Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 477

475 Redes tot kommer In die eerste plek is inheemse kennis besig om verlore te gaan weens die beperkte oorlewering tussen die geslagte. Dit kan toegeskryf word aan die verandering wat in sosiale stelsel ingetree het, ten spyte van die waardie wat hierdie plante het vir voedselsekuriteit en die maak van ’n bestaan. In die tweede plek lei veranderinge in die bevolkingsdruk op natuurlike hulpbronne en ’n ineenstorting van plaaslike bewaringstrategieë tot die agteruitgang van natuurlike hulpbronne, insluitende Afrika-groentes, en daarmee saam die inheemse kennis wat daarmee verband hou. Dit ten spyte van die betekenisvolle bydrae wat hierdie plante en die verbandhoudende kennis kan maak tot voedselsekuriteit, en die feit dat bestaande kultivars van uitheemse groente nie so ’n bydrae kan maak in marginale areas nie, aangesien hulle hoë insette en optimale agri-ekologiese toestande vereis. Daar moet dus meer aandag gegee word aan hierdie plante en ander inheemse voedselgewasse om hul bydrae tot voedselsekuriteit te vergroot. Daar moet ook kennis geneem word van die verskeidenheid maniere waarop dit bereik kan word – van huishoudelike verbruik tot kommersialisering en waardetoevoeging. Hierdie proses moet egter met sorg aangevoor word met inagneming van die sosio-kulturele aspekte wat daarmee verband hou. Bron: Tim Hart (RGN) 5. Plaaslike sakeomgewing Die sektor vir inheemse voedselgewasse het te kampe met ’n aantal faktore wat produktiwiteit en winsgewendheid belemmer. Die volgende faktore is as uitdagings geïdentifiseer: • Tekort aan saad en ander kweekmateriaal. Vir baie inheemse gewasse is daar geen formele saadvoorsieningstelsel nie. • Al groter afname in verbruik en produksie. Daar is ’n verskuiwing onder jonger generasies na minder voedsame kos as gevolg van lewenstylveranderings en aannames oor wenslike eetgewoontes. • Gebrek aan waardetoevoegende tegnologieë. As gevolg hiervan word inheemse gewasse hoofsaaklik in onverwerkte vorm verbruik. Die gewildste waardetoevoeging is droging, of verwerking tot meel deur dit te stamp. ’n Gebrek aan verwerkingstegnol