate
Tel: 021 873 5617
www.foxenburg.co.za
Rio Largo Olive Estate
Tel: 082 688 0578
www.riolargo.co.za
Greenleaf Olive Co
Tel: 021 556 3238
www.greenleafoliveco.co.za
Rosanna Olive Estate
Tel: 021 987 8539
www.rosannaolives.co.za
Morgenster Wine and Olive
Estate
Tel: 021 852 1738
www.morgenster.co.za
Vesuvio Olive Estates
Tel: 021 869 8571
www.vesuvioestates.co.za
akkerbou & tuinbou
Olives SA
Tel: 053 474 0061
www.olivessouthafrica.com
Olives Go Wild
Tel: 021 886 8408 / 083 300 4703
www.olivesgowild.co.za
Willow Creek
Tel: 023 342 5793
www.willowcreek.co.za
3. Publikasies en webtuistes
Die eerste bron van inligting oor olywe en die Suid-Afrikaanse olyfbedryf is
www.saolive.co.za. Die inligting bevat ook aantekeninge oor die verbouing
van olywe en standaarde vir kwekerye.
Raadpleeg ook die webtuiste van die Internasionale Olyfraad by www.
internationaloliveoil.org.
Daar is aantekeninge vir kwekers en ander inligting by www.oliveoilsource.
com.
Die omvattende gids van olyf-rolspelers is verkrygbaar by www.
olivedirectory.co.za.
Besoek die webtuiste van die Swartland Wyn en Olyroete by www.
swartlandwineroute.co.za of skakel 022 487 1133.
Olive Production in South Africa: A Handbook for Olive Growers deur C. Costa.
Verkrygbaar by LNR-Infruitec, Privaat Sak X5013, Stellenbosch, 7599; tel:
021 809 3100; faks: 021 809 3400.
Olives & Oils in South Africa deur Wendy Flanagan & Reni Hildenbrand,
Mbira Press, Privaat Sak X4, Houtbaai, 7872, of van Blue Weaver Marketing.
Skakel 021 701 4477.
Table Olive Processing Made Easy (E-Book) – kontak OlivesInFact by 083 300
4703 of e-pos [email protected].
Rooibos
1. Oorsig
Talle bronne van inligting oor rooibos word onder die opskrif “Publikasies en
webtuistes” gegee.
Kruietees soos rooibos en heuningbos wat gesondheidseienskappe het (sien
aparte hoofstuk), is in aanvraag vir dranke, voedselgeurmiddels, organiese
voedingstowwe en skoonheidsmiddels. Uitvoere kan verder uitgebrei
word met nuwe toegevoegdewaardeprodukte, terwyl agritoerisme ook ’n
ontwikkelingsgeleentheid bied.
Rooibos, Aspalathus linearis, kom in ’n groot gebied in die Kaapse
fynbosbioom voor. Die kommersiële tipe (Aspalathus linearis subsp. linearis
van die Nortier-tipe) word hoofsaaklik in die Sederberggebied noordwes
van Kaapstad verbou. Die plant floreer in growwe, sanderige grond en
winterreënval. Dit staan algemeen bekend as rooibos, bossiestee of
rooitee as gevolg van die kleur daarvan wanneer dit droog is. Dit het ’n
verfrissende smaak en soeterige geur, is kafeïenvry, het minder tannien as
swart- en groentee wat van Camellia sinensis gemaak word, en beskik oor
anti-allergiese, anti-oksidantiese en antimutagene eienskappe.
Die nomadiese Khoi- en San-mense moes beslis eeue gelede die rooibos
geoes het deur die blare met primitiewe instrumente fyn te stamp en dit in
hope te los om te fermenteer voordat dit in die son gedroog is. Sedertdien
het die proses meer gesofistikeerd geraak.
• Aanplanting. Sade van die rooibosplant word in Februarie en Maart
geplant. Die saailinge word tussen Junie en Augustus oorgeplant en die
eerste gewasse is ongeveer 18 maande later volgroeid. Die volgroeide
plant se hoogte wissel tussen 1 en 1,5 meter in sy natuurlike staat,
terwyl die hoogte van die geoeste plante wissel van 0,5 tot 1,5
meter, afhangende van die ouderdom van die plant of die klimaat
of grondtoestande in die produksiegebied. Alhoewel die p