Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 450

448 3. Plaaslike sakeomgewing akkerbou & tuinbou U kan gerus die DPO raadpleeg indien u meer inligting in verband met prysbewegings vir die huidige bemarkingseisoen, die koste na landing van ingevoerde droëbone, invoerhoeveelhede, die tariewe wat ten opsigte van ingevoerde droëbone betaalbaar is, en die huidige vraag en aanbod nodig sou kry. Droëbone 1. Oorsig Droëbone word hoofsaaklik in die volgende gebiede in Suid-Afrika geproduseer: Provinsie Suid-Afrika het ’n tekort van ton bone per jaar, en maak staat op invoere. Daar is dus ’n geleentheid vir produsente in die hele Suider-Afrika om produksie te verhoog. Bron: DPO; Field Crops: Dry Bean Market Value Chain Profile: 2010-2011 Van die produsent tot die verbruiker: die waardeketting Area Mpumulanga/Gauteng Middelburg, Nigel (met inbegrip van die gebied om Bloekomspruit/Grootvlei), Delmas (met inbegrip van die Sundra-, Eloff-, Waaikraal- en Kendalgebied), Ermelo (met inbegrip van die Chrissiesmeer-/Lothair-gebied). Vrystaat Bethlehem (insluitende die Aberfeldy-/ Afrikaskop-gebied), Fouriesburg, Ficksburg, Clocolan, Harrismith, Kroonstad, Henneman Noordwes Lichtenburg, Koster, Rysmierbult Limpopo Brits, Thabazimbi, Koedoeskop, Marble Hall, Tuinplaas, Vaalwater, Ohrigstad, Lydenburg, Burgersfort KwaZulu-Natal Kokstad, Vryheid, Bergville/Winterton, Greytown, Weenen, Mooiriver Noord-Kaap Kimberley, Douglas, Modderrivier Produsent Agribesighede Koöperasies Makelaars Aanlyn-handelaars Groothandelaars Invoerders Droëbone is die ideale wisselbougewas, en navorsing toon ook dat droëbone hoër opbrengste in ’n wisselbousisteem lewer. Verbeterde kultivars beteken ook hoër opbrengste, mits die korrekte grond gebruik word en die gewas korrek verbou word. Vanuit ’n ekonomiese oogpunt is dit lonend om soveel droëbone moontlik in geskikte grond in ’n wisselboustelsel met mielies aan te plant. Daar word aanbeveel dat daar een jaar uit ’n wisselbousiklus van drie tot vier jaar droëbone aangeplant moet word. In ’n wisselbousisteem met droëbone is daar bevind dat die langtermyn-opbrengs van mielies tot 1 ton/ha verhoog word. Op grond met ’n hoë opbrengs sou die voorstelling van ’n wisselbousisteem met droëbone en mielies die winsgewendheid van beide die droëboon- en die mielie-oeste drasties kon verhoog. 2. Internasionale sakeomgewing Die nasionale boonopbrengs word plaaslik volkome verbruik. Daar is gewoonlik ’n tekort, wat deur middel van invoere aangevul moet word. Daar word hoofsaaklik ingevoer uit China, maar ook uit die VSA en Kanada. Die koste na landing van ingevoerde bone, wat grotendeels deur die wisselkoers van die Rand teenoor die VS-dollar bepaal word, het ’n definitiewe invloed op die plaaslike prysstruktuur. Die pryse wat vir plaaslik geproduseerde bone verkry word, word ook beïnvloed deur die kwaliteit van die bone wat aangebied word (plaaslik geproduseerde bone teenoor die ingevoerde produk). Die versterking van die Rand teenoor die VS-dollar moedig ook hoër volumes invoere aan. Danksy ’n wêreldtekort aan bone kon Suid-Afrika ook bone na ’n aantal lande hoofsaaklik in Afrika en Europa uitvoer. Voorafverpakkers/ verwerkers sonder handelsmerk INFORMELE MARK Straatsmouse Spazawinkels Winkels in landelike gebiede Winkels in die townships Lesotho Swaziland Botswana Namibië Pensioendagsmouse Voorafverpakkers/ verwerkers met handelsmerk FORMELE MARK Pick ’n Pay Spar Hyperama Checkers/Shoprite/ OK Woolworths Makro Trade Centre Verwerkers Uitvoeragentskappe UITVOERMARK Formeel (bv. Europa) Afrika Voedselhulpskemas Nismarkte Droëbone is beskikbaar vir die verbruiker as verpak of verwerk. Rooi spikkelbone, groot wit nierbone en klein wit boontjies word ingemaak in ’n soutoplossing en kan ook in tamatiesous ingemaak word (sousboontjies) Die verskil tussen boontjies wat in tamatiesous ingemaak word en dié wat in ’n soutoplossing is, is dat laasgenoemde vir enige respep gebruik kan word insluitende nageregte, koek, ens. Boonprodusente kan kies of hulle direk aan kleinhandelaars wil verkoop of aan die eerste punt van verkope in die boonbemarkbemarkingsketting, soos