Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 439

437 akkerbou & tuinbou Die regering het geen inspraak in die plaaslike of buitelandse bemarking van vrugte nie. Vrugte-uitvoere moet egter aan seker gehaltevereistes voldoen, en alvorens uitgevoer mag word, moet ’n PPECB-uitvoersertifikaat verkry word. Bessies Aangesien bessies se hanteringsvereistes wissel, is dit onmoontlik om een stel hanteringsvereistes vir alle bessies voor te skryf. Ons volstaan deur te sê dat bessies uiters delikate vrugte is wat met groot sorg hanteer moet word. 1. Oorsig Bessieboerdery is arbeidsintensief. Aangesien bessies as varsprodukte verkoop word, speel die na-oesinsameling van die veld tot die kliënt ’n uiters belangrike rol. Die uitdagings wat ons die hoof moet bied, sluit die hoë koste van verskeping en mededinging uit Suid-Amerika in. Dit is belangrik om bessies onmiddellik te verkoel nadat dit geoes is. Die koelhouketting moet streng toegepas word, want selfs klein temperatuurwisselings veroorsaak vogkondensie op die vrugte en verkort hulle leeftyd. Aarbeie kan nie vir langer as vyf dae geberg word nie omdat hulle sal verlep, hul helder kleur sal veloor en vermorsing sal toeneem. Om hierdie rede kan aarbeie slegs deur middel van lugvervoer uit Suid-Afrika verskeep word. Feitlik al Suid-Afrika se bessie-uitvoere is bestem vir Brittanje en Europa. Daar is twee redes waarom Suid-Afrika in ’n uitstekende posisie is om die markte in die noordelike halfrond te ontgin: • ons het ’n reeks klimaatsomstandighede wat geskik is vir die verbouing van bessies; • ons het die strategiese voordeel dat ons bessies buite die bessieseisoen kan lewer. Ververde inligting oor bessie-uitvoere word vervat in die PPECB se nuutste Export Directory. Die Departement van Landbou se Abstract of Agricultural Statistics bevat ook ’n kategorie getiteld strawberries and other berries met statistiek van produksie, bruto waarde, en aankope en verkope by varsproduktemarkte. Klik op “Publications” in die kieslys op die webtuiste www.daff.gov.za. Bessies word as vrugte benut, en word ook as produkte vir sap, fynkonfyt, joghurt, stukkonfyt en likeur gebruik. 3. Nasionale strategie en regeringskontakte Bronne: Trevor McKenzie en www.southafrica.info Departement van Landbou, Suid-Afrikaanse Buro vir Bosbou en Visserye (DLBV) Standaarde (SABS) www.daff.gov.za Tel: 012 428 7911 www.sabs.co.za Direktoraat: Plantgesondheid Tel: 012 319 6072 • Programme vir Sertifisering van [email protected] Voedselveiligheid: GLOBAL G.A.P BRC, HACCP ISO ., , Direktoraat: Voedselveiligheid en 22000 Gehaltebeheer • Toetsing van onkruiddoderTel: 012 319 7306 residu vir kwaliteitsbeheer, navorsing en ontwikkeling Perishable Products Export • Komponent- of Control Board (PPECB) nutriëntontleding van Tel: 021 930 1134 voedsel en water www.ppecb.com 2. Plaaslike sakeomgewing Die Suid-Afrikaaanse bloubessiebedryf is in sy kinderskoene en moet nog heelwat ontwikkel. Bloubessies is nie inheems aan Suid-Afrika nie en is nie baie bekend hier nie. Die mark vir bloubessies is nog baie klein, maar die vraag neem jaarliks toe. Die grootste deel van die bloubessieoes word vars na markte in Europa en Brittanje uitgevoer. Die pryse op die oorsese markte het gestabiliseer, maar as gevolg van seisoensverskille is daar nog steeds geleenthede vir ons om vars bloubessies tydens die noordelike halfrond winter te bemark. Die vraag na vrugte uit Suid-Amerika hou ’n ernstige bedreiging vir toekomstige markstabiliteit in. Frambose • As gevolg van seisoensverskille in die noordelike en suidelike halfrond, kan boere voordeel put uit die hoër pryse waarvoor hulle vrugte verkoop word. Aangesien frambose gemanipuleer kan word, kan hulle 12 maande van die jaar in matige klimaatstreke, bv. in Spanje geproduseer word. • Die rand-dollar-wisselkoers kan tot voordeel wees ten opsigte van uitvoerverdienste. Die koste van lugvervoer word wel in dollar bereken, dus neem die onkoste om die produk na die mark te neem toe as die waarde van die rand afneem, wat wel die uitwerking van die swakker rand kanselleer. • Frambose word met groot sukses in verskillende grondsoorte verbou, van sanderige leem tot klei, mits die ondergrond goed dreineer. • Frambose is baie arbeidsintensief en moe B