Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 435

433 akkerbou & tuinbou Ander veselgewasse 1. Oorsig • Die veselplante wat hoofsaaklik in hierdie hoofstuk behandel word, is vlas, hennep, kenaf en sisal. Ander veselplante sluit manillahennep, klapperhaar (’n ekstrak van die buitenste dop van kokosneute), jute en ramie in. • Veselplante kom in uiteenlopende plantfamilies van peulplante tot houtagtige spesies en grassoorte voor. • Veselplante groei in die meeste ekosisteme in Suid-Afrika. Dit word in die subtropiese laagliggende kusgebiede, die warm bosveld en die dorre halfwoestyngebiede gevind, terwyl unieke spesies vir die moeraslande en swak gedreineerde gebiede aangepas is. • Daar moet ’n hegte werks- en finansiële verhouding tussen die nuwe boer, die veselindustrie en die landbouwetenskaplike ontwikkel word om die potensiaal van inheemse plante vir veselproduksie te ontwikkel. Sjinese boere het hennep so vroeg as 2800 vC verbou om materiaal te maak; dit is een van die oudste opgetekende gebruike van veselplante vir materiaalproduksie. Tot onlangs, was die produksie van klere, materiaal, matte, toue, papier en skepe se seile slegs op natuurlike vesels gebaseer. Met die ontwikkeling van sintetiese vesels wat van petroleum afkomstig is, het die gebruik van natuurlike vesels begin afneem. Daar word jaarliks 30 miljoen ton natuurlike vesels geproduseer. Natuurlike vesels is van groot ekonomiese belang vir baie ontwikkelende lande, insluitende katoen in dele van Wes-Afrika, jute in Bangladesj en sisal in Tanzanië. Produsente en verwerkers van natuurlike vesels in die ontwikkelende wêreld staan voor die uitdaging van ontwikkeling en onderhouding van die mark waarin hulle effektief met die sintetiese kan meeding. Voedselsoorte Bier, brood, burgers, kaas, skyfies, sjokoladestafies, koffie, koekies, dieethennepsaadkosse, uitgedopte hennepsaad. droë mengsels – koek-, koekies-, pannekoek- en pizza-deeg, energiestafies, meel, humus, roomys, suiglekkers, neutstafies, neutebotter, olie, pasta, pastille, patô, pretzels, geroosterde sade, slaaisouse, sodadrankies, gekruide hennepsade, tee, geroosterde uitgedopte hennepsaad, wyn, omhulsels Huishoudelike toebehore Voorskote, komberse, gordyne, bankoortreksels, meubels, hangmatte, pothouers, kussings, plekmatjies, servette, tafeldoeke, handdoeke Papier Kunspapier, tikpapier, boekmerke, boeke, sigaretpapier, geriffelde karton. koeverte, uitnodigings, tydskrifte, joernale, poskaarte, plakkate, skryfbehoeftes, skryfblokke, nuusbriewe Onverwerkte hennep Basvesel: growwe vlas/hennep (tougare) lang vesel (lyn of katoenrepe) vir industriële gebruik en handwerk, saadvoorraad en saaigraan Sporttoerusting Frisbies, skaatsplanke, sneeuplanke, branderplanke Tekstielware Handgeweefde en masjiengeweefde materiaal – gebleikte systowwe tot seil, verskillende gewigte en teksture, kleure, patrone, strepe en plooie; gebreide stowwe, afrondingsdienste; niegeweefde matwerk (vervang veselglas) tapyte, matte Ander Poppe, kerse, koffiefilters, dromme, portretrame, teddiebere en speelgoed 3. Vlas Vlas, Linum usitatissimum L., is een van die oudste veselgewasse. Die vesels word gebruik vir die vervaardiging van linne en lynolie word uit die saad vervaardig. Groei en ontwikkeling Europese wetgewing moedig die gebruik van natuurlike vesel in nywerheidstoepassings aan met belastingtoegewings. Daar is ’n toenemende omgewingsbewustheid in die sakebedryf wat deur die aanvaarding van ISO 14000 (omgewingsbestuurstandaarde) aangehelp word. Veselvlas is sterk en duursaam en die kweek daarvan lewer geen noemenswaardige probleme op nie. Onder gunstige toestande kan die opbrengs ses tot sewe ton per hektaar wees. Morfologiese verskille tussen vlasvariëteite is heel opvallend afhangende daarvan of die variëteite vir saad of vesel gekweek word. Veselvlas is ’n eenjarige plant wat vinnig groei en ’n hoogte van 1,2 m bereik afhangende van die variëteit, plantdigtheid, grondvrugbaarheid en beskikbare klammigheid. Veselvariëteite word naby mekaar geplaas om langer stingels en minimale vertakking aan te help. Die lewensiklus van die vlasplant bestaan uit ’n vegetatiewe periode van 60 tot 80 dae, gevolg deur ’n bloeiperiode van 25 tot 40 dae en dan ’n rypwordingsperiode van 40 tot 60 dae. Waterstres, hoë temperature en siektes kan enige van hierdie groeiperiodes verkort. Veselvlas groei die beste in ’n koel en klammerige klimaat. In warm en droë klimaatstoestande, is besproeiing nodig. Dit groei in effense suur tot neutrale grond en selfs grond wat effens alkalies is, maar dit aard nie in grond wat onlangs kalk ontvang het nie. Die volgende produkte word in die VSA van hennep vervaardig: Oes en weking Oliepryse en bekommernisse oor die omgewingskoste van sintetieseveselproduksie het ’n hernude belang in plant- (en dier-) vesel geskep. Bronne: www.new-ag.info/09/03/focuson.php en www.arc.agric.za 2. Internasionale sakeomgewing Bykomstighede Rugsakke, sakke, boontjiesakke, lyfbande, portefeuljetasse, pette, tjekboekomslae, handskoene, kitaarbande, haarbykomstighede, hoede (gebrei, gehekel, materiaal), heupsakke, juweliersware, tasse, beursies, nekdoeke, sjaals, skoenveters, skoene, sokkies, dasse, reispakkette, portefeuljes, horlosiebande Diereversorging Beddens, beddegoed, voer, leibande, nekbande en lekkernye Klere Babaklere, kamerjaponne, rokke, baadjies, jeans, onderklere, oorpakke, langbroeke, hemde, kortbroeke, rompe, pakke, truie-, T-hemde Skoonheidsmiddels Aromaterapeutiese middels, haaropknappers, lipsalf, lyfrome, masseerolie, reukwater, salf, sjampoe, seep Gespinde hennep Koord, tou, gare, touweefsel, borduurgare Die hoofdoel van die kweek van tekstiekvlas is die produksie van vesel wat uitgekam word nadat die vlasstingels voorberei (geweek) is. Wanneer die plant geel verkleur, word die veselvlas met die hand geoes of met ’n masjien uitgetrek. Die saad word verwyder en die stingels word gebondel om op die landerye droog te word. Voordat veselvlas benut kan word, moet die vesel van die res van die stingel geskei word, deur middel van ’n proses wat as weking bekendstaan. Nadat weking plaasgevind het, word die strooi van die vesel af weggeskraap deur die stingels deur vlashekels te trek wat die strooi uit die vesel kam – die proses staan as uitkamming bekend. Vlasvesel word op toerusting gespin wat soortgelyk is aan dié wat vir katoen gebruik word. Vlas produseer ’n sterk gare wat vir stikwerk en die vervaardiging van nette, tou en handdoeke, sowel as die weef van linne gebruik word. Bron: www.arc.agric.za en M Jacobsz by die LNR-Instituut vir Industriële Gewasse Vind die Production Guidelines: Flax-dokument onder the “Publications” en “Brochures”-opsies by www.daff.gov.za.