Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 489

487 provinsies geproduseer word, lewer die Wes-Kaap en Vrystaat saam twee derdes van die koringoes. Koring word ook onder besproeiing geproduseer as ’n gewilde alternatiewe wintergewas vir dubbele oeste. Ongeveer 12% van die totale gebied wat onder koring is, word besproei. Die Nasionale Meulenaarskamer publiseer jaarliks ’n lys voorkeurkultivars wat in drie kategorieë verdeel is: kultivars vir droëland-produksie (sonder besproeiing) in die noorde, kultivars vir produksie in die suide, en besproeiingskultivars. Die lys is beskikbaar by www.grainmilling.org.za. Die produsente en ander rolspelers soos die Landbounavorsingsraadhet aangevoer dat die regering ’n strategie moet aanvaar wat kan lei tot volhoubaarheid in die koringverbouingsektor. Hierdie mense wys daarop dat produsente hier nie vra dat hulle gesubsidieer moet word nie, maar dat daar vir hulle vir beskerming sal wees teen produsente in ander lande wat wel gesubsidieer word. Die huidige tarief is 2%, maar kan ingevolge die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie tot meer as 70% verhoog word. 4. Opkomende boere As ’n land wat gereeld koring invoer, is SuidAfrika en sy koringbedryf ten volle geïntegreer in die wêreldwye koringmark wat toenemend gekonsentreerd en gesofistikeerd geraak het, en daar is baie veranderlikes wat in ag geneem moet word. Wisselkoersfluktuasies hou byvoorbeeld ’n uitdaging in vir selfs die mees gesofistikeerde boere om doeltreffend te beplan en hul boerdery winsgewend te hou. SAFEX is ’n nuttige hulpmiddel as skans teen wisselkoersrisiko, maar die minimum hoeveelhede wat vereis word om op SAFEX te verhandel, maak dit minder toepasbaar vir klein opkomende boere. Hoewel transformasie van die bedryf belangrik is vir langtermyn-volhoubaarheid in Suid-Afrika, moet hierdie transformasie op ekonomies haalbare wyse bewerkstellig word. Die aard van koringproduksie en sy waardeketting maak dat produksie op klein skaal onlewensvatbaar is. Dit is feitlik verseker beter om groter, meer gesofistikeerde opkomende kommersiële boere te help om die bedryf op lewensvatbare wyse te betree. Dit is nie raadsaam om boere wat hoofsaaklik op bestaansvlak aktief is, aan te moedig om hul skaars hulpbronne in ’n kwynende bedryf te investeer nie. Bron: Aangepas uit ’n verslag in opdrag van die Koringforum oor ’n ondersoek na die potensiële betreding van en geslaagde deelname van opkomende swart boere aan koringproduksie. Kontak die Koringforum (besonderhede onder opskrif 5). Die LNR se Kleingraaninstituut het ’n besonder aktiewe program vir die ondersteuning van boere, en hu lle het baie projekte wat op die opkomende boere gemik is. Die koördineerder is dr. Eric Morojele by 058 307 3427 of 076 378 0382. Die LNR-KGI het ’n geskeduleerde opleidingskursus, gewoonlik in Oktober, wat spesifiek gemik is op voorligtingsbeamptes wat met opkomende boere saamwerk. Sien publikasies wat beskikbaar is onder die “Publikasies en webtuistes”-opskrif Vind die tegniese inligting op die LNRwebtuiste – www.arc.agric.za. 5. Verenigings wat betrokke is Vind besonderhede oor Graan SA, SAGIS, die Nasionale Meulenaarskamer en die Graan Silo Industrie in die hoofstuk oor Graan & Oliesade. The Wheat Forum Tel: 012 807 3958 Die Koringforum is verteenwoordigend van die belangrike sektore wat by die koring- en koringproduktebedryf betrokke is, naamlik koringprodusente, meulenaars, bakkerye, vakbonde, verbruikers en die regering wat met beleid en kwessies van onderlinge belang te doen het. Wintergraantrust Tel: 012 663 1600 www.wintercerealtrust.co.za Suid-Afrikaanse Kamer van Bakwese Tel: 012 663 1600 www.sacb.co.za