453
Universiteit Stellenbosch
Departement Hortologie
Tel: 021 808 4900
http://academic.sun.ac.za/
horticulture/
Departement Wingerd- en
Wynkunde
Tel: 021 808 4782
www.sun.ac.za/viti_oenol/
akkerbou & tuinbou
Gars
Maatskappye
Carel van Niekerk Engineering
Tel: 022 913 2435
www.piket.co.za
New Holland Agriculture
Tel: 082 461 3780
www.nhsa.co.za
ExperiCo
Tel: 021 887 1134
www.experico.co.za
“More than 10 500 vine growers
worldwide trust in New Holland
Braud.” Modelle is aangepas vir
wingerde van 0.95 m tot meer as
3 m wyd.
Felco Tools Africa Edms Bpk
Tel: 021 949 2286
www.felco.co.za
Frudata
Tel: 021 975 6241 / 072 222 6846
www.frudata.co.za
I & M Smith
Tel: 011 781 6150
www.iandmsmith.com
Kaap Agri
Tel: 022 482 8000
www.kaapagri.co.za
Southern Oil Ltd
Tel: 028 514 3441
www.soill.co.za
Kyk na die “Grapeseed oil”-opsie
op die webtuiste.
Vinpro
Tel: 021 807 3322
www.vinpro.co.za
Vititec
Tel: 021 807 3017
[email protected]
Skakel hul afdeling vir meganisasie www.vititec.com
vir
navrae
oor
wingerdlandboumasjinerie.
“Setting new global standards for
vine plant improvement” (stel
nuwe wêreldstandaarde vir die
verbetering van wynbou)
4. Publikasies en webtuistes
Kry die Fruits: Table Grape Market Value Chain Profile: 2010-2011 en die
Industrial Products: Wine Market Value Chain Profile 2010-2011 by www.
daff.gov.za (neem die “Publications” en “Agriculture marketing” opsies).
Die Abstract of Agricultural Statistics (onder “Publications” en “Statistical
Information) sluit in statistieke oor druiwe – produksie, verkope op markte,
uitvoer, aankope vir prosessering, en so meer.
Die webtuiste van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf, www.satgi.
co.za, bevat ’n rykdom aan inligting. Vind tegniese, produseerders- en
bedryfsinligting, ensovoorts op die keuselys.
’n Reeks volkleurpamflette van die LNR Infruitec-Nietvoorbij bespreek
hoe verskillende siektes en plae in die wingerd geïdentifiseer, beheer en
voorkom kan word. Skakel 021 809 3305 of skryf aan booksalescape@arc.
agric.za.
Vir meer inligting oor die opleiding van plaasarbeiders op wingerdplase, kry
die dvd’s vanaf Vinpro. Kontak 021 807 3322 of besoek www.vinpro.co.za.
Besoek www.wjkruger.co.za, die webtuiste van ‘n produsent van
tafeldruiwe.
1. Oorsig
• Gars is ’n wintergraangewas wat hoofsaaklik in die suidelike Wes-Kaap
in droëlandboutoestande verbou word. Twee-derdes van ons gars
word in die gebiede rondom Caledon, Riviersonderend, Bredasdorp,
Napier, Swellendam en Heidelberg geproduseer. Die res word onder
besproeiing in die Noord-Kaap (Vaalharts, Douglas, Barkley-Wes
en Rietrivier/Modderrivier) verbou. Gars word ook deur ’n aantal
kleinboere by Taung in die Noordwes-provinsie gekweek. Naas koring
is gars die belangrikste kleingraan in Suid-Afrika.
• Gars word hoofsaaklik vir die vervaardiging van mout (vir die brou
van bier), veevoer en pêrelgort gebruik. Die Suid-Afrikaanse gars
word hoofsaaklik vir moutdoeleindes verbou, maar ’n aansienlike deel
daarvan is nie geskik vir moutproduksie nie en word dan laer gegradeer
en vir veevoer gebruik.
• Gars verskil van die meeste ander landboukommoditeite in dié opsig
dat daar net een groot aankoper in Suid-Afrika vir gars is. Dié aankoper
is South African Breweries Maltings (Edms) Bpk (SABM), wat brouersgars
aan SA Breweries Bpk lewer. Garsprodusente het dus ’n gewaarborgde
mark vir 220 000 ton moutgehalte-gars per jaar, en sedert die 2011seisoen ’n formuleprys wat aan die Safex-graanprys gekoppel is vir
hulle totale oes.
• Statistiek (oor byvoorbeeld gewasramings, uitvoere/invoere,
ensovoorts) verskyn op die webtuiste van die nasionale Departement
van Landbou – klik op die kiesopsie “Publications” by www.daff.gov.
za – en op die webtuiste van die Suid-Afrikaanse Graan Inligtingsdiens
(SAGIS) – www.sagis.org.za.
• Die plaaslike verbruikersvraag na moutgars beloop ongeveer 288 000
ton per jaar.
• In Suid-Afrika begin die bemarkingseisoen vir gars op 1 Oktober en
loop dit ten einde op 30 September van die daaropvolgende jaar.
2. Aspekte van belang vir boere
Kyk na die tabelle in die produksieriglyne wat uitgegee word deur die LNRKGI (sien opskrif 7)
Die volgende aantekeninge is ’n samevatting van die KGI se publikasie Riglyne
vir die produksie van kleingrane in die somerreënvalgebied deur G.J. Kotzé.
Grondvoorbereiding
Dit is belangrik dat ’n fyn, gelyke saadbed voorberei moet word. Indien
die saadbed ongelyk is, sal die gewas oneweredig ontwikkel en uiteindelik
oneweredig ryp word, wat ook ’n uitwerking op die gehalte sal hê.
Die garskultivars Puma en Cocktail is tans die beste kultivars vir die
kommersiële produksie van moutgars onder besproeiing. Die saad word
met sowel ’n swamdoder as ’n insekdoder behandel, wat dit tydens berging
voor aanplanting teen insekte beskerm, en gedurende die eerste aantal
weke na aanplanting teen swamsiektes vrywaar.
Plantpraktyke
Dit is belangrik om gars nie dieper as 3cm te plant nie. Hoe dieper ’n
mens die saad plant, hoe meer energie word vir ontkieming verbruik, wat
uitloping aan bande lê.
Na gelang van die status van die saadbed moet 60 tot 100kg per hektaar
geplant word. Die gemiddelde aanbevole digtheid is 80kg per hektaar.
Bemesting
Daar moet aan die gewas se minimum suurvereiste voldoen word. Vir gars
is die grondsuurvereiste ’n pH van 5,5 (KCI medium). Kalk kan toegedien
word om ’n pH van 5,5 tot 6,0 te bewerkstellig. Indien die pH te hoog is,