Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 483

481 Woolworths het die wêreld se derde grootste verbruiker van organiese katoen geword, naas die Amerikaanse reuse Wal-Mart en Nike, volgens Organic Exchange, ’n internasionale organisasie wat hom beywer vir ’n toename in die wêreldwye verskaffing van organiese katoen. Bron: Cotton SA, Bizcommunity 3. Plaaslike sakeomgewing Besoek www.cottonsa.org.za vir die jongste verslae oor die katoenmark. • inleiding, grondvoorbereiding en aanplanting • plantbeskerming, plae, siektes en onkruid • gewasvoorbereiding voor oestyd, oeswerk en gradering • finansiële bestuur Die kursusse is sowel teoreties as prakties. Laasgenoemde maak ongeveer 60% van die kursusinhoud uit. Deskundiges op elke gebied word uit verskillende katoenrolspelers gekies om hul kundigheid aan die opleidingsgroepe oor te dra. Tot dusver het ongeveer 933 kleinskaalse boere hierdie kursusse bygewoon (359 uit KwaZulu-Natal, 213 uit die Limpopo-provinsie, 293 uit Mpumalanga, 37 uit die Oos-Kaap en 31 uit die Noordwes-provinsie). Katoen in Suid-Afrika word tans volgens vryemarkbeginsels bemark, dit wil sê daar is geen tussenkoms of beperking ten opsigte van die koop en verkoop daarvan nie, en pryse word deur die mark bepaal. Katoen SA het onlangs ook ’n mentorskap-program vir kleinskaalse katoenboere begin. Hierdie projek is daarop gerig om ’n aantal mentors te voorsien wat kleinskaalse boere kan ondersteun en kennis en praktiese vaardighede aan hulle kan oordra. Hierdie mentors rapporteer aan die bestuurder van die mentorskap-program. Boere wat katoen in Suid-Afrika produseer, bemark dit op een van die volgende maniere: • Die katoenpluksel word deur die boer aan ’n pluismeulenaar verkoop, wat die katoen pluis en vir sy eie rekening direk aan spinners (en die saad aan verwerkers) verkoop of dit indirek deur van agente gebruik te maak; of • Die boer verkoop die pluksel nie aan die pluismeulenaar nie, maar kontrakteer die pluismeulenaar om dit vir hom te pluis teen betaling van pluisgeld (sommige boere het ook hul eie pluismeule). Die katoenvesel en die saad bly die eiendom van die produsent, wat dit dan óf self bemark óf die pluismeulenaar of iem