493
akkerbou & tuinbou
Mielies
Lees in samehang met die hoofstukke “Graan en Oliesade”,
“Meulenaarsbedryf”, “Graanberging en hantering” ens.
1. Oorsig
Mielies is die belangrikste oesgewas in Suid-Afrika, want dit is die
stapelvoedsel van die grootste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking sowel
as die belangrikste voergraan.
Ongeveer 60% van die mielies wat in Suid-Afrika geproduseer word, is
witmielies en die ander 40% geelmielies. Witmielies is veral vir menslike
verbruik bedoel, terwyl geelmielies die belangste bestanddeel van die
voerrantsoen vir suiwel-, beesvleis-, pluimvee- en eierproduksie is.
Die mieliebedryf is, vanweë die vermenigvuldigereffekte daarvan, belangrik
vir die ekonomie as werkverskaffer en as verdiener van buitelandse valuta.
Die rede is dat mielies ook dien as ’n grondstof van vervaardigde goedere
soos papier, verf, tekstiel, medisyne en voedsel.
Mielies word deur die hele Suid-Afrika verbou, met die Vrystaat, Mpumalanga
en Noordwes as die belangrikste verbouingsprovinsies; gesamentlik lewer
hulle ongeveer 84% van die totale produksie. Mielies word hoofsaaklik in
droëlandomstandighede verbou – minder as 10% word onder besproeiing
verbou.
Verstaan die ekonomie van die mieliebedryf
Sedert 1996 is die mieliemark ’n oop en gedereguleerde mark. Die pryse
wat vir ’n oes behaal word, is soortgelyk aan dit wat in daardie stadium in
die mark betaal word. ’n Hele aantal faktore beïnvloed hierdie prys:
• Die internasionale prys van mielies. Mense wil geld spaar. Indien
hulle mielies teen ’n laer prys kan koop as wat ’n mens vra, sal hulle
dit doen.
• Die huidige wisselkoers. Die balans tussen die Suid-Afrikaanse
rand en die Amerikaanse dollar kan beteken dat dit dom is vir ’n
meulenaar om jou mielies te koop indien hy dit elders goedkoper kan
bekom. Dit is hoekom die wisselkoers met sulke groot belangstelling
dopgehou word.
•
Plaaslike produksie (beïnvloed deur weerstoestande en aantal
hektaar onder mielies). Indien daar nie baie mielies beskikbaar is nie,
sal baie mense jou mielies wil koop en sodoende die prys opstoot.
• Plaaslike verbruik van mielies (gewoonlik redelik stabiel rondom 7
miljoen ton per jaar). Indien die vraag na mielies afneem, sal daar nie
veel kopers vir mielies wees nie en jy sal tevrede moet wees met ’n
laer prys.
• Produksievlakke in die SAOG-gebied (Suid-Afrika is gewoonlik die
hoofbron van wit mielies vir hierdie lande in tye van ’n tekort).
Indien baie mielies geproduseer is, sal die kopers in staat wees om
elders aan te koop as jou prys te hoog is.
• Voorraadvlakke (beide plaaslik en internasionaal). Hoeveel mielies is
beskikbaar?
In tye van oorskot is die mielieprys nader aan uitvoerpariteit, maar in tye
van tekorte sal die mielieprys nader aan invoerpariteit wees. Daar moet
beklemtoon word dat inligting oor vooruitskouings en tendense van die
fundamentele faktore die markpersepsies van handelaars beïnvloed en
dat dit uiteindelik die prysvlakke beïnvloed. Geloofwaardige en tydige
inligting, veral oor oesskattings, voorraadvlakke, invoere en uitvoere, is
dus van kardinale belang vir die behoorlike funksionering van die mark.
Mielies word hoofsaaklik tussen middel Oktober en middel Desember
geplant. Die reënvalpatroon en ander weersomstandighede in ’n bepaalde
seisoen bepaal die plantperiode en die lengte van die groeiseisoen. Die
plaaslike verbruikvereistes vir mielies is net minder as 7-miljoen ton per
jaar.
3. Plaaslike sakeomgewing
Statistieke (bv. oesberamings, invoere/uitvoere, ens.) kan op die webtuiste
van die nasionale Departement van Landbou gevind word (klik op die
“Publications”-opsie by www.daff.gov.za) en ook op die webtuiste van die
Suid-Afrikaanse Graan Inligtingsdiens (www.sagis.org.za).
Die markwaardeketting van mielies kan tot die volgende vlakke
afgebreek word:
Raadpleeg die Maize Market Value Chain Profile: 2010-2011 onder die opsies
“Publications”en “Agricultural Marketing Commodity Profiles” op www.daff.gov.
za. Onderstaande inligting is daaruit verkry.
Sektor
Rolspelers
Die Maize Market Value Chain Profile: 2010-2011 (sien die opskrif “Publikasies
en webtuistes”) bevat ook ’n ontleding van Suid-Afrika se in- en uitvoer.
Met voedselpryse wat wêreldwyd net al hoe hoër neig, en ’n sterk vraag na
mielies deur voedselmaatskappye, veeprodusente en etanolvervaardigers,
word die produksie van Amerikaanse mielies as ’n kritieke faktor beskou.
Besoek die webtuistes van CBOT en die National Corn Growers Association
(www.ncga.com).
Die mielieprys word bepaal deur die pryse van die Chicago Board of Trade
(CBOT – kyk www.cmegroup.com) te gebruik (raadpleeg ook die hoofstuk
“Kommoditeitehandel”).
Besoek die SAGIS-webtuiste elke tweede werksdag van die week ná 12:00
vir bygewerkte invoer/uitvoer-inligting. Die Maandelikse Bulletin is ook ’n
belangrike inligtingsbron.
• insetverskaffers
• produsente
• silo-eienaars
Sekondêr
• meulenaars
• veevoervervaardigers
Tersiêr
2. Internasionale sakeomgewing
Primêr
• handelaars (verskansers, arbitrageurs en
spekulante)
• kleinhandelaars
• vervoerders (wat deur die hele ketting
gebruik word)
Die meeste van die mielies wat in Suid-Afrika geproduseer word, word
plaaslike verbruik en gevolglik is die plaaslike mark baie belangrik vir die
bedryf. Die meeste mielies word vir menslike verbruik (50%) en vir die
veevoerbedryf (40%) geproduseer, terwyl saad en nywerheidsgebruik die
oorblywende 10% uitmaak.
Die Suid-Afrikaanse mieliemark het sedert die deregulasie van
landboubemarking aansienlik meer volwasse geword. Daar is vrye
wisselwerking tussen produsente, handelaars en ander tussengangers in die