Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 431

429 2. Plaaslike sakeomgewing akkerbou & tuinbou Kry die “Industry info” kieslysopsie by www.potatoes.co.za Aartappels Danksy die land se unieke klimaatstoestande word aartappels die hele jaar lank deur ongeveer 690 produsente in 16 produksiestreke verbou, wat ’n deurlopende aanbod van vars aartappels verseker. Aartappels word op ongeveer 50 000 hektaar aangeplant, wat gemiddeld 2 miljoen ton oplewer. Die aartappel (solanum tuberosum) word wêreldwyd as ’n belangrike voedselsoort beskou en word beskou as ’n sleutelwapen in die globale stryd teen honger en wanvoeding en in die bewerkstelliging van voedselsekerheid. Aartappels is propvol vitamine B3, B5, B6, C en vesel. Naas rys, koring en mielies word aartappels as die wêreld se vierde grootste voedseloes georden. Die groeiseisoen vir aartappels in Suid-Afrika wissel van 90 tot 120 dae, na gelang van die kultivar. Die beste kultivars wat produksie betref, is Mondial 43%, BP1 12% en Up to Date 9% Tien kultivars word hoofsaaklik vir kommersiële aartappelproduksie gebruik, wat 90% van alle aanplantings verteenwoordig. 1. Oorsig Aartappels word nie alleenlik deur mense as ’n groentesoort geëet nie, maar kan ook as voer vir lewende hawe gebruik word. In Suid-Afrika word aartappels ook deur die verwerkingsektor