434
4. Hennep
Daar blyk ’n nimmereindigende lys van voordele van die hennep-plant te wees
met produkte wat strek van klerasie en tekstielware tot kosmetiekware en
isoleerborde (kyk opskrif 2). Die waargenome verhouding van die plant met
dagga veroorsaak egter probleme. Beide kom van die plantfamilie Cannabis
sativa L., maar van verskillende variëteite.
Die kommersiële verbouing van hennep in Suid-Afrika word deur die
volgende wetgewing verbied:
• Wet op Dwelms en Dwelmsmokkelary (140 van 1992) wat hennep as
dagga beskryf
• Wet op Medisyne en. Verwante Stowwe (101 van 1965)
• Wet op Omgewingsbewaring (73 van 1989)
Ten spyte hiervan, bly hennepprodukte verbasend hoog in aanvraag en
moontlik as gevolg hiervan verander ons land nie enige tariewe vir hennepinvoere nie.
Die Suid-Afrikaanse regering en die private sektor is betrokke in ’n proses
om die wetgewing oor hennep uit te sorteer om ’n omgewing te skep waarin
hierdie produk gekommersialiseer kan word. Die produk word tans in SuidAfrika verbou hoofsaaklik vir eksperimentele of navorsingsdoeleindes.
Hennep se diep wortels belug die grond. Na die oes voed die wortels en
afvalblare die grond. Hennep se vroeë groei en dik blaredak versmoor
die onkruid en verbreek siektesiklusse wat die opbrengste van ander
oeste verminder. Dit kan ook gekweek word met min of geen plaag- of
onkruiddoders.
• Kenaf is ’n liggewig, koste-effektiewe natuurlike vesel wat volhoubaar,
ekonomiesvatbaar en omgewingsvriendelik is.
• As gevolg van kenaf se lae instandhouding en droogtebestande aard,
en as gevolg van die kort groeisiklus van drie tot vier maande, is kenaf
geskik as ’n interimgewas.
• Kenaf is ’n uitstekende wisselgewas vir mielies, grondboontjies,
ensovoorts. Dit verryk die grond waarin dit groei.
• Die veelsydigheid van kenaf is ongeëwenaar. Die reeks produkte met
toegevoegde waarde waarvoor kenaf gebruik kan word, is massief. Dit
is produkte vir die toekoms.
• Baie van die eindprodukte waarvoor kenaf gebruik word, kan
gehersirkuleer word of dit is bio-afbreekbaar. Dit voldoen dus
aan die Europese wetgewing ten opsigte van voertuig-”einde-vanlewensduur”.
• Kenaf het die hoogste koolstofdioksied- (CO²) absorpsiekapasiteit (een
ton kenaf absorbeer 1,5 ton atmosferiese CO²). Dit help dus met die
voorkoming van aardverwarming.
Vind aantekeninge by www.kenaf.co.za.
6. Sisal
Die hoofproduksiegebiede was in die Limpopoprovinsie en KwaZulu-Natal
met ’n jaarlikse veselopbrengs van tot soveel as 5 000 ton. Die meerderheid
van die vesel was plaaslik verwerk maar enige surplus was suksesvol na baie
oorsese lande uitgevoer. Hierdie lande het dit verwelkom as gevolg van die
hoë kwaliteit van die Suid-Afrikaanse vesel.
Dit werk goed as ’n wisselgewas, grondrehabiliteerder, voorkomer
van gronderosie, kontantgenerator en organiese gewasversterker. Die
hennepgewas is arbeidsintensief, met ’n lae inset, hoë opbrengs en dit is
’n goeie bybehorende gewas vir pynappels en sigorei.
In die afgelope tyd het die produksie van vesel in Suid-Afrika amper opgehou
as gevolg van aanvanklike arbeidsprobleme. Tans word alle vesel wat in
Suid-Afrika gebruik word, teen die enorme koste van meer as R20 miljoen
ingevoer. Dit verteenwoordig ’n ernstige dreinering van ons buitelandse
reserwes.
Die kommersiële produksie van hierdie gewas is arbeidsintensief en
besit groot potensiaal om werksgeleenthede in plattelandse gebiede te
skep. Die ontwikkeling van tradisionele landbougebaseerde gewasse,
soos hennep, sal help om die plattelandse oplewing van kleinskaalse
plattelandse industrieë te bevorder. Grondstowwe, soos papier, tekstiele,
komposhope, industriële olies, lêplek vir diere, veselborde, ensovoorts
sal aan die onderskeie sektore voorsien word.
Afgesien van uitstekende werksgeleenthede wat die oes verskaf,
• groei dit dwarsdeur die jaar
• kan dit dwarsdeur die jaar geoes word
• is daar ’n onbeperkte plaaslike mark (vir die vesel)
• het dit geen aantrekkingskrag vir diewe nie
• haal dit ’n goeie finale prys
Bronne: Dr. Yoseph Beyene, LNR- Instituut vir Industriële Gewasse; WNNR; Diverse
International Holdings
Die vesel word gebruik in die vervaardiging van koord en tou, buffelleer en
matte. Daar is ook verskeie ander kleiner gebruike soos die vervaardiging
van pylborde, matraskussings en handwerk.
Soek Industrial Products: Hemp Market Value Chain Profile: 2010-2011
by www.daff.gov.za (kies die “Publications” en “Agriculture Marketing”opsies). Die paragrawe bo is uittreksels uit die verslag.
5. Kenaf
Kenaf is ’n lid van die hibiskusfamilie (Hibiscus cannabinus L), en is verwant
aan okra en katoen. Hierdie bron van natuurlike vesel het sy oorsprong
in antieke Afrika en Asië waar dit 4 000 jaar gelede geplant is om as tou
gebruik te word. Alhoewel kenaf sy oorsprong in Afrika het, is die moderne
kultivars nuut aan Suid-Afrika. Dit word al dekades lank in die Verenigde
State en dele van Asië verbou.
Dit word tans wêreldwyd toenemend as ’n volhoubare, omgewingsvriendelike alternatief vir petroleumafhanklike sintetiese grondstowwe gesien.
Die hol stam van die sisalplant is gewild vir voëlnesdoeleindes en die
aantreklike sisalpale word in wildparke vir die maak van kraalpaalheinings
en skuilplekke gebruik.
Enige verdere inligting oor die sisalbedryf kan gekry word by: Clive
Henderson van die Nasionale Sisalbemarkingskomitee. Bel hom by 033 345
2508 of 082 458 4335, of skryf aan [email protected] of Posbus
1096 Pietermaritzburg 3200.