482
5. Nasionale strategie en regeringskontakte
Vind inligting oor die verskeie direktorate by www.daff.gov.za, webtuiste van
die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
LNR- Instituut vir Industriële Gewasse
Tel: 014 536 3150
www.arc.agric.za
Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR)
Nywerheidsondersteuning van vesels en tekstiele
Tel: 041 508 3200 / 23 / 89
www.csir.co.za
Direktoraat Plantproduksie
Tel: 012 319 6079
[email protected]
’n Nasionale strategie vir die Suid-Afrikaanse katoenbedryf is op inisiatief
van Katoen SA en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ’n
paar jaar gelede geformuleer met deelname van al die rolspelers, om in te
pas by die Nasionale Strategiese Plan vir Suid-Afrikaanse Landbou.
Sommige van die kernstrategieë van die Katoen-sektorplan sluit in om
plaasuitsette tot 150 000 katoenbale teen 2015 te verhoog, om deelname
uit te brei om opkomende boere in staat te stel om teen 2015 ’n gemiddeld
van 37 500 katoenbale te produseer en behoorlike steun vir navorsing,
voorligtingsdienste en tegnologie-verskuiwing te hê. Die Katoen-sektorplan
en die Implementeringplan en sy doelwitte word tans deur rolspelers
hersien.
6. Belanghebbendes
Verenigings
Katoen SA
Tel: 012 804 1462
www.cottonsa.org.za
Opleiding en navorsing
na die Katoen SA Trust oorgedra
om tot voordeel van die hele
katoens V