432
akkerbou & tuinbou
Ander gewasse
Hierdie hoofstuk behandel gewasse wat nie elders in hierdie publikasie genoem
word nie.
• Vir inligting oor ander graansoorte en oliesade raadpleeg Biodiversity
Explorer – www.biodiversityexplorer.org/encounter/food/grains.htm
vir ’n meer omvattende ontleding van grane as dit wat ons hier gee.
Die rolspelers wat in die hoofstuk, “Graan en oliesade – algemeen”,
gelys word, kan ook gekontak word.
• Die verskillende soorte babalagras sluit algemene babalagras,
jakkalsstert-, African finger- en Bulrush-babalagras in. Pêrelbabalagras
(Pennisetum glaucum) is verantwoordelik vir 55% van die wêreld
se babalagrasproduksie en is ook die wêreld se sesde belangrikste
graangewas. Dit word in meer as 40 lande verbou, maar hoofsaaklik
in Afrika en Asië. In Suid-Afrika staan dit ook as mahangu bekend. Dit
is die hoofgraangewas in Noord-Namibië, die Okavangu-gebied van
Botswana en die suidelike dele van Angola. Van al die belangrikste
graangewasse is babalagras die graansoort wat uitermatige hitte en
droogte die beste kan hanteer. Vanweë aardverwarming kan babalagras
selfs ’n groter rol in die toekoms speel.
Bron: “Breeding of millet cultivars and varieties” uit die ARC-GCI-bladsye by www.arc.
agric.za; LNR-NIPB Nuusbrief, Januarie – Maart 2009, bl. 8
• Hawer word op allerlei maniere in kos gebruik, waarvan die
algemeenste is as hawermout of hawermeel. Hawermout word
hoofsaaklik as ontbytpap geëet, maar word ook in ’n verskeidenheid
gebakte produkte, soos hawermeelkoeke, -kleinkoekies en -brood,
gebruik. Hawer is dikwels ’n bestanddeel in ontbytgraankos wat
koud geëet word – veral muesli en granola. Hawer kan ook rou
geëet word en koekies met rou hawermeel se gewildheid is aan die
toeneem. Hoewel hawer vir menslike gebruik geskik is, word dit veral
in veevoer gebruik. Kry die Field crops: Oats Market Value Chain Profile
2010-2011 op www.daff.gov.za (klik op die “Publications”-opsie en
dan op “Agriculture marketing”). ’n Uitgebreide lys van rolspelers is
beskikbaar by www.sagis.org.za. (Kies die opsie “List of Co-workers”
en dan “Oats/Hawer”.)
• Die enigste gebied in Suid-Afrika waar hop gekweek word, is naby
George in die Wes-Kaap. Meer as die helfte van die hop wat deur die
land se bierbrouers gebruik word, kom hiervandaan. Vind meer inligting
deur die “Hops farming”-opsie te kies by www.overthemountain.
co.za, die webtuiste van die Over The Mountain-gasteplaas. Lees oor
Suid-Afrika se mikrobrouerye by http://microbreweries.co.za.
• Korog is ’n kruising tussen koring (Triticum) en rog (Secale) en
afhangende van die kultivar, kan dit soos enigeen van sy ouers lyk. Dit
word hoofsaaklik vir veevoer verbou hoewel sekere voedselsoorte
met tritikale as basis by gesondheidswinkels gekoop kan word. Dit
word ook in sekere ontbytgrane gebruik.
Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Triticale (aangepas)
• Monola is ’n nuwe soort spesialiteitskanola, wat teen die einde van
2010 bekend gestel is. Dit produseer sade met ’n hoë vastheid olie en
word op dieselfde manier as kanola gekweek.
• Lees oor peulgewasse by www.sare.org (kies die opsie “Learning
Centre”).
• Rog (Secale cereale) is ’n grassoort wat op groot skaal as ’n graanen ’n voergewas aangeplant word. Dit behoort aan die graanfamilie
(Triticeae) en is nou verwant aan gars en koring. Rog word in meel,
rogbrood, rogbier, sekere whisky-soorte en sekere vodkas, asook
dierevoer, gebruik. Dit kan ook in sy onverwerkte vorm geëet word,
hetsy as gekookte rogkorrels of as gerolde rog, wat soortgelyk is aan
hawermout. Rog is ’n ontbytgraan, wat nie met raaigras verwar moet
word nie, en as grasperke, weivelde en hooi vir vee gebruik word.
Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Rye
• Rys verskil van ander belangrike oesgewasse soos koring, mielies en
sojabone vanweë sy hoë geografiese konsentrasie in produksie en
verbruik (ongeveer 90% in Asië), wat dit inderwaarheid ’n Asiatiese
gewas maak. In die verlede is ’n baie klein deel van die algehele
rysopbrengs (ongeveer 5% tot 7%) verhandel – in vergelyking met
20% koring, 13% mielies en 30% sojabone. Wat selfs belangriker
is, is dat vier van die grootste uitvoerders, wat ’n 70% aandeel in
die algehele ryshandel het, uit Asië afkomstig is waar huishoudelike
voedselsekuriteit voorrang bo handel geniet.
Die moontlikheid om die produksie van rys in ander lande as Asië
te verhoog, is veral groot in Suid-Amerika en Afrika. Suid-Amerika
is tans, wat rys aanbetref, so te sê selfonderhoudend en het genoeg
grondgebied om hul rysproduksie uit te brei as die onderliggende
ekonomie dit regverdig. Afrika het waarskynlik meer potensiaal as
Suid-Amerika vanweë sy onderbenutte grond en waterbronne. ’n
Stabiele, politiese omgewing in Afrika, asook die nodige investering om
die infrastruktuur te verbeter en die mark te ontwikkel, is noodsaaklik
om sy produksie van rys ’n hupstoot te gee. Dit kom dus daarop
neer dat die lewering van rys verhoog moet word ter verhoging van
toekomstige voedselsekuriteit. Nuwe internasionale verskaffers van
rys kan ’n belangrike rol speel om nuwe bronne van rys aan invoerders
beskikbaar te stel.
Vind ’n oorsig van Suid-Afrika se produksie, verbruik en handel van rys in die
Maart 2012 uitgawe van die TradeProbe, wat op die webtuiste van die Nasionale
Landboubemarkingsraad, www.namc.co.za beskikbaar is.
Bron: Aangepas uit die artikel “Global rice trade: what does it mean for future food
security?”, Rice Today, April-June 2009; Mbendi newsletter, 31 July 2009
Besoek www.lupins.org, ’n inligtinghulpbronne-poort met breedvoerige
aantekeninge oor die wolfsboontjie-gewas.
Party rolspelers
• African Centre for Crop Improvement Tel: 033 260 5524 www.
acci.org.za
• Kyk na die stap-vir-stap-video oor hoe om rys te verbou, asook na
die verskeidenheid aantekeninge, artikels en nuus oor die onderwerp
by www.AfricaRice.org, webtuiste van die Africa Rice Center
(AfricaRice).
• Agricol Tel: 021 981 1126 www.agricol.co.za
• LNR-Instituut vir Graangewasse Tel: 018 299 6100 www.arc.agric.
za
• Kontak Emil von Maltitz – [email protected] / 012 808 8000 – of
Phanuel Malebane – [email protected] / 012 356 9800 - by die
LNR-Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming.
• Capstone Seeds Tel: 033 330 4474 www.capstoneseeds.com
• Citrusdal Rollermeule Tel: 022 921 2434
• Forestry and Agricultural Biotechnology Institute (FABI) Tel:
012 420 3938 / 9 www.fabinet.up.ac.za
• GWK Bpk Tel: 053 298 8200 www.gwk.co.za
• Die International Rice Research Institute (IRRI) is die grootste
niewinsgewinde landbounavorsingsentrum in Asië – hul hoofkantoor is
in die Filippyne en hulle het kantore in 14 lande. Besoek www.irri.org.
• Kaap Agri Tel: 022 482 8000 www.kaapagri.co.za
• MGK Operating Company Tel: 012 381 2800 www.mgk.co.za
• Moorreesburgse Koringboere Tel: 022 433 8300 www.mkb.co.za
• Pannar Seed Tel: 033 413 9500 www.pannar.com
• SAB Hops Farm Tel: 044 802 8400 www.sablimited.co.za
• Universiteit Stellenbosch Departement of Genetika Tel: 021 808
5839 / 4860 www0.sun.ac.za/genetics
• Tiger Brands Tel: 011 840 4000 www.tigeroats.co.za
• VKB Ltd Tel: 058 863 8111 www.vkb.co.za