Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 496

494 bemarking van mielies. Die mieliebemarkingseisoen in Suid-Afrika begin op 1 Mei en eindig op 30 April die volgende jaar. Party van die sterkpunte van die mielieproduksiesektor in Suid-Afrika is die volgende: • Dit is een van die toptwee landbousektore (pluimvee is die ander een). • Dit verseker selfversorgendheid in die belangrikste basiese voedselproduk. • Dit verseker voedselsekuriteit in Suid-Afrika en die SAOG-streek. • Dit is ’n verdiener van buitelandse valuta deur uitvoere. Hoewel uitvoer histories na Afrikalande was, het nuwe markte in die 2011seisoen Mexiko, Suid-Korea en Taiwan ingesluit. • Die bestaande produksie-infrastruktuur is goed ontwikkel. • Daar is enorme intellektuele kapitaal en ondervinding wat in die mieliesektor beskikbaar is. Party van die swakpunte inherent in die mielieverwerkingsektor is die volgende: • Trae aanvaarding van verskansingsmeganismes om prysrisiko te verklein. • Onvoldoende beskerming teen onbillike streeks- en internasionale mededinging en voedselhulp. • Relatief lae uitvoer-ingesteldheid. • Verswakkende navorsingsinfrastruktuur en vermoë kan nuwe tegnologieontwikkeling in die toekoms beperk. • Navorsingsresultate is nie gebruikervriendelik nie, veral nie vir die ontluikende sektor nie. • Gebrek aan innovering ten opsigte van nuwe produkte. • Relatief hoë inset- en kapitaalkoste omdat ’n groot deel van die produksie-insette ingevoer word. • Hoë instandhoudings- en leweringskoste. Kies die “Documents and brochures”-opsie op www.graansilo.co.za vir die volgende: • Regulasies betreffende die gradering, verpakking en merk van mielies bestem vir verkoop in Suid-Afrika. • ’n Wysiging van bogenoemde (2010) Die standaardkontrakformaat vir die verhandeling van graan en oliesade in Suider-Afrika is verkrygbaar by www.grainmilling.org.za. 4. Aspekte van belang vir boere Kies ’n kultivar: Om die korrekte mieliekultivar te kies kan risiko beduidend verlaag. • Moet nooit ’n betroubare kultivar in een seisoen geheel en al deur ’n nuwe of onbekende kultivar vervang nie. • Plant altyd ’n kultivarpakket – kultivarverskeidenheid verdeel die risikofaktor. Gebruik ’n reeks kultivars wat verskil ten opsigte van die tydperk van die groeiseisoen en ander eienskappe. As ’n mens vroeg plant, moet jy ’n kultivarkombinasie van 20% met ’n vinnige of kort groeityd, 30% met ’n middelmatige groeityd en 50% met ’n lang groeityd plant. As jy laat plant, plant ’n mengsel wat bestaan uit 50% met ’n vinnige of kort groeityd, 30% met ’n middelmatige groeityd en 20% met ’n langer groeityd. • Kultivars moet aangepas wees by ’n