Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 428

426 Water en voedingstowwe Al die voedingstowwe wat die plante benodig word in die water opgelos en daagliks aan die plante voorsien. Makro-elemente (N; P; K; S; Ca) word in aansienlike hoeveelhede gebruik, terwyl plante net baie klein hoeveelhede mikro-elemente (Fe; Zn; Mn; Mg; Cu; Co, Mg) benodig. Dis belangrik om spesiaal geformuleerde misstowwe te gebruik. Misstowwe wat vir waterkweking gebruik word is suiwerder (en duurder) as ander misstowwe ten einde presipitasie en die verstopping van die stelsel te voorkom. Die versorging van plante • Verskillende gewasse word verskillend gespasieerd geplant: klein plante kan naby mekaar geplant word; groot plante het meer ruimte nodig om te groei en moet verder uitmekaar gespasieer word. • Die watervloei moet elke dag gemonitor en aangepas word, indien nodig. • As plante geel raak, is dit gewoonlik ’n simptoom van gebrek aan voeding, te min lig of ’n siekte. • Inspekteer die blare elke dag vir simptome van siekte en insekte. Doen die nodige stappe sodra daar ’n probleem ontstaan. Verskillende waterkwekingstelsels Die oesproses Twee verskillende waterkwekingstelsels word vir die produksie van groente gebruik: die gruisvloeistelsel en die dreineer-tot-afval-stelsel. Groente is bederfbaar. Die raklewe en kwaliteit daarvan is afhanklik van die volgende reeks handelinge: • pluk op die regte tyd, sonder om die plant te beskadig • pluk vroeg in die oggend of wanneer dit koel is • hou geplukte groente uit die son uit • hanteer versigtig • berg by die regte temperatuur (na gelang van die gewas) • gebruik die regte verpakkingsmateriaal (wat afhang van die gewas en die mark) • vervoer versigtig By die dreineer-tot-afval-stelsel groei plante in houers en voedseloplossing word tot 12 keer per dag deur middel van ’n drupper aan die plante voorsien. Die aantal benattingsiklusse per dag hang af van die temperatuur en die groeistadium van die plante. Die gewasse in die dreineer-tot-afvalstelsel groei hoog en moet “geleer” en gesnoei word sodat hulle opwaarts as een stingel/stam groei. By die gruisvloeistelsel word die voedingsoplossing hersirkuleer en die plantwortels staan heeltyd in ’n dun laag van die voedingsoplossing. Gruis of sand word meestal as groeimedium gebruik. Watter gewasse kan in ’n waterkwekingstelsel verbou word? Enige gewas kan verbou word, maar sommige sal nie kostedoeltreffend wees nie (bv. Koolkoppe). In Suid-Afrika is dit tans gewild om tamaties, komkommers en soetrissies in ’n sakkultuurmetode met ’n oop dreineertot-afval-stelsel, en blaarslaai en kruie in gruisvloeistelsels, te verbou. Watter gewas moet ek verbou? Niemand kan vir u besluit watter gewas u moet verbou nie. Elke situasie, elke gewas en elke mark het sy eie voor- en nadele en vereistes. Belangrike oorwegings is die mark en die klimaat. Die tipe eenheid (bv. ’n tuineenheid of ’n kommersiële eenheid) is ook ’n faktor wat help bepaal watter gewasse verbou kan word. Watter variëteit moet ek kies? Daar is baie groentevariëteite beskikbaar. Sommige is spesifiek vir kommersiële waterkwekingproduksie in kweekhuise ontwikkel. Plaaslike saadmaatskappye kan aanbevelings doen oor variëteite wat algemeen aangepas en maklik verboubaar is. Vir huishoudelike eenhede word gewone tuinvariëteite aanbeveel. Saailinge • Saailinge kan van kwekerye aangekoop word of ’n mens kan hulle self produseer. • Wanneer saailinge aangekoop word, moet daar gesoek word na jong plantjies: die wortels moenie aan die kante van die groeibak vassit nie, en hulle moet wit wees en nie bruin nie. • Grond- en wateroordraagbare siektes kan deur saailinge oorgedra word. • Verplant slegs die sterkste saailinge. • Moenie saailinge gebruik wat te oud en potgebonde is nie. Om saailinge self te produseer, moet die aanwysings op die saadpakkies gevog word. Die koop van saad • Saad is in klein of groot verpakkings beskikbaar. • Klein pakkies is by kwekerye, koöperasies en handelswinkels beskikbaar en is geskik vir tuin- en kleinskaalse waterkwekingseenhede. • Groot verpakkings, wat vir kommersiële produksie geskik is, is by groot saadhandelaars beskikbaar. Bron: Johannes Maree (Kontak hom by [email protected]) ’n Voortgaande proses Agnes Moreriwa is ’n waterkweker op ’n kleinhoewe van 2,2 ha te Pretoria en verskaf groente aan staatshospitale in Pretoria en aan die Tshwane-varsproduktemark. Haar wenke aan nuwelingboere is soos volg: • ’n Passievolle belangstelling is die hoofvereiste vir boerdery – daarsonder gaan u gewis faal. • U het basiese bemarkings- en navorsingsvaardighede nodig. • Dit is belangrik om produkte vir ’n spesifieke mark te kweek en om die mense aan wie u dit gaan verkoop, te ken. • U moet basiese finansiële en rekordhoudingsvaardighede toepas indien u ’n profyt wil maak. • Om oor boerdery te leer is ’n voortgaande proses – bly op die hoogte met nuwe tendense. • Wat vir ander boere werk, kan dalk nie vir u werk nie. Hou by wat vir u werk. Kontak Agnes Moreriwa op 072 262 1445. Bron: Farmer’s Weekly, 2 Julie 2010, bladsy 57. 5. Plaaslike sakeomgewing Blomme of groente, veral dié wat vir die uitvoermark bestem is, kan nie sonder bedekking verbou word nie. Deur hierdie produkte in ’n klimaatbeheerde kweekhuis te verbou, kan die produsent ook groente buite seisoen voorsien en goeie pryse behaal. In Suid- g&