Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 432

430 3. Transformasie Kry die opskrif “Transformation” by www.potatoes.co.za. Transformasie is ook een van Aartappels Suid Afrika se kernondernemings (lees die notas onder opskrif 4). 4. Maatskappye wat betrokke is Aartappels Suid-Afrika (ASA) Tel: 012 349 1906 Faks: 012 349 2647 www.potatoes.co.za ASA is die aartappelbedryf se verteenwoordigende organisasie, en speel ’n toonaangewende rol in volhoubare aartappelproduksie in Suid-Afrika. ASA sou as die “enjin” van die bedryf beskryf kon word, en deur sy vyf kernondernemings betrek die organisasie die volle spektrum aktiwiteite en rolspelers in die aartappelbedryf by sy komitees en forums. Sy kernondernemings is die volgende: • ’n Bedryfsinligtingsdiens. Hierdie onderneming is verantwoordelik vir die insameling en verspreiding van produksie- en markverwante inligting aan alle rolspelers in die aartappelaanbodketting. Die klem val daarop om bruikbare inligting tydig te verstrek, ten einde gebruikers in staat te stel om ingeligte besluite oor die produksie en bemarking van aartappels te neem. Daar word van die dienste van die Universiteit van Pretoria en van die Vrystaat gebruik gemaak om inligtingsverwante programme te ontwikkel. • Markontwikkeling en produkpromosie. Hierdie werksaamhede behels die ontwikkeling van plaaslike en buitelandse markte deur middel van geïntegreerde promosieveldtogte in samewerking met bedryfsvennote in die aartappelbemarkingsketting. Ander aspekte waarna omgesien word is graderingsregulasies, verpakking en sosiale verantwoordelikhede. ASA gee die Universiteit van Pretoria gereeld opdrag om in markverwante veldtogte behulpsaam te wees. • Navorsing, ontwikkeling en tegnologie-oordrag. Dit behels die fasilitering en bestuur van navorsingsprogramme tot voordeel van rolspelers in die bedryf soos aartappelprodusente, -verbruikers en -verwerkers. ASA gee opdragte aan vennote soos die Landbounavorsingsraad (LNR), die Universiteit van Pretoria en Stellenbosch, die provinsiale departemente van landbou, ensovoorts. Hy is ook verantwoordelik vir die bestuur van die streeksaartappelwerksgroepe wat aartappelproewe op plase uitvoer, en stel vas wat die navorsingsbehoeftes van aartappelprodusente op grondvlak is. • Transformasie. Die transformasieprogramme word voortdurend uitgebrei en fokus op die areas ondenemingsontwikkeling, billikheidsvennote, SEB-voldoening, vaardighede-ontwikkeling en sosioekonomiese ontwikkeling. Die oorkoepelende doel van transformasie is om volhoubare ekonomiese ontwikkeling en verandering vir aartappelprodusente te bewerkstellig. • Streeksdienste. Die vyf streekskantore is strategies geplaas om dienste aan aartappelprodusente in die 16 produksiestreke te lewer. Hulle lewer ook ’n ondersteuningsdiens aan die ander kernondernemings ten opsigte van die identifisering van navorsingsbehoeftes, die vestiging van kommunikasienetwerke, die organisering van inligtingsessies en die voorsiening van streeksopbrengsramings. Omvattende inligting oor hierdie kernondernemings is by die ASA se webtuiste beskikbaar. Potato Certification Service (PCS) Tel: 012 349 1910 Faks: 012 349 1909 Die PCS is verantwoordelik vir die sertifisering van aartappelmoere. Daar word dus vasgestel of die plantgesondheidstatus ten opsigte van siektes en plae binne voorafbepaalde norme vir die betrokke tipes val. Die sertifiseringskema, wat aan die bepalings van die Plantverbeteringswet 53 van 1976 voldoen, bepaal dat elke geslag aartappelmoere aan die gehaltestandaarde moet voldoen. Om die volhoubaarheid van moerproduksie in Suid-Afrika te verseker, word die kriteria van die skema op siektevrye materiaal (met nultoleransie) gebaseer. Product Control for Agriculture (Prokon) Tel: 012 325 4579 Faks: 012 325 2461 http://prokonsa.co.za Prokon is deur die Departement van Landbou Bosbou en Visserye (DLBV) gemagtig om die amptelike vereistes ten opsigte van die gradering, merk en verpakking van aartappels toe te pas. ASA het P ɽ