Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 491

489 Bronne vir die hoofstuk: SAGIS, Leon du Plessis van L & L Agricultural Services, die Departement van Landbou, die Nasionale Meulenaarskamer, www.grainmilling. org.za. akkerbou & tuinbou Strategiese plan vir die bedryf Die Suid-Afrikaanse koringbedryf se missie is om langtermynvoorkeurverskaffers van koring, koringmeel en ander koringprodukte op die plaaslike mark en in geselekteerde internasionale markte te word. Dit beteken dat die bedryf noodwendig aan die vereistes en kernmerke van sy teikenmarkte moet voldoen. Na omvattende analises en volgehoue besprekings tussen al die rolspelers is ’n aantal doelwitte gesTel. • Werk met die regering en regeringsorganisasies saam om hulle aktiewe steun te verkry ten einde die kort en langtermyndoelwitte van die bedryf te verwesenlik. - Handel en tariewe - Gehalte en standaarde - Inligting - Navorsing - Infrastruktuur - Algemene regeringsake • Ondersteun die hele waardeketting om die beste paktyke en standaarde in plek te stel sodat prestasie deurgaans gemeet kan word. - Opleiding (ontwikkel toepaslike vaardighede in alle sektore) - Tegnologie (maak gebruiik van wêreldklastegnologie) • Identifiseer internasionale bemarkingsgeleenthede en moniteer en analiseer handelsooreenkomste tot voordeel van die bedryf. - Bring ’n uitvoerraad/gesamentlike aksiegroepe op die been. - Raak by die Nepad-inisiatief betrokke. - Werk saam met die regering in handelsooreenkomste. - Verkry toegang tot ’n internasionale databasis. - Ontwikkel vaardighede om invoer /uitvoerkwessies te kan hanteer. - Doen navorsing oor tariefbeleidsrigtings. • Help met die ontwikkeling van en deelname aan klein, medium en mikrobesighede, swart ekonomiese bemagtiging en besighede met vroue as eienaars in die bedryf. - Bestee geleenthede uit aan bogenoemde groepe. - Verskaf tegniese en bestuurshulp. - Werk met die regering saam om finansiële en tegniese bystand te verleen. - Bied opleiding aan. - Verleen hulp met die verkryging van insette. - Verleen hulp met logistieke probleme en die bemarking van hulle produkte. Bron: Plan vir die koringbedryf Ons dank aan die Wintergraantrust en SAGIS vir terugvoering op die konsephoofstuk. Kruie en speserye Sien ook die “Essensiële- en plantolies” en “Inheemse medisinale plante” hoofstukke 1. Oorsig Kruie en speserye word gebruik om ons voedsel geuriger en smaakliker te maak. Dit is hierdie geure en smake wat die veelsoortigheid en tapisserie van streke, nasies en kontinente uitbring. Die toenemende vraag na natuurlike geurmiddel in ontwikkelde lande hou geweldige potensiaal vir speseryboere in. Speserye sluit onder meer peper, gemmer, kaneel, naeltjies, paprika en neutmuskaat in. Kruie en speserye word vars, gedroog en in mengsels by die voorbereiding van voedsel en drinkgoed gebruik. Omdat daar so ’n groot verskeidenheid is, moet ’n boer deeglike marknavorsing onderneem om te besluit watter gewas om te verbou. Kruie en speserye word ook gebruik om siektes te behandel. Dit word deur plantterapeute (persone wat praktiseer in kruiegeneesmiddels) en homeopate gebruik om ’n groot verskeidenheid gesondheidsprobleme te behandel. Die eindproduk van kruie en baie speserye is essensiële olies (sien die afsonderlike hoofstuk) Buiten hul gebruik as geurmiddels en farmaseutiese produkte speel essensiële olies ook ’n rol in persoonlike sorg items (skoonheidsmiddels, tandepasta en parfuum) en word hulle ook gebruik vir industriële doeleindes (waspoeier, politoer en verwe) Nuwe aanwendings in landbou sluit die gebruik van kruie en speserye as organiese plaagdoders in en dit word deur veeartse gebruik as insekafweermiddel en veiliger vlooien bosluisdipmiddel. Bronne: Southern African Essential Oil Producers Association (SAEOPA) en www. naturalnutrition.co.za 2. Internasionale sakeomgewing Afrika se lae per capita inkomste, veral onder die landelike bevolking, kan regstreeks aan die probleme van armoede en voedselskaarste gekoppel word. Landbou is dus ’n kritieke middel tot ekonomiese groei, of dit het die potensiaal om dit te word. Kleinskaalprodusente in hoofstroomlandbou het egter met verskeie probleme te kampe: onder andere dalende pryse vir tradisionele gewasse, gebrek aan toegang tot kapitaal, vervoer, toegang tot die mark en die feit dat die mark onder andere deur groot kommersiële ondernemings oorheers word. Alternatiewe gewasse in die vorm van natuurplante is baie meer geskik vir die skepping van lewensvatbare landbou-ondernemings in landelike gemeenskappe. In die eerste plek kom inheemse Afrika-plante natuurlik voor en is dit relatief maklik om kommersieel te verbou. Tweedens is die produksie van natuurplante arbeids- eerder as kapitaalintensief, wat die kapitaalbelegging verlaag terwyl dit terselfdertyd ’n groot werkskeppingspotensiaal het. In die derde plek het die Afrika-gemeenskap uitgebreide kennis van inheemse plante, wat ’n natuurlike mededingende voordeel in hierdie sektor skep. Gunstige marktoestande in die sektor vir natuurplante steun ook die betrokkenheid van kleinskaal-verskaffers. Die wêreldwye nutraseutiese mark alleen is na raming jaarliks $60 duisendmiljoen werd wat die verkope van dieet- en maaltydaanvullings, asook spesialiteitsprodukte betref. Daar is ook ’n toenemende vraag na organiese en natuurprodukte soos kruietee, essensiële olies, kruie en speserye, plantgeneesmiddels en plantskoonheidsmiddels. Hierdie groei word ondersteun deur ’n wêreldwye wegswaai van sintetiese produkte na produkte wat op ’n natuurlike, gesonde, volhoubare wyse geproduseer en billik verhandel word.