421
oortyd te betaal vir werk op Sondae nie. Boere wat nie die bepalings van
die Wet gehoorsaam nie, ontvang kennisgewings en 21 dae later keer
inspekteurs terug om nakoming te kontroleer. In die algemeen bevind die
Departement van Arbeid dat boere “uiters inskiklik” is ten opsigte van
inspeksies.
Klik op die “Arbeid en Maatskaplik” opsie onder “Komitees” by www.agrisa.
co.za vir ’n arbeidskontrak en ander toepaslike arbeidsdokumente.
Ooreenkomstig ’n internasionale neiging het gesondheid- en
veiligheidskwessies in die Suid-Afrikaanse landbousektor al hoe
belangriker geword. Die gesondheid en veiligheid van werkers is ook
belangrik met betrekking tot die nakoming van arbeidswetgewing en die
voorkoming van beserings aan diens.
Maatreëls om die gesondheid en veiligheid by werkplekke te bevorder,
sluit die maatreël in dat werkers Persoonlike beskermingstoerusting
(PBT) moet dra, byvoorbeeld:
• Harde hoede wat deur alle persone gedra moet word wat 10 meter
of minder van ’n gebied is waar opligtings- of hystoerusting gebruik
word, of waar kopbeserings ’n moontlikheid is.
• Beskermende handskoene moet gedra word deur alle persone wat
betrokke is by die hantering van swaar of skerphoekige materiaal;
sweiswerk of glassnybedrywighede, asook die hantering van
korroderende chemikalieë.
• Veiligheidskoene moet gedra word deur almal wat die aktiewe
werksarea betree.
• Veiligheidsbrille moet gedra word wanneer werkers toerusting
gebruik in stowwerige toestande, wanneer hulle sny-, sweis- of
slypwerk doen of gevaarlike chemikalieë hanteer.
Doeltreffende gebruik van aanwysings dra ook by tot die nakoming van
gesondheids- en veiligheidstandaarde en moet goed sigbaar wees aan
almal in die aktiewe werksarea. Aanwysings moet diagrammaties van
aard wees sodat dit maklik verstaanbaar is vir mense van verskillende
opvoedingsvlakke of moedertale. Tekens kan vir ’n verskeidenheid doele
aangewend word, soos:
• om spesifieke areas vir spesifieke gebruike uit te wys, bv. chemiese
bergingsarea, parkeerarea vir voertuie, nooduitgangroetes;
• om voorskrifte wat in sekere gebiede geld, aan te toon, byvoorbeeld
dat die dra van harde hoede, handskoene, brille vereis word;
• om gevaar aan te dui, soos die teenwoordigheid van korroderende
materiaal, oorhoofse gevaar of gladde oppervlakte; en
• om beperkings aan te dui, soos geen rook nie, geen selfone nie, eet
of drink verbode.
Doeltreffende gesondheid en veiligheid by die werkplek vereis ook
dat verantwoordelike persone vir ’n spesifieke taak aangewys word,
byvoorbeeld ’n brandmeester in beheer van noodontruiming. Op hierdie
manier kan spesifieke gebeurtenisse doeltreffender beheer word.
5. Raamwerk van sektorale vasstelling 13:
Plaaswerkersektor
Inligting hieroor, wat op ’n gebruikersvriendelike wyse uiteengesit is, verskyn by
www.agrisa.co.za (kyk onder “Komitees” en “Arbeid en Maatskaplik”). U sal ook
die dienskontrak daar aantref.
Dit maak deel uit van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997, en
handel spesifiek oor plaaswerkers in alle boerderybedrywighede in die
Republiek van Suid-Afrika. Kyk na hierdie wet by www.labour.gov.za.
Elke werkgewer vir wie hierdie sektorale vasstelling bindend is, moet ’n afskrif
of ’n opsomming daarvan in die werkplek hou, op ’n plek waar plaaswerkers
toegang daartoe het.
6. Regshulp vir boere
Die
National
Employers
Association of South Africa
(NEASA)
het streekskantore
by
Bloemfontein,
Kaapstad,
Durban, Oos-Londen, Kimberley,
Kontakbesonderhede
van Klerksdorp, Port Elizabeth en
provinsial