456
akkerbou & tuinbou
Graan en oliesade
Raadpleeg ook die afsonderlike hoofstukke oor graan en oliesade, byvoorbeeld
mielies, sonneblomme ensovoorts.
1. Oorsig
Grane of graangewasse is grasse wat hoofsaaklik gekweek word vir die
eetbare komponente van hul vrugtesaad – die endokarp, kiem en semels.
Graangewasse word wêreldwyd in groter hoeveelhede gekweek en voorsien
meer voedselenergie as enige ander tipe gewas; hulle is dus stapelgewasse.
In sommige ontwikkelende nasies maak graan in die vorm van rys, koring
of mielies die grootste deel van die daaglikse lewensonderhoud uit. In
ontwikkelde nasies is die graanverbruik matiger en meer gevarieerd, maar
die verbruik is nog steeds aansienlik.
Een Engelse woord vir graan, cereal, is afgelei van Ceres, die naam van die
Romeinse godin van die oes en landbou.
Die drie vernaamste oliesade wat wêreldwyd geproduseer word, is
sojabone, kanola (raapsaad) en sonneblom. Deur hierdie oliesade te pers
word soja-olie, raapolie (kanola) en sonneblomolie geproduseer. Verdere
produkte is sojameel, raapmeel en sonneblomkoek. Oliemeel word tipies
gebruik as ’n bestanddeel van dierevoedsel, en die plantolie word gebruik
vir voedings- en nievoedingsdoeleindes, byvoorbeeld as ’n bestanddeel in
geprosesseerde voedsels, as kookolie en vir biobrandstof.
2. Internasionale sakeomgewing
Suid-Afrika is, in vergelyking met ander lande, ’n klein produsent en dus ’n
prysaanvaarder.
Suid-Afrika is, in vergelyking met ander lande, ’n klein produsent en dus ’n
prysaanvaarder. Plaaslike pryse vir graan- en oliesaad-oeste lê tussen invoeren uitvoerpariteit. Invoerpariteit is die prys wat ’n koper sal betaal om die
produk op ’n wêreldmark aan te skaf. Hierdie prys sal al die uitgawes insluit
wat aangegaan is om die produk by die koper se bestemming afgelewer te
kry. Uitvoerpariteit is die prys wat ’n plaaslike verkoper kan kry deur sy of
haar produk op die wêreldmark te verkoop, uitsluitend die uitvoerkoste.
Die prys wat die verkoper kry, is gebaseer op die voorwaarde dat hy of sy
die produk by die naaste uitvoerpunt (gewoonlik ’n hawe) sal aflewer op sy
of haar eie onkoste. Wêreldpryse vir graan en oliesade word gewoonlik in
Amerikaanse dollar gekwoteer.
Invoer- en uitvoerpariteitpryse word deur die Suid-Afrikaanse Graan
Inligtingsdiens (SAGIS) gepubliseer om produsente te help met hul
bemarkingsbeplanning.
Bron: Field Crop Marketing, een van die verskeie handleidings in die “Agriculture
Marketing Extention” van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se
webtuiste, www.daff.gov.za
• Die huidige wêreldproduksie-, mark- en handelsverslae is beskikbaar
by www.fas.usda.gov/currwmt.asp, die buitelandse-landboudiensafdeling van die VSA se landboudepartement.
• Besoek www.nass.usda.gov (National Agriculture Statistics Service
– NASS) vir inligting oor boerdery-beramings in die VSA.
• www.usda.gov/oce/commodity – die “World Agricultural Outlook
Board” (WAOB) dien as ’n fokuspunt vir ekonomiese inligting en die
vooruitsigte van landbou oor die wêreld.
• www.cmegroup.com – Chicago Board of Trade
• Wêreldprysinligting, produksie-, handel-, voorrade- en
verbruiksinligting vir koring, gort/gars, hawer, mielies (graan),
sorghum, sojabone, grondbone, sonneblomsaad en raapsaad is op
SAGIS se webtuiste – www.sagis.org.za – beskikbaar onder die
opsie “Historic prices”.
• Mielie-, koring- en sorghuminligting in Suidelike Afrika is op SAGIS se
webtuiste beskikbaar. Dit kan ook bekom word op www.sadc.int.
• Vir invoer-/uitvoergegewens besoek die SAGIS-webtuiste, www.
sagis.org.za, en kies die “Weekly Imports/Exports”-opsie. Hierdie
inligting word elke Dinsdag vir mielies en koring bygewerk. Vir
graan/oliesaad buiten koring en mielies – kies die “Monthly Bulletin”opsie.
• Graan en graanmeelprodukte kwalifiseer vir doeanevrye toegang tot
die VSA (onder die AGOA-Wet). Sien www.agoa.gov.
• China National Grain and Oils Information Centre – www.chinagrain.
gov.cn
• www.oilseed.org – Die VSA se Nasionale Instituut vir
Oliesaadprodukte. Daar is ook inligting oor oliesade op die “Oil
World” webwerf, www.oilworld.biz, beskikbaar teen ’n koste vir
die gebruiker.
• Besoek die webwerf van die Consultative Group on International
Agricultural Research, www.cgiar.org – sien “publications”. Daar
is ook ’n uitgebreide versameling titels wat handel oor mielie- en
koringtegnologieë en navorsing regoor die wêreld op die webwerf
van die International Center for the Improvement of Maize and
Wheat (CIMMYT) – www.cimmyt.org. Engelse en Spaanse titels is
beskikbaar.
• Ander internasionale webtuistes sluit dié in van die Internasionale
Graanraad – besoek www.igc.org.uk en www.hgca.com.
3. Die graanmark
Die graanmark is die plek waar koper en verkoper bymekaarkom om ooreen
te kom oor ’n markprys. Dit is nie ’n fisiese mark soos varsproduktemarke
waar alle produkte by ’n sentrale punt verkoop word nie. Vir graan is die mark
waar die boer in sy kantoor op die plaas sit en vanwaar hy sy graanhandelaar
skakel om uit te vind watter prys hy vir sy mielies in byvoorbeeld Gelukspan
gaan kry. Die graanmark kan dus op enige plek wees.
Om te kan funksioneer, het die graanmark die volgende deelnemers nodig:
1. Plaaslike groothandelaars
Dit kan iemand soos Pico Voere op Zeerust (in Suid-Afrika se NoordwesProvinsie) wees, wat slegs graan in die onmiddellike omgewing verkoop.
Aangesien Pico graan vir sy eie rekening koop en verkoop, tree hy as
prinsipaal op. ’n Spekulant (sien punt 6 hieronder) is die teenoorgestelde
van ’n prinsipaal.
2. Internasionale graanhandelaars
Hulle koop groot hoeveelhede op ’n slag en verkoop skeepsvragte
op buitelandse markte. Hulle is goed voorsien met kapitaal. Cargill is ’n
voorbeeld van ’n internasionale graanhandelaar.