446
Werknemers van die Suid-Afrikaanse papiervervaardiger, Sappi gaan
voordeel trek uit die breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging
(BBBEE) transaksie tussen Sappi en die swart beleggingsmaatskappy,
Lereko Property Consortium waarvan Lereko Investments aan die hoof staan
asook ander begunstigdes soos die Malibongwe Women Development Trust
en die finansiële dienste maatskappy, AMB Capital het 12.5% ontvang
uit die transaksie. Die SAPPI stigtingstrust het 10% ontvang. Die
begunstigdes van die trust sluit die plaaslike gemeenskappe en aanplanter
organisasies, wat rondom SAPPI se meules en plantasies geleë is, in.
SAPPI is betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte soos die Project
Grow program wat die gemeenskapslede in landelike gebiede bystaan
met aspekte van die bosboubesigheid soos finansiële hulp en tegniese
bystand. Sappi bied verskeie finansiële bystandprogramme wat boere in
staat stel om nuwe bome te plant en te onderhou. Afgesien van finansiële
bystand ontvang boere ook vry saadjies wat geskik is vir die perseel
sowel as vry tegniese bystand.
Bron: aangepas uit die artikel “BBBEE deal benefits employees and communities”
op www.polity.org.za
6. Nasionale strategie en regeringskontakte
Departement Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV)
Direktoraat: Bosboubeleid en strategie
Tel: 012 336 7500
Kry die “forestry” kiesopsielys by www.daff.gov.za. Die “contacts”-opsie gee die
kontakbesonderhede vir die nasionale bosboubeamptes
DAFF het begin met die ontwikkeling van die Bosbou 2030-padkaart, wat
bedoel is om hierdie sektor behulpsaam te wees in die verwerkliking van
sy potensiële bydrae tot werk- en welvaartskepping, sowel as die behoud
van biologiese diversiteit. Dit weerspieël ook alle hedendaagse tendense in
bosbou wêreldwyd.
Die beleidsinstrumente wat betrekking het op die bosbousektor is:
• Die Nasionale Wet op Bosse (Wet no 84 van 1998) wat volhoubare
bestuur van woude en die beskerming van woude en bome asook
deelname van die gemeenskap reguleer.
• Die Nasionale Wet op Veldvure, Wet no 101 van 1989 betrokke by die
bekamping van veld- en bosvure.
• Die wet op die Wattelbasbedryf, Wet no 23 van 1960 wat voorsien vir
die beheer van die wattelbas
• Die bossektor transformasie manifes
Die plant van bome is ’n taamlik gereguleerde proses. ’n Waterlisensie en
omgewingsimpak-assessering (EIA) word vereis
Sekere bome word deur die wet beskerm, en enigiemand wat dit wil
afkap of verbruik, moet by hul plaaslike DAFF-kantoor om die nodige
lisensie aansoek doen. Ingevolge artikel 15 (1) van die Nasionale Wet op
Bosse mag niemand enige beskermde boom afkap, versteur, beskadig of
vernietig, of enige beskermde boom of enige bosproduk wat van sodanige
boom afkomstig is, sonder In lisensie besit, versamel, verwyder, vervoer,
uitvoer, koop, verkoop, skenk of op enige ander wyse verkry of daaroor
beskik nie. Besoek www.plantzafrica.com/miscell/protecttree.pdf.
7. Verenigings wat betrokke is
Bosbou Suid-Afrika (FSA)
Tel: 011 803 3403/4 – hoofkantoor
Tel: 033 346 0344 – Pietermaritzburg streekskantoor
www.forestry.co.za
Bosbou Suid-Afrika verteenwoordig die belange van 11 korporatiewe
bosbou-ondernemings, sowat 1 300 kommersiële en sowat 20 000
opkomende kleinskaalse timmerhout aanplanters in die land. In geheel besit
en beheer die lidmaatskap ver oor die 90% van die bedryf se plantasies. Dit
word dus beskou deur al die rolspelers, beide privaat en in die openbaar, as
’n verteenwoordigende liggaam van die Suid-Afrikaanse bosboubedryf.
Papiervervaardigingsvereniging van Suid-Afrika
Tel: 011 803 5063
www.pamsa.co.za
Suid-Afrikaanse saagmeulebedryf (SSA)
Voorheen die Suid-Afrikaanse saagmeulvereniging (SALMA)
Tel: 044 343 1720
[email protected]
Suid-Afrikaanse bosboukontrakteursvereniging (SAFCA)
Tel: 011 392 4870 of 011 392 4643
Steenkamp, Jaap (Dr.) (George-kampus)
[email protected] of [email protected]
www.safca.co.za
SAFCA is ’n vereniging van bosboukontrakteurs met die doelwit om bosbou
kontraktering te bevorder, kontrakteurs by te staan met tegniese inligting
en hulle te verteenwoordig op nasionale forums en liggame.
Suid- Afrikaanse houtbewaringsvereniging
Tel: 011 974 1061
www.sawpa.org.za
The Wood Foundation (TWF)
Tel: 011 974 1061
www.thewoodfoundation.co.za
TWF is ’n organisasie wat die hele bosbousektor waardeketting
verteenwoordig vanaf die aanplant van bome tot die bou van
timmerraamhuise. Die doelwitte van die stigting is om die voordele van
groeiende bome te bevorder en die gebruik van hout as voorkeurmiddel in
die konstruksie van huise en die vervaardiging van alle soort produkte.
Ander
• Dendrological Society and Foundation Tel: 012 567 4009 www.
dendro.co.za
• 0 Institute for Timber Construction South Africa Tel: 011 974 1061
www.itc-sa.org
• Institute of Timber Frame Builders Tel: 021 845 4435 www.itfb.
co.za
• South African Utility Pole Association Tel: 083 627 6897
• Technical Association of the Pulp and Paper Industry of South
Africa (TAPPSA) Tel: 031 764 2494 www.tappsa.co.za
8. Opleiding en navorsing
• Kry die “Research and development”-opsie by die “Forestry” blaaie by
www.daff.gov.za.
• “Skills Development” en aantekeninge oor navorsing (onder “industry
info”) kan gevind word by www.saforestry.co