Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 446

444 akkerbou & tuinbou Bosbou 1. Oorsig Die “Industry Information”-opsie op www.forestry.co.za bied ’n oorvloed inligting. Kyk ook na die jongste “SA Forestry Industry Abstracts” op daardie webwerf. Omtrent die helfte van die meer as 1 700 inheemse boom- en struikspesies wat in Suid-Afrika gevind word groei langs die Suid- en Ooskus en op die suidelike en Suidoostelike hange van die binnelandse berge. Die ander helfte is versprei oor die binnelandse plato. Inheemse woude is onontbeerlik vir die land se erfenis, skoonheid, wildlewe en omgewing terwyl die kommersiële woude werk en ekonomiese geleenthede voorsien vir baie mense veral in die landelike gebiede. Plantasies dek omtrent 1,3 miljoen ha van Suid-Afrika. Meer as 80% hiervan word gevind in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Plantasies kan geklassifiseer word in twee hoofkategorieë: hardehout en sagtehout. Eucalyptus (meestal Eucalyptus grandis en sy bastervorms) en Akasia (Acaia mearnsii) is die vernaamste hardehoutspesies wat in Suid-Afrika aangeplant word. Die denneboom (waarvan Pinus patula die mees bekende spesie is) is die basis van al Suid-Afrika se sagtehoutplantasies. As ’n land wat arm is aan bome (waar inheemse woude beskerm word) moes Suid-Afrika amper geheel en al staatmaak op die ontwikkeling van eksotiese woudplantasies om te voldoen aan die aanvraag vir hout. Korporatiewe ondernemings is verantwoordelik vir omtrent 70% van timmerhoutproduksie. Omtrent 23% is in die hande van boere – kommersieel- en opkomende boere- en 7% is in die hande van die staat. Die bosboubedryf is een van die strategiese ekonomiese sektore in SuidAfrika met ’n betekenisvolle bydrae tot ekonomiese groei en werkskepping. Die bosbousektor (bosbou en woudprodukte) dra ongeveer 1% by tot die BBP wat R30 biljoen ’n jaar genereer en omtrent 170 000 mense in diens neem. Bosbou is daar geplaas om bykomende, volhoudbare werk te skep. Ten einde aan te plant in die beplande nuwe gebiede wat weerspieël word in die bedryfsbeleid-aksieplanne en die BBBEE bosboumanifes sal tot 20 000 werksgeleenthede skep in die Oos-Kaap slegs deur timmerhout aan te plant. Baie geleenthede laer af in prosessering en vervaardiging maak die potensiële bydrae tot werkskepping in die land enorm. Bosbou en houtgebaseerde produkte word gekategoriseer volgens die versoeningstelsel (HS) ’n internasionale metode vir die klassifisering van produkte vir handelsdoeleindes. Die kategorieë is soos volg: plantasiebosbou, houtspaander, saagmeulbedryf, houtskool, timmerhoutplanke, myntimmerhout en papier (koerantpapier) handwerkvullers, pale en behandelde pale. Bronne: Farmer’s Weekly 29 April 2011 bladsy 8 en 9; 6 Mei, 2011 bl25; 27 Mei 2011 bladsy 78. SA Yearbook 2010/11 beskikbaar op www.gcis.gov.za; Forestry and Wood Products Market Value Chain Profile 2010-2011 op www.daff.gov.za 2. Internasionale sakeomgewing Kry die “International News” afdeling by www.forestry.co.za. Woude bied ’n wye reeks artikels en dienste wat aan essensiële en alledaagse benodighede voldoen. Hulle dien as habitat vir drie derdes van landdiere en plantspesies, voorkom gronderosie en die afvloei van water, behou die chemiese balans van grond, lug en water; herwin voedingstowwe; breek besoedelde stowwe af; maak die lug en water skoon; is noodsaaklik vir beskerming teen waterskeiding en grondformasie en speel ’n groot rol in die regulering van die klimaat. Die vernaamste bedreigings vir die wêreld se woude is omskakeling na landbou, onwettige afkap van bome, groei in populasie, armoede en verstedeliking. Die ontbossing en uitdunning van natuurlike woude hou ’n bedreiging in vir biodiversiteit en is dus gewigtige wêreld en individuele aangeleenthede. Die vernaamste globale aangeleenthede wat verband hou met die bestuur van woude is ontbossing deur die onwettige afkap van bome. Die afkap van bome in beskermde gebiede of HCV gebiede en voorsiening van timmerhout van kontroversiële bronne. Die uitdaging van volhoubare ontwikkeling lê in die balansering van die groeiende vraag na grondstowwe wat deur woude geproduseer word wat omgeskakel word in goedere en dienste met verhoogte ekologiese landskap en sosiale waardes en die bou van belanghebbendes se vertoue in die volhoubare bosprodukdedryf. Bron: www.mondigroup.com Die Centre for International Forestry Research (CIFOR) se publikasies sluit titels in oor bosbestuur, bosnavorsing, bosdegradasie en talle ander nuttige werktuie vir wetenskaplikes en diegene wat oor die toekoms van die wêreld se woude besorg is. Besoek www.cifor.cgiar.org/publications www.communityforestryinternational.org – Community Forestry International www.fao.org/forestry/wfc/en – webtuiste van die Wêreld bosboukongres. Die volgende kongres sal in 2015 plaasvind en sal in Durban gehou word (geluk, Suid- Afrika!) www.un.org/esa/forests/index.html – die United Nations Forum on Forests (UNFF), is die plaasvervanger van die Intergovernmental Panel on Forests (IPF) www.foresters.org – Global Association of Online Foresters. 3. Plaaslike sakeomgewing U sal die jongste inligting aantref by www.forestry.co.za. Uitdagings 1. Die land se bebosde gebied het afgeneem oor die laaste jare as gevolg van kwessies soos plae, skade, siekte en vuur 2. Die omgewingsimpak-assessering word vereis voor ’n waterlisensie aan u toegeken word en die wetlike omgewing is nie eenvoudig nie. ’n Paar nuwe waterlisensies is uitgereik vir nuwe bebossing en baie p &