Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 427

425 2. Geslote en oop stelsels Daar is vandag baie verskillende waterkwekings- of grondlose verbouingstelsels in gebruik. By suiwer waterkweking word geen medium gebruik nie. Dit staan tipies bekend as vloeistofwaterkweking, in teenstelling met aggregate waterkweking waarin ’n grondlose medium gebruik word. Hierdie mediums kan organiese materiale (saagsels, houtskeersels, houtstukkies, ens.) of anorganiese materiale (gruis, perliet, rotswol, vermikuliet, ens.) wees. Beide vloeistof- en aggregate waterkweking kan in ’n oop of geslote produksie-opset aangewend word. In ’n geslote stelsel word die oormaat (afloop-) voedingsoplossing herwin en weer gebruik, terwyl sodanige afloop in ’n oop stelsel weggevoer en nie weer in die stelsel gebruik word nie. Dis belangrik om te noem dat die bergingstenk van ’n geslote stelsel normaalweg een keer per week uitgespoel word en ’n heel nuwe mengsel voedselryke water aangemaak word. Voor- en nadele van oop en geslote stelsels Oop stelsel Geslote stelsel 1. Aanvanklike kapitaaluitleg is minder. 1. Aanvanklike kapitaaluitleg is meer; want meer pype, pompe en ’n groter bergingstenk word benodig. 2. Dit gebruik meer water. 2. Dit gebruik minder water. 3. Dit gebruik meer bemesting. 3. Dit gebruik minder bemesting. 4. Daar is geringer kans vir besmetting van voedselryke oplossing. 4. Daar is ’n groter kans op besmetting van voedselryke oplossing. 5. Kleiner uitgawe en kapitalisasie is nodig om voedselryke oplossing te steriliseer. 5. Groter uitgawe en kapitalisasie is nodig om herwonne voedselryke oplossing steriel te hou. 6. Dit het ’n groter negatiewe uitwerking op die omgewing. 6. Daar is minder negatiewe uitwerking op die omgewing. In Suid-Afrika word daar meestal van die volgende twee soorte waterkwekingstelsels gebruik gemaak: (1) die mees algemene stelsel is die oopsakverbouingstelsel waarin tamaties, komkommers en soetrissies (gewoonlik in tonnels) geproduseer word en (2) die mees algemene stelsel is ’n geslote gruisvloeitegniekstelsel (gravel-flow-technique system [GFT]), waarin groente soos blaarslaai en seldery gewoonlik onder ’n skadunet geproduseer word. Bron: Johannes Maree (Kontak hom by [email protected]) 3. Siektes en plae Die stelsels moet noukeurig bestuur word. Faktore soos onvoldoende kweekhuisbestuur, swak fasiliteite, swak plantmateriaal, onopgeleide werkers, ensovoorts kan tot die uitbreek van siektes lei. Die volgende drie toestande moet optimaal teenwoordig wees voordat ’n siekteveroorsakende organisme of patogeen ’n plant kan infekteer en ’n siekte veroorsaak: • Die patogeen/insek moet teenwoordig wees in die stadium waar dit infeksie veroorsaak. • Die plant moet vatbaar wees vir infeksie. • Die omgewing moet bevorderlik wees vir infeksie. Bogenoemde staan bekend as die siektedriehoek. Dis belangrik dat die produsent weet watter plae of siektes waarskynlik probleme sal oplewer. Stappe kan dan gedoen word om die moontlikheid te beperk dat die plaag of siekte die kweekhuis binnedring en vastrapplek op die plante kry. Voorkoming is makliker as genesing! Skakel ’n deskundige – soos by die Roodeplaat Diagnostiese Sentrum (tel: 012 841 9611) of die Universiteit Stellenbosch se Plantpatologiesiektekliniek (tel: 021 808 4798) – as u onseker is oor die identifisering van die siekte of plaag. Slegs geregistreerde plaagdoders word aanbeveel. Dit kan by kwekerye en sekere kleinhandelaars gekoop word. Die plaagdoder sal net doeltreffend wees as die plaag korrek geïdentifiseer is en die plaagdoder korrek aangewend is (reg gemeng, die regte spuittegniek, die regte tyd van die dag, ens.). Belangrik • Bestudeer die etiket sorgvuldig en dien die plaagdoder toe slegs soos voorgeskryf. • Skenk aandag aan die veilige gebruik van chemikalieë en die beskerming van die persoon wat dit toedien. • Maak seker dat plaagdoders nie op geoeste produkte voorkom nie. • Alle plaagdoders is giftig. Bron: Johannes Maree (Kontak hom by [email protected]) 4. Inligting vir die nuwe toetreder Wat het ek nodig om ’n waterkwekingproduksie-eenheid te begin? Tuineenhede • ’n bron van skoon water • die regte plek • spesiaal geformuleerde misstof • tyd om daagliks na die stelsel om te sien • ’n bietjie kennis van plante en tuinbou • ’n kommersiële of tuisgemaakte eenheid Kommersieel • Water is die belangrikste oorweging: kwaliteit, kwantiteit en betroubaarheid. • ’n Mark. Weet wat, waar en wanneer om u oes te bemark. • Waterkweking is arbeidsintensief. Tydens die spitsseisoen moet arbeid sewe dae per week beskikbaar wees. • Bestuursvaardighede: produksie, arbeid, bemarking, infrastruktuur. • Kundigheid oor die produksie van gewasse, bemesting en besproeiing, plaag- en siektebestuur. • Plek: infrastruktuur, arbeid, mark, ensovoorts. • Finansiering: die bedrag benodig hang af van die grootte en tipe kweekhuis, arbeidskoste en die mark. • Toewyding. Ken die basiese aspekte Om groente jaar na jaar suksesvol te kan produseer, moet ’n mens vertroud wees met die basiese aspekte van waterkweking (nl. die plant, groeimedium, water en voedingstowwe). Deur slegs op “resepte” staat te maak, sal ’n mens nie die oorsaak van ’n probleem kan identifiseer nie en miskien nie in staat wees om dit reg te stel nie. Hoe funksioneer plante? Plante het slegs drie soorte organe: blare, wortels en stingels. Weet hoe die organe lyk en hoe hulle funksioneer sodat u na hul behoeftes