449
groothandelaars en koöperatiewe. Bone kan aan verpakkers of verwerkers
verkoop word. Indien die bone geen handelsnaam het nie, kan hulle deur
spazawinkels en straatverkopers in die informele mark verkoop word.
Indien hulle handelsmerke het, bereik hulle die formele mark deur middel
van die kettingwinkels soos Pick ’n Pay, die Hyperama, Woolworths en
Shoprite/Checkers. Splitbone kan ook na nismarkte uitgevoer word in die
vorm van meel, wat in die brood- en pastabedryf gebruik word.
Droëbone speel ’n belangrike rol in die produksiestelsels van baie
kleinskaalse boere in Suid-Afrika. Die gewas word hoofsaaklik in kombinasie
met mielies in die Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, Noordwes,
KwaZulu-Natal en die O