470
Toekomst Plase
Van Zyl Joubert – 072 185 9500
[email protected]
Helgaard Ackermann
Tel: 042 295 1513
[email protected]
Melmont Tea
Tel: 042 288 0203
[email protected]
www.melmont.co.za
akkerbou & tuinbou
Inheemse medisinale plante
Bemarkers
Verwerkte tee word onderwerp aan stoompasteurisasie, sifting en
ontstoffing. Die tee word vir ’n bepaalde tyd blootgestel aan stoom om dit
te pasteuriseer, en dan gedroog deur warm lug daaroor te blaas. Die teestof
word vervolgens uit die tee verwyder, waarna dit gegradeer word volgens
snitgrootte, byvoorbeeld grof, fyn en superfyn.
Cape Natural Tea Products
Tel: 021 982 5030
[email protected]
www.rooibostea.co.za
Cape Honey Bush Tea
Company
Tel: 044 697 7070
www.capehoneybushtea.co.za
Coetzee & Coetzee
Tel: 021 905 1318
[email protected]
www.coetzeeltd.co.za
Indaba Teas of Africa – sien Cape
Natural Tea Products
Khoisan Tea
Tel: 021 421 3111
[email protected]
www.khoisantea.com
Melmonth Tea
Tel: 042 288 0203
[email protected]
www.melmont.co.za
Derdevlakverwerkers
Derdevlakverwerkers is heuningbosteeverpakkers, heuningbosekstrakpro
dusente, kitsteeprodusente, en verwerkers van groen tee volgens die koel
metode.
Afriplex
Tel: 021 872 4976
[email protected]
www.afriplex.co.za
Opleiding en navorsing
Die LNR Infruitec-Nietvoorbij is by produksie, opleiding en produkontwikkeling betrokke.
Marlise Joubert
Tel: 021 809 3331/100
[email protected]
Grondvoorbereiding, bemesting, aspekte
van grond- en vrugteboordbestuur, asook
opleiding op plase
Dr. Cecilia Bester
Tel: 021 809 3450
[email protected]
Teling en evaluering
Dr. Elizabeth Joubert
Tel: 021 809 3444
[email protected]
Produkontwikkeling,
gehalte-standaarde,
samestelling en gesondheidseienskappe
Mediese Navorsingsentrum
Programme oor miotoksiene en
eksperimentele karsinogenese
Dr. Wentzel Gelderblom
Tel: 021 938 0286
[email protected]
www.mrc.ac.za
Universiteit Stellenbosch
Departement Biochemie
Dr. Ann Louw
Tel: 021 808 5873
[email protected]
www.sun.ac.za
Departement Voedselkunde
Sensoriese Laboratorium
Me. Nina Muller
Tel: 021 808 2939
[email protected]
Bronne: Marlise Joubert en dr. Elizabeth Joubert (LNR Infruitec-Nietvoorbij).
Dankie vir al die moeite met die inhoud van hierdie hoofstuk.
1. Oorsig
Die artikel “Economics of the traditional medicine trade in South Africa”, saamgestel
deur Futureworks!, bevat statistieke en handelsyfers oor hierdie sektor; sien “Publikasies
en webtuistes” vir volledige besonderhede.
In Suid-Afrika het die gebruik van en handel in medisinale plante ontwikkel
tot ’n belangrike bedryf vir uiteenlopende groepe, onder andere
omgewingsbewustes, ekonome, sosiaalwetenskaplikes, spesialiste in
landelike ontwikkeling en wetgewers. Die belangrikste rede hiervoor is dat
inheemse medisinale plante ’n groot rol spee l in die lewens van die meeste
Suid-Afrikaners: ongeveer 80% van ons bevolking gebruik medisinale
plante en sowat 25% van alle voorskrifmedisyne bevat die een of ander
bestanddeel wat uit plante verkry is. Baie insamelaars van en handelaars in
medisinale plante is van hierdie plante afhanklik vir hul bestaan.
Die waarde van die handel in tradisionele medisyne in Suid-Afrika word
op sowat R2,9 miljard per jaar geraam, wat gelykstaande is met 5,6% van
die nasionale gesondheidsbegroting. Met 27 miljoen verbruikers is dit ’n
lewenskragtige en omvattende bedryf. Minstens 133 000 mense is in die
bedryf werksaam en ’n groot persentasie van hulle is vroue in landelike
gebiede. Die handel in medisinale plante is ’n sleutel-inkubator vir handel en
nywerheid in landelike gebiede.
Die voorsiening van plantmateriaal en van tradisionele medisyne wat uit
plante vervaardig word, is tans egter nie volhoubaar nie.
Medisinale plante word nog in die natuur ingesamel. Gewilde spesies sterf
dikwels in bepaalde gebiede uit en word dan teen baie hoë pryse in die
mark verhandel. Heelwat van die huidige navorsings- en ontwikkelingswerk
fokus steeds op nuwe geneesmiddels, terwyl min aandag geskenk word aan
die verbetering van bestaande tegnologie vir die insameling, verwerking,
vervaardiging en berging van die plante en geneesmiddels. Die toekoms van
handel in tradisionele medisyne en die benutting van die voordele daarvan
is steeds onseker.
Daar bestaan ’n uiters dringende behoefte daaraan om nuwe tegnologieë
te ontwikkel vir die verbouing, verwerking, stabilisering en verpakking van
plante en medisyne, asook die reseptering en gebruik van die medisyne.
Daar is ook ’n behoefte daaraan om bestaande rolspelers te ondersteun om
die uitdagings en geleenthede in die bedryf die hoof te bied.
Bron: Nicci Diederichs. Kontak [email protected].
Die eerste African Herbal Pharmacopoeia is onlangs voltooi deur ’n span
wat medewerkers van oor die hele Afrika en Europa ingesluit het. Meer
inligting is te kry op www.aamps.org.
2. Internasionale sakeomgewing
Besoek www.aamps.net, die webtuiste van die African Medicinal Plants
Standards (AAMPS).
Die mens gebruik reeds sedert die vroegste tye plante vir basiese
voorkomende en genesende gesondheidsdoeleindes en daar word beraam
dat meer as 9 000 plantsoorte bekende medisinale toepassings in ’n
verskeidenheid kulture en lande het.
Die vraag na medisinale plantaardige grondstof groei teen tussen 15% en
25% per jaar, en die Wêreldgesondheidsorganisasie voorspel dat die vraag
na medisinale plante waarskynlik sal groei van ongeveer $14 miljard in 2004