471
tot $5 duisendmiljard in 2050, wat daarop dui dat die vooruitsigte vir die
bedryf goed is.
Bron: die artikel “Invest in pharmaceutical manufacturing opportunities in Limpopo’s
Capricorn DM” op www.tradeinvestsa.co.za. Kontak Jabu Masondo by 015 294 1000
of [email protected].
3. Die verbouing van medisinale plante
Die verhoogde markpryse van bepaalde medisinale plante word verbind
met die gelokaliseerde uitsterwing van spesies en gevolglike kwynende
voorraad. Die kwynende voorraad word dus regstreeks gekoppel aan die
oormatige oes van bepaalde gewilde spesies vir medisinale gebruik. As
gevolg hiervan het navorsers voorgestel dat inheemse medisinale plante
aangeplant word ten einde biodiversiteit te bewaar en markvolhoubaarheid
te verseker. Daar word egter druk gedebatteer oor die voor- en nadele van
die verbouing van medisinale plante. Daar is veral besorgdheid oor:
• die potensiële verlies aan inheemse kulturele waardes wat nou verweef
is met die oes van wilde medisinale plante in die natuur;
• die potensiële afname in die produksie van sekondêre metaboliete (die
aktiewe bestanddele van die meeste medisinale plante) in verboude
plante, in vergelyking met plante wat in die natuur geoes word;
• genetiese kontaminasie van plaaslike spesies deur kweking met plante
van alternatiewe genetiese afkoms.
’n kommersiële skaal te produseer en te lewer, is verbouing noodsaaklik
ten einde die verlangde volumes plantmateriaal op ’n volhoubare basis te
kan voorsien.
Dit is derhalwe waarskynlik dat plase wat medisinale plante verbou, in die
toekoms in Suider-Afrika in die behoefte aan sowel skaars as kommersieel
gesogte plantspesies sal voorsien.
Bronne: Myles Mander, Nicci Diederichs & Warren Spring
4. Nasionale strategie en regeringskontakte
Die Departement van Wetenskap en Tegnologie het die Nasionale
Kantoor vir Inheemse Kennisstelsels (NIKSO) as een van sy programme
ingestel. Die oogmerk daarvan is om die inheemse kennisstelsels van Afrika
te beskerm en te bevorder. NIKSO word ook beskou as ’n dryfkrag vir IKSontwikkeling en kennisbestuur.
Investering in die oes van inheemse kennis deur die dokumentering van
orale bronne, sistematisering en ontwikkeling het die potensiaal om tot
wetenskaplike en tegnologiese oplossings vir die uitdagings van armoede en
siekte in die toekoms in Suid-Afrika by te dra. IKS sal plaaslike gemeenskappe
bewaar en versterk deur dié gemeenskappe by die kennisekonomie in te
sluit. Besoek www.dst.gov.za.
Proefnemings en loodsprojekte wat tot op datum onderneem is, het getoon
dat die verbouing van medisinale plante goeie ekonomiese potensiaal
toon om voorraad op kommersiële skaal te voorsien. Spesies wat vinnig
groei, kan in voldoende hoeveelhede voorsien word om binne enkele jare
in die markvraag te voldoen. Aan die ander kant is dit onwaarskynlik dat
stadig groeiende bome, veral oerwoudbome, wat aangeplant word, die
hoeveelhede medisinale boombas sal kan voorsien wat oor die kort termyn
in aanvraag is. Boonop is die produksie van bas deur aangeplante bome
nie ’n ekonomies lewensvatbare produksiestelsel nie. Die produsering van
alternatiewe produkte wat van bome verkry word (soos boomblare) en wat
die bas kan vervang, word dus ondersoek.
Die Departement van Omgewingsake is die Suid-Afrikaanse staatsgesag
verantwoordelik vir die omgewing – www.environment.gov.za . Projekte
wat die afgelope paar maande aangepak is, het ’n projek ter waarde van
R20 miljoen vir die bewaring van medisinale plant in Limpopo ingesluit. Dit
het die beginsels van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram gebruik
om armoede te verlig en vaardighede oor te dra. Toegang tot Suid-Afrika
se biodiversiteit word wetlik gereël deur die “National Environmental
Management: Biodiversity Act” 10 van 2004 (nie in Afrikaans uitgevaardig
nie). Staatskoerant No. 8831 van 8 Februarie 2008 is ook belangrik, want
daarin is die regulasies betreffende bioprospektering, toegang en die deling
van voordele gepubliseer.
Min is egter bekend oor die uitwerking van verbouing op die medisinale
eienskappe van plante. Die doel van verbouing is om die opbrengs van
plante te verhoog deur groeitoestande te verbeter deur die aanwending
van landbouchemikalieë en deur die klimaat te beheer. Baie tradisionele
genesers meen dat verboude plante wat met chemikalieë behandel is (wat
kunsmis, insek- en ander plaagdoders insluit), nie dieselfde medisinale
krag as wilde plante nie het. Die aktiewe medisinale samestellings wat
medisinale plante so nuttig maak, is meestal “sekondêre metaboliete” wat
deur die plante ontwikkel word as beskerming teen siektekieme, insekte,
en blaar- en graseters. Hierdie sekondêre metaboliete kan moontlik ook
help om die plante te beskerm teen uiterste klimaatstoestande soos ryp.
Plante wat deur sulke aanvalle aan stres blootgestel word, is geneig om
groter konsentrasies sekondêre metaboliete as ’n oorlewingsmeganisme te
produseer. Plante wat in gekontroleerde klimaatstoestande verbou word
waar landboumiddels gebruik word, ervaar minder stres en vervaardig
derhalwe minder sekondêre metaboliete. Chemiese toetse wat op
gekultiveerde plante uitgevoer is, het getoon dat baie tradisionele genesers
se siening dat gekultiveerde plante minder medisinale krag het as wilde
plante, inderdaad waar kan wees vir heelwat spesies. Dit het die uitdaging
geskep om verbouingstegnieke te vind wat die groeitempo van plante sal
verhoog sonder om die medisinale eienskappe te verlaag.
Die Wet op Tradisionele Gesondheidspraktisyns 22 van 2007 is hier
van belang. Met inagneming van die bepalings van die Nasionale
Gesondheidswet het die regering regulasies opgestel wat die toepassing
van die Wet op Tradisionele Gesondheidspraktisyns reël. Lees meer oor
hierdie wet op www.traditionalhealth.org.za (kies die opsie “Traditional
healing & law”). Die Departement van Gesondheid se ondersteuning
van navorsing oor tradisionele medisyne sluit ’n toekenning van R6 miljoen
in wat deur die Mediese Navorsingsraad gekanaliseer word vir navorsing
oor die veiligheid, doeltreffendheid en gehalte van tradisionele medisyne
wat as immuunversterkers gebruik word deur mense wat met MIV en
vigs lewe. Die Departement het ook ’n wetlike raamwerk daargestel om
die ontwikkeling van natuurlike produkte vir menslike gesondheid aan te
moedig deur middel van die bepalings van die Wet op Medisyne en Verwante
Stowwe 101 van 1965. Die Wet reël die gebruik van komplementêre en
alternatiewe medisyne, tradisionele Afrika-medisyne en ander kategorieë
van medisyne in Suid-Afrika, en is daarop gemik om gehalte, veiligheid en
doeltreffendheid verseker.
In ’n ondersoek wat in Suid-Afrika gedoen is, is verboude voorraad van ru en
gestabiliseerde (droogbevriesde) skaars medisinale plante deur handelaars
en tradisionele genesers in die mark ingevoer. Die plantmateriaal is deur
die meeste genesers en hul kliënte aanvaar. Indien hulle gevind het dat
die sterkte van die medisinale samestellings verminder is deur bepaalde
boerderytegnieke of verwerkingstegnologieë wat gebruik is om die produk
te stabiliseer, het die tradisionele genesers bloot hoër dosisse van die
geneesmiddel voorgeskryf. Hulle aanvaarding van verboude plantmateriaal
kan bes moontlik toegeskryf word aan die toenemende skaarste en die
gepaardgaande koste van bepaalde gewilde medisinale plante.
Om te voorsien in die markvraag na sekere geneesmiddels wat skaars plante
gebruik, is daar geen ander uitweg as om verboude plantmateriaal te aanvaar
nie. In die geval van spesies waarvan die beskikbaarheid en skaarste minder
problematies is, sal tradisionele genesers waarskynlik nie bereid wees om
verboude materiaal te aanvaar nie. Om medisinale plante en produkte op
Departement van Landbou, Bosbou en Visserye
Direktoraat Plantproduksie
Tel: 012 319 6079
[email protected]
Direktoraat Plantgesondheid
Tel: 012 319 6072
[email protected]
Die Direktoraat Plantgesondheid is verantwoordelik vir uitvoerregulasies
en -standaarde en ’n spesiale protokol vir uitvoer na die VSA. Inspeksies vir
uitvoer word behartig deur die Perishable Product Export Control Board
(PPECB), wat deur die Departement aangestel word. Tel: 021 930 1134.
Webtuiste www.ppecb.com.
Kies die opsie “Forestry” op www.daff.gov.za. Kwessies soos die volhoubare
oes van boombas ressorteer onder Bosbou.