Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 438

436 3. Belanghebbendes akkerbou & tuinbou Bamboes 1. Oorsig As iemand u sou vra om ’n honderd dinge op te noem wat u met bamboes kan doen, sal die eerste ding waaraan u dink dalk wees het om bamboespale aanmekaar vas te bind om ’n heining, ’n brug, ’n hut of ’n soort vestiging te maak. Die gebruik van bamboes sluit inderdaad konstruksie in (die koste van bamboeswonings steek baie gunstig af by die gebruik van konvensionele boustowwe). U sou kon dink dat dit die behoefte om bome as ’n bron van hout te gebruik kan vervang (is dit nie wonderlik nie!). Alle soorte meubelware, asook vensterblindings, heinings en vloerplanke kan daarmee gemaak word. Dit kan u ook byval dat dit gebruik kan word om houtskool, snyplanke en verskeie kunshandewerke te vervaardig. Maar sou u dink aan weefstowwe? Bamboes-handdoeke en -sokkies? Bamboes-seep? Bamboes- toiletpapier? Bamboes het nie ’n honderd gebruike nie: Studies wat deur die IDC en ander belanghebbendes gedoen is, wys dat daar meer as ’n duisend is! Daar skuil duidelik baie meer agter bamboesprodukte en bamboesverwerking as dit waaraan die leser dadelik aan sal kan dink. Bamboes het nie net baie gebruike nie. Dit is ook ’n nie-indringende plant wat kan help by die ontwikkeling van landbou en kan bydra om mense uit armoede te help bevry deur die skepping van werk in plaaslike gebiede. Volgens die World Bamboo Association, is die bamboesbedryf se waarde jaarliks sowat sewe miljard Amerikaanse dollar en is dit een van die mees opwindende opkomende kropgewasse in Afrika. 2. Voordele van bamboes • beveg gronderosie • herbebos gebiede wat ontneem is van plantegroei deur ’n behoefte aan kookbrandstof • onttrek swaarmetale en ander besoedelstowwe uit besoedelde water • reageer op klimaatsverandering deur koolstofafsondering • verskaf koelte en voorsien kropgewasse van windskerms • kan as ’n lewende heining gekweek word om diere in of uit te hou • voorsien kos vir mense in die vorm van spruite en voer vir diere in die vorm van blare • help om water op te vang sodat dit deursypel in plaas daarvan dat dit wegvloei • kan geplant word as ’n versperring teen geraas en wind • help dat groener, meer esteties innemende vestigings gebou kan word met ’n beter lewensomgewing • verskaf ’n habitat vir die natuurlewe en ’n verbeterde biodiversiteit • dra by tot ekonomiese ontwikkeling en werkskepping op ’n plaaslike vlak • verhoog omgewingsbewustheid deur plaaslike gemeenskappe en deur nasionale publisiteit • skep geleenthede vir gemeenskappe om toe te tree tot die nuwe groen ekonomie en op hierdie manier landelike welstand tot gevolg te hê, pleks van die gewone armoede-verligtingsprogramme. Bron: www.trees.co.za. Kry die bostaande lys en baie ander aantekeninge deur die “Bamboo for Afrika”-program te kies. Kontak een van die belanghebbendes vir meer inligting oor die beplande National Bamboo Association of South Africa. Dit sal geaffilieer wees aan die International Network of Bamboo and Rattan (Inbar) – sien www.inbar.int. Bamboo Industries Tel: 011 782 3951 / 082 301 0513 www.bambooindustries.co.za Plastrip Tel: 021 851 5455 www.plastrip.com Bright Fields Natural Trading Company Tel: 021 448 8548 www.brightfields.co.za Renewable Energy Solutions Tel: 021 981 5629 / 083 226 0967 www.res-bio.com Bamboes is ideaal vir die Kyk na die “Bamboo farming”- w e r k s k e p p i n g s p r o g r a m m e opsie op die webtuiste. van Suid-Afrika se industriële beleidsaksieplanne (IPAPs) en sal ’n Eastern Cape Development fokusgebied wees in die toekoms, Corporation (ECDC) volgens Willem Malherbe van Phakamisa George, Ken Bern Renewable Energy Solutions. Tel: 043 704 5600 www.ecdc.co.za SA Bamboo Tel: 021 409 7834 Food & Trees for Africa – Bamboo http://sabamboo.com for Africa Tel: 011 656 9802/3 SA Bamboo is deur die ECDC www.trees.co.za opdrag gegee om twee van drie bamboes-loodsprojekte in die Vind besonderhede oor Bamboo Oos-Kaap te bestuur. for Africa, wat internasionaal erken word deur die Verified Southern African Bamboo Carbon Standard as ’n bevestigde Corporation u i t l a t i n g v e r m i