419
landboudienste en -tegnologie
Regshulp en wetgewing
Sien ook die hoofstukke oor omgewingswetgewing
• Wet op die Inlywing van Onderstepoort Biologiese Produkte (Wet 19
van 1999)
• Beskerming van Gedresseerde Diere (Wet 24 van 1935)
• Wet op die Reëling van die Uitvoer van Bederfbare Produkte (Wet 9
van 1983)
• Plantverbeteringswet (Wet 53 van 1976)
• Wet op Seevissery (Wet 12 van 1988)
• Wet op die Voorkoming van Mishandeling teen Diere (Wet 169 van
1993)
• Wet op Veterinêre en Para-veterinêre Beroepe (Wet 19 van 1982)
Wetsontwerpe
1. Oorsig
Landboubedrywighede vind in ’n omvattende maatskaplike, omgewingsen ekonomiese konteks plaas en daarom moet enige lys van toepaslike
wetgewing verder strek as net die wette wat deur die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye geadministreer word. Die leser sal twee lyste
hierby vind: een van wette geadministreer deur DLBV en ’n tweede lys met
ander wetgewing. Laasgenoemde lys kan meer omvattend wees, maar dit
sou dan nie so nuttig wees nie.
Verskeie webwerwe sal van hulp wees vir die leser soos www.info.gov.za,
www.parliament.gov.za, www.polity.org.za en www.acts.co.za. As u die
status van ’n wetsontwerp wil nagaan, kan u www.pmg.org.za besoek, die
webtuiste van die Parlementêre Moniteringsgroep.
Inligting is ook op verwante webtuistes te vinde. As u byvoorbeeld meer oor
die Wet op Vleisveiligheid wil uitvind, kan u die webtuiste van die Rooivleisabattoirvereniging – www.rmaa.co.za – besoek; indien u inligting nodig het
oor die Konvensie oor die Internasionale Handel in Fauna en Flora (CITES),
kan u www.cites.org besoek, ensovoorts.
Dit is hoegenaamd nie die bedoeling dat hierdie hoofstuk die plek moet
inneem van professionele regshulp nie, en u word aangemoedig om ’n
gekwalifiseerde regspraktisyn te raadpleeg indien u deskundige regsadvies
nodig het.
2. Wetgewing geadministreer deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV)
Kry die lys by www.daff.gov.za.
• Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984)
• Wet op Dieregsondheid (Wet 7 van 2002)
• Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002)
• Veeverbeteringswet (Wet 62 van 1998)
• Agricultural Laws Extension Act 87 of 1996
• Wet op die Rasionalisering van Landbouwette (Wet 72 van 1998)
• Wet op Landbouplae (Wet 36 van 1983)
• Wet op Landbouprodukte-Agente12 van 1992
• Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990)
• Wet op Landbounavorsing (Wet 86 van 1990)
• Dierebeskermingswet (Wet 71 van 1962)
• Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (Wet 43 van 1983)
• Omheiningswet (Wet 31 van 1963)
• Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels (Wet
35 van 1947)
• Wysigingswet op Geneties Gemodifiseerde Organismes (Wet 23 van
2006)
• Wet op die Groot Constantia-trust (Wet 38 van 1993)
• Wet op die Herroeping van die Wet op die KwaZulu Suikerrietkwekersvereniging (Wet 24 van 2002)
• Drankwet (Wet 60 van 1989)
• Wysigingswet op Lewende Mariene Hulpbronne (Wet 18 van 1998)
• Wet op Bemarking van Landbouprodukte (Wet 47 van 1996)
• Wet op die Veiligheid van Vleis (Wet 40 van 2000) – vervang die Wet
op Abattoirhigiëne (Wet 121 van 1992)
• Nasionale Wet op Bosse (Wet 84 van 1998). Vind die Wysigingswet op
Bosbouwette (Wet 35 van 2005) – daargestel om die Nasionale wet op
Bosse, 1998, aan te pas – by www.forestry.co.za.
• National Veld and Forest Fire Act, 1998 (Act No. 101 of 1998)
• Wet op Planttelersregte (Wet 15 van 1976)
• Marine Fisheries Bill
• National Bill for Agricultural Training Institutes of South Africa
• Voorgestelde wysiging tot die Planttelerswet
• Pound Bill
• Misstowwe- en Veevoerwet aan die Parlement. Die wet poog om die
regulering en wetgewende raamwerk ten opsigte van misstowwe,
veevoere (dierevoere) en steriliserende plante te moderniseer ten
einde dierewelsyn, voedselveiligheid, voedselsekuriteit en omgewingsbestuurdoelwitte te bevorder.
Kontak