486
Sumatran Premium Coffee ‡
Tel: 041 364 3797
http://sumatran.co.za
The Coffee Roasting Company
Tel: 021 847 0536
www.coffeecompany.co.za
Tea & Coffee Distributors
Tel: 041 374 0033
http://tea-coffee.co.za
The Green Bean
Tel: 011 957 2987
www.greenbeancoffee.co.za
Tea and Coffee Emporium
Tel: 011 615 7147
www.teaandcoffee.co.za
TriBeCa ‡
Tel: 012 661 9303
www.tribeca.co.za
The Coffee Merchant ‡
Tel: 031 569 1412
www.coffeemerchant.co.za
Valley Harvest ‡
Tel: 041 581 3486
www.valleyharvest.co.za
‡ Lede van die Speciality Coffee Association of Southern Africa
Ander lede sluit in Sevenoaks Trading, Beans About Coffee, Urban Express, The
Pink Fig, Delistreet Café, In Food Bakery & Deli Restaurant, Handmade Coffees,
Café Fresco, Toper, BM Supreme Coffee Experience, Bravilor Bonamat, Wimpy,
The Little Italian Coffee Shop, Southern Sun Elangeni, Gloria Jean’s Coffees,
Woolworths, pure™ sub-urban delicacy, Haloa Coffee, Manna, Salvation Café
en Ultimate Water.
6. Publikasies en webtuistes
Coffee: an exporter’s guide, 2002. ISBN 92-9137-242-2. Hierdie gids bied ’n
oorsig van wêreldhandel in koffie. Dit sluit noodsaaklike inligting in oor pryse,
nismarkte, bemarking en gehaltebeheer, bemarkingstelsels en die profiele
van koffieproduserende lande. Dit, asook inligting oor ander publikasies wat
hiermee verband hou, is beskikbaar by www.google.com/books.
The Cultivation of Coffee. Hierdie publikasie is verkrygbaar by die LNRInstituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse en by die Hulpbronsentrum
van die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Hulle
telefoonnommer is 012 319 7141. Basiese kwekersnotas kan gevind word
in die “Cultivating coffee” Info Pak by www.daff.gov.za (kies “Publications”
in die kieslysopsie).
Die volgende publikasies is ook beskikbaar by die LNR-ITSG:
• Coffee Handbook 1987, Zimbabwe Coffee Growers Association ISBN
0-7974-0784-7
• Simply Coffee – a practical guide to coffee farming deur Richard Clowes
(Chipinge, Zimbabwe). ISBN 0-7974-2187-4
Kontak Schalk Schoeman by 013 753 7000/7024, of rig e-pos aan schalk@arc.
agric.za.
www.coffeeandhealth.org, die “science-based resource developed for
healthcare and professional audiences”.
Die webtuiste www.coffeeresearch.org (klik op “Agriculture” in die kieslys)
gee ’n uiteensetting van die groeistadia van die koffieplant. Die oesproses,
verwerking, siektes en bemesting word ook bespreek. Die webtuiste is
“gerig op die bevordering van koffiegehalte deur middel van die onderwys
en wetenskap”. Gevorderde onderwerpe omvat inligting oor die koffiemark,
verbruikstatistiek, die koffiewetenskappe, koffielandbou en maatskaplike
kwessies wat met koffie verband hou.
Vind die huidige wêreldproduksie-, mark- en handelsverslae by www.
fas.usda.gov/currwmt.asp die Foreign Argricultural Service tak van die VS
Departement van Landbou.
Vind uit oor die Etiopiese Koffienetwerk by www.ethiopiancoffeenetwork.
com.
Besoek ook die webtuistes van rolspelers wat êrens anders in hierdie
hoofstuk genoem word, bv. www.ikhofi.co.za waar talle skakels gegee
word.
Ons bedank graag vir Schalk Schoeman (L NR) en Klaus Becker (Caturra Coffee)
wat vir ons terugvoering oor die konsephofstuk gegee het.
akkerbou & tuinbou
Koring
Sien ook die hoofstuk oor Graan & Oliesade
1. Oorsig
• Ná mielies is koring wêreldwyd die tweede mees geproduseerde
voedselsoort (met rys in die derde plek).
• Koring word hoofsaaklik as menslike voedsel gebruik. Die graan is
’n stapelvoedsel waarvan brood, beskuitjies, koeke, graankos, pasta,
noedels en koeskoes gemaak word. Dit word ook gebruik in die
gisproses van bier, alkohol en vodka (alkohol uit koring kan ook vir
biobrandstof gebruik word).
• Die korrels word gebruik in die produksie van absorberende stowwe
vir weggooi-babadoeke, asook vir kleefstowwe. Dit word industrieel
gebruik as stysel in omhulsels.
• Koringstrooi kan as voer vir lewende hawe gebruik word, of as
konstruksiemateriaal (dekgras) vir grasdakke. Koring word in beperkte
mate as voergewas geplant.
• Koring is die tweede belangrikste gewas wat in Suid-Afrika verbou
word.
• Statistiek (bv. oesberaminge, uitvoer/invoer ens.) is te vinde op die
webtuiste van die Nasionale Departement van Landbou – kies die
“Publications”-opsie by www.daff.gov.za – en ook op die webtuiste
van die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (“South African Grain
Information Service”) – www.sagis.org.za.
• Die Wheat Market Value Chain 2010-2011 dokument onder
“Publications” en “Agricultural Marketing” by www.daff.gov.za is ’n
deeglike ondersoek van die koringwaarde-ketting in Suid-Afrika.
2. Internasionale sakeomgewing
Besoek die SAGIS-webtuiste elke tweede werksdag gedurende die week na 12:00
vir die jongste inligting oor invoere/uitvoere. Raadpleeg ook die “Monthly Bulletin”
op die SAGIS-webtuiste vir die jongste inligting.
Die VN se Voedsel- en Landbou-Organisasie (“Food and Agriculture
Organisation” – FAO) lys die wêreld se top tien koringprodusente as: China,
Indië, die Verenigde State, Rusland, Frankryk, Kanada, Australië, Duitsland,
Pakistan en Turkye. Die land se vernaamste handelsvennote vir ingevoerde
koring is Argentinië, die VSA, Australië, Duitsland en Kanada. Ingevoerde
koring word vir bakdoeleindes gebruik.
Surplus-koringvoorrade word uitgevoer nadat voorsiening gemaak is vir
plaaslike verbruik. Koring word na die SAOG-streek uitgevoer. Die uitvoer
van toegevoegde-waarde-koringprodukte na hierdie lande het oor die
jare toegeneem. Die meeste uitvoere van koringprodukte is bestem vir
Mosambiek, Malawi en Zimbabwe.
3. Plaaslike sakeomgewing
Suid-Afrika kan vir homself genoeg koring produseer, maar dit is nie die
geval nie. Die bedryf funksioneer in ’n vrye mark omgewing waar vraag
en aanbod die deurslaggewende prysbepaler is. Die bemarkingseisoen vir
koring in Suid-Afrika begin op 1 Oktober en eindig op 30 September van
die volgende jaar. Die enigste regeringsintervensie in die mark is die tarief
op koringinvoere.
’n Statutêre heffing is van toepassing op bemarking ingevolge die Wet op
Landbouprodukte (R15.00 per ton koring vir 1/10/2011-30/9/2012 en
R16.00 per ton vir 1/10/2012-30/9/2013 vir koring) om navorsing en die
beskikbaarstelling van inligting te finansier.
Koring word hoofsaaklik geplant tussen middel-April en middel-Junie in die
winterreënvalstreek (Wes- en Suid-Kaap) en tussen middel-Mei en die einde
van Julie in die somerreënvalstreek (Oos-Vrystaat). Hoewel koring in al die