445
3. ’n Sterk Suid-Afrikaanse rand skakel om na ’n afname die volume en
waarde van uitgevoerde timmerhout-en minder geld vir sektor.
Vrae rondom landhervorming lei tot onsekerheid en die afname in
4.
beleggings deur timmerhoutaanplanters.
Kry die BBBEE Forestry Charter onder die “industry info” kieslysopsie by www.
forestry.co.za.
Daar word beraam dat ’n opwaartse 50–60% van bestaande beboste
gebied van kommersiële bosbouplantasies onderworpe is aan landeise.
Gegewe die belangrikheid van die bedryf in terme van sy bydrae
tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en die opheffing van die landelike
gemeenskappe, is dit essensieel dat hierdie voordele nie ondermyn word
nie deur onvolhoubare landhervormingsinisiatiewe. Verskeie modelle
wat ’n wen-wen situasie bewerkstellig vir beide landeienaars en nuwe
begunstigdes is gespekuleer.
’n Yslike verskuiwing van private landeienaarskap tot nuwe begunstigdes
word beoog. Alle nuwe bebossing sal gemeenskapgebaseer wees en die
pad vorentoe vir bosbou-ondernemings om hul benodighede te beveilig
sal deur vennootskappe met begunstiger geskied.
Bronne: Farmer’s Weekly 27 Mei 2011 bl. 78; SA Yearbook 2010/11 beskikbaar
op www.gcis.gov.za
Geleenthede in bosbou en bosbouprodukte sluit die volgende in:
• Skrynwerk in die boubedryf: Swart eienaars van saagmeule kan
diversifiseer deur deure, rame, vloere en planke, hoofsaaklik in
dennehout, te begin maak. Daar bestaan In uitvoerpotensiaal.
• Houtskool: Klein wattelplantasies kan gebruik word om houtskool
van hoë gehalte te produseer. Dit kan aan die hand van die Werk-virWater-program ontwikkel word.
• Gemeenskapsbosbou: Klein plantasies kan na gemeenskapstrusts
oorgedra word om Gemeenskapsprogramme vir Private-Openbare
Vennootskappe (CPPP’s) met saagmeule en ander houtverwerkings
maatskappye te vorm.
• Die verbetering van houtgehalte: Die opleiding van die eienaars
van saagmeule in houtverwerking, veral die verwerking van
dennehout.
• Die uitbreiding van die bosbou-area: Die Oos-Kaap is die enigste
provinsie wat sy bosbou-area kan vergroot. Ongeveer 120 000 ha
kan beplant word, meesal in die voormalige Transkei.
• Inheemse plantasies: Klein plantasies van inheemse hardehout
(geelhout, swarthout) kan in beperkte mate geoes word.
• Nuwe hardehoutplantasies: Daar is ’n behoefte aan meer
bloekomhout (saligna) en wattel.
• Papier-en-pulpmeul
• Behandelde pale
• Houtspaanderaanleg: Indien hout per spoor uit Mthatha vervoer
sou kon word, sou In houtspaanderaanleg vir uitvoerdoeleindes in
Oos-Londen opgerig kan word.
Bron: www.ecdc.co.za (aangepas)
4. Bosbousertifisering
Gaan na die Forest Stewardship Council (FSC)-webwerf www.fsc.org. Om meer van
bosbousertifisering te wete te kom, kontak SGS Suid-Afrika by 021 506 3280 of die SA
Buro vir Standaarde (SABS) by 012 428 7911.
Die sertifisering van plantasies en bosbouprodukte het in die vorige dekade
ontwikkel as In omgewingsinisiatief om die verwoesting van die wêreld se
natuurlike bosse en woude te stuit.
Sertifisering behels In onafhanklike, volgehoue evaluering of oudit van In
organisasie se bosbestuurpraktyke, om vas te stel of hy aan In reeks nasionaal
en internasionaal erkende sosiale, ekonomiese en omgewingstandaarde
voldoen.
Suid-Afrika verleen voorkeur aan die sertifikasie van die Forest Stewardship
Council (FSC). Hierdie sertifikate bepaal die standaarde wat wêreldwyd geld
en skryf streng, prestasiegebaseerde maatstawwe voor, en word toenemend
deur sowel omgewingsbewustes as verbruikers geëis. Suid-Afrika beskik
verreweg die grootste persentasie gesertifiseerde woude ter wêreld.
Bron: www.forestry.co.za
5. Nuus oor opkomende boere
Dit is bewys dat gemeenskappe wat die inisiatief geneem het om potensiële
landverwante ekonomiese byvoordele te ontgin het die vrugte daarvan
gepluk. Bosbou is vinnig besig om een van menigte geleenthede vir
AGROsake te word waarin landelikgebaseerde gemeenskappe hul begewe.
Volgens Lizeka Zwane, hoof van die Woud en bosbou sake-eenheid by die
Industrial Development Corporation (IDC), het die sektor die potensiaal om ’n
bykomende 50 000 werksgeleenthede te skep as dit behoorlik aangewend
word.
Themba Radebe, gebaseer in Mabandla, landelike KwaZulu-Natal, is een van
die begunstigdes van die verskeie befondsingsinisiatiewe in die IDC portfolio
wat daarop gemik is om die onkeerbare potensiaal van die bosboubedryf te
ontgin. Afgesien van sy 20 jaar-ondervinding in bosbouwerk, aanvanklik by
Sappi en later by die Mondi papiergroep het Radebe in vennootskap met
die gemeenskapslede in Mabandla 1 300 hektaar landgoed gekoop. Vandag
is Mabandla landgoed ’n tuiste vir die meeste fyngom en timmerhout
spesies in Suid-Afrika en bykomend kyk die staat daarna om nog 100
hektaar by te voeg van die mees gesogte Eucalyptus spesie. Mabandla
landgoed oes huidiglik omtrent 150 ton timmerhout per dag en het
omtrent 70 permanente werknemers op sy boeke van
stapelaars tot
kettingsaagoperateurs. Die aantal werknemers neem dikwels toe tot oor
100 veral gedurende die spits oestyd. Hoewel Radebe nie Mabandla se
omset sal bespreek nie, is dit ’n betekenisvolle prestasie vir ’n onderneming
met so ’n nederige geskiedenis. Die begunstigde ketting in die sektor is
massief. Die multibiljoen pulp- en papiersektor en meubelbedryf is net ’n
paar sleutelaanwysers na die winsgewende aard van hierdie bedryf.
Ten einde sy bestuursvaardighede verder te slyp, het Radebe ’n vennootskap
aangegaan met Peter Nixon en saam het hulle Rural Forest Management
(RFM) gestig – ’n onderneming wat opleiding en ondersteuning bied aan
bemarking- , administratiewe en finansiële- en bestuursbystand verleen aan
bosbouprojekte in suidelike KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Deur middel
van die RFM, is die Mabandla projek nou gekoppel aan drie goedgevestigde
bosbouprojekte in die Umzimkulu distrik en vele meer projekte is in die
pyplyn. Tot sy krediet is Mabandla gesertifiseer deur die internasionale
Forestry Stewardship Council wat beteken dat dit volhoubaar bestuur word
en voldoen aan die streng omgewingskodes en praktyk.
Zwane is aanvullend tot Radebe en die Mabandla gemeenskapsprestasie en
die IDC is toegewyd om die hulpbrongaping te oorbrug vir entrepreneurs
wat daarna streef om te waag met die bosbousektor.
Bron: uittreksels uit IDC persvrystelling, 15 November 2011