Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 478

476 Na my mening, behoort betroubare strategieë om voedselonsekerheid in landelike omgewings te verminder Afrika se inheemse voedselkultuur te erken. Dit is gebaseer op die gebruik van voedselplante wat natuurlik voorkom en bestaansboerdery van tradisionele groente. Bron: Dr. Retha van der Walt, Morogo-Navorsingsprogram by die NoordwesUniversiteit. 6. Internasionale sakeomgewing Alliance for a Green Revolution in Africa (Agra) – www.agra-alliance.org – het programme ondersteun wat produsente oplei van gewasse wat inheems aan Afrika is. ’n Groter opbrengs van voedselsoorte soos kassawe, sorghum en jam kan help om invoer van rys, koring en mielies te verminder. Die negatiewe sy hiervan kan lei tot die kommersialisering van voedselsekuriteit op huishoudelike vlak. Besoek www.cropsforthefuture.org, die webwerf van Crops for the Future (CFF), wat die wyer gebruik van onderbenutte plantspesies globaal aanmoedig. Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) – www.unesco.org. Vind verwysings na die bewaring van ontasbare kulturele erfenis (ICH). Een van die voorgestelde maatreëls om die honger in die wêreld te beveg is om hernude pogings aan te wend om die produksie en benutting van kultureel toepaslike, tradisionele en onderbenutte voedselgewasse uit te bou. Moderne landboukundige navorsing het daarop gekonsentreer om die produktiwiteit van ’n paar gewasse en rasse te verbeter. As gevolg hiervan het nuwe gewasse ander, plaaslik verboude gewasse verplaas en daar het ’n geweldige vereenvoudiging van ons landboukundige stelsels plaasgevind. Dit beteken dat ons voedselsekuriteit vandag van baie min spesies afhanklik is wat globaal verhandel word en beskikbaar is teen baie lae pryse. Vir kleinboere in grensgebiede was dit nie ’n positiewe ontwikkeling nie. Hulle was tradisioneel afhanklik van baie verskillende plantspesies vir ruilhandel en voortbestaan, maar baie boere is ingetrek in landboukundige ekonomieë wat gebaseer is op kontantkommoditeitsgewasse sonder om ag te slaan op die ingewikkeldhede en multifunksionaliteite van bestaande landboukundige stelsels wat in die loop van tyd ontwikkel het en wat in noue kontak was met die plaaslike ekosisteme. In baie gevalle het landelike gemeenskappe die verbouing van voedselgewasse gestaak en is hulle nou van kontant afhanklik vir hulle alledaagse behoeftes. Die geneigdheid van wêreldkommoditeitspryse wat in die loop van tyd geweldig fluktueer, maak hiervan ’n baie riskante strategie. In die afgelope paar jaar het die pryse van baie kommoditeite so laag gedaal dat hulle nie eers kan kompenseer vir produksieverliese nie. Boere is nie in staat om hierdie inkomstegaping uit hulle huidige landboukundige stelsels aan te vul nie, en daar is ’n groeiende bewuswording dat die diversifikasie van produksie ’n dringende noodsaaklikheid is. Vir ander boere, veral vir dié wat in gebiede woon wat nie geskik is vir die verbouing van verbeterde variëteite of kommoditeitsgewasse nie, is agrobiodiversiteit basies vir oorlewing. Hoe meer gediversifiseer hulle landboukundige stelsels is, hoe groter is hulle kanse op selfonderhouding en selfversorging. In sulke gebiede is die sogenaamde onderbenutte spesies spesifiek uiters nuttig. Hierdie spesies is met verloop van tyd geselekteer om droogte en vloede te weerstaan en hulle kan op ’n volhoubare manier geproduseer word deur gebruik te maak van laekosteinsetpraktyke. In baie gevalle is hierdie spesies ook waardevolle bronne van mikronutriënte en vitamiene wat nodig is om die sogenaamde “hidden hunger” te oorkom, wat ’n gebrek aan die noodsaaklike voedingstowwe in diëte is wat hoofsaaklik uit koolhidraatstapelvoedsels bestaan en wat so dikwels die jong kinders en die ou mense affekteer. Terwyl hulle nuttig en baie dikwels voedsaam is, bestaan daar min kennis oor hierdie onderbenutte gewasse. Verbouingsvereistes, opbrengsverbe teringspotensiaal en ander eienskappe word selde ondersoek en baie min opgeteken. Hierdie gewasse is dikwels nie gekommersialiseer nie en min is gedoen om markte vir hulle te ontwikkel. Dit is moeilik om inligting oor hulle te bekom en die tradisionele kennis wat voorheen geïntegreer is met die landelike kultuur en van geslag na geslag oorgedra is binne die plaaslike gemeenskappe, verdwyn teen ’n vinnige pas met die “modernisasie” van landboukundige praktyke en die uitwaartse migrasie van jong mense. Die verplasing van plaaslike biodiversiteit is ’n uiters belangrike uitdaging, nie net vir plaaslike voedselsekuriteit nie, maar ook vir die langtermyn volhoubaarheid van ons globale voedselstelsel en die ekosisteme wat dit ondersteun. Bron: Vertaling gebaseer op ’n aangepaste weergawe uit die hoofartikel “Valuing crop diversity” op www.leisa.info 7. Belanghebbendes African Centre for Crop Improvement (ACCI) Tel: 033 260 5524 / 6288 [email protected] www.acci.org.za Agribusiness in Sustainable Natural African Plant Products (ASNAPP) Tel: 021 808 2918 www.asnapp.org Invest North West Tel: 014 594 2570 www.inw.org.za Projekte sluit in die prosessering van inheemse kruie. LNR-Roodeplaat Instituut vir Groente en Sierplante Teel- en Genetiese Hulpbronne: Mnr. Willem Jansen van Rensburg Agronoiey: Dr. Yacob Beletese Cedara College of Agriculture Tel: 012 841 9611 Opleidingshulpbronontwikkeling [email protected] (TRD) [email protected] ’n Aantal opleidingsplakkaatmodules is beskikbaar in Engels en Zulu (bv soetpatatprossesering). Die syfers in hakies dui aan hoeveel plakkate daar in elke module is: • Sweet Potato Production (18) • Traditional Foods Promotion (1) Vir verdere inligting kontak Noreen Mhlongo by 033 355 9304, of epos Noreen.Mhlongo@kzndae. gov.za. Clive Viljoen is ’n tweede kontakpersoon by dieselfde nommer, of e-pos Clive. [email protected]. Commercial Products from the Wild (CP Wild) [email protected] www.cpwild.co.za Die LNR is betrokke by die navorsing oor inheemse groente vir die afgelope 10 jaar. Die navorsingsfokus het die insameling van basislyninligting en die benutting en produksie van inheemse blaargroentes, die ontwikkeling en optimisering van kultiveringspraktyke en die insameling, instandhouding en seleksie van genetiese plantmateriaal ingesluit. Die LNR is ook betrokke by samewerkingsooreenkomste wat die voedingswaardeinhoud van geselekteerde gekookte inheemse groente en hulle verbintenis met gemeenskapsgesondheid ondersoek het. LNR-Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse Kontak hulle vir ’n kort oorsig oor Tel: 013 753 7000 die verhandeling van vars vrugte, [email protected] huishoudelike verwerking, en die kommersialisering van inheemse LNR Infruitec-Nietvoorbij vrugteprodukte. Tel: 021 809 3100 Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) Direktoraat: Plantproduksie Mnr. Thabo Ramashala Tel: 012 319 6079 Chris Hansmann was betrokke by die prosessering van inheemse vrugte. Marula Natural Products Tel: 011 403 0277 Inheemse voedselgewasse is [email protected] ingesluit in die kategorie van www.marula.org.za sleutelareas van tegnologieontwikkeling van die DLBV Dit is ’n ekovriendelike laetegse nasionale navorsing- en nologie-onderneming wat ontwerp is vir die opheffing van vroue in ontwikkelingstrategie. landelike gemeenskappe. Dit Indigenous Plant Use voorsien ’n volhoubare inkomste Forum (IPUF) – kyk Nasionale aan gesinne in die stamgebiede van Navorsingstigting die Limpopovallei.