Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 404

402 Die ACP/EU Technical Centre for Agricultural and Rural Cooperation (CTA),en sy vennote het ’n internasionale elektroniese seminaar aangebied oor die rol van die media in landbou-ontwikkeling in die AKP-state in 2009. Die AKP-state dui op sekere Afrikalande en die Karibiese en Pasifiese state. Met Afrikalande word bedoel dié van Sentraal-, Oos-, Wes- en Suider-Afrika. Baie vrae is op die seminaar gestel en mense uit Afrika, die Karibiese en Pasifiese state het daarop geantwoord. (’n Mens kan jou goed voorstel hoe gou hierdie mense se inmandjies vol geword het). Hoewel veral die internet en selfone die onderwerp van die elektroniese bespreking was, het ander tegnologieë ook ter sprake gekom, soos byvoorbeeld: • Digitale kameras – waarmee boere se probleme afgeneem word. • Mp3-spelers – waarmee inligting maklik vasgelê en oorgedra word. Dit is veral nuttig in radio-onderhoude en meningspeilings onder boere of belanghebbendes. • Radiosatellietontvangers in Afrika – waarmee omroepers sonder die internet webinligting (soos CTA-radiomateriaal) kan aflaai. • Web 2.0-nutsprogramme – waarmee ’n mens op verskillende maniere inligting kan verkry, byvoorbeeld deur RES-voerders. Dit vergemaklik ook die wyse waarop inligting meegedeel of uitgeruil kan word, byvoorbeeld deur webpoorte en werksessies. • GPS-tegnologie in byvoorbeeld die Karibiese state – wat op allerhande maniere ingespan word, byvoorbeeld om inligting oor plae en die uitbreek van siektes na te spoor, sowel as kartering (vir bv. ’n landbousensus in Uganda). Die bydraes tot die seminaar is nog steeds beskikbaar by http:// annualseminar2009.cta.int Access to Global Online Research in Agriculture (AGORA) se oogmerk is: “to enhance the scholarship of the many thousands of students, faculty and researchers in agriculture and life sciences in the developing world” – www.aginternetwork.org. AGRICOLA (Agriculture Online Access), die Amerikaanse Departement van Landbou (USDA) se NasionaleLandboubiblioteek: besoek http://agricola. nal.usda.gov. Blaai volgens ’n onderwerp rond: “Animals and Livestock”; “Plants and Crops”; “Research and Technology”, ens. AgriCultures Network deel kennis en voorsieninligting op kleinskaal, volhoubare landbou wêreldwyd. Besoek www.agriculturesnetwork.org. Die Centre for Information on Low External Input and Sustainable Agriculture (ILEIA) kantoor in Nederland funksioneer as die sekretariaat. Die VN se Voedsel-en-Landbou-organisasie (FAO) beskik oor ’n internasionale inligtingstelsel oor enige aspek van die landbou. Dit word genoem AGRIS en die webwerf is http://agris.fao.org. Agricultural Information Management Standards (AIMS) is ’n soortgelyke program waartoe AGRIS se webwerf toegang verleen. By www.cta.int, webwerf van die Technical Centre for Agricultural and Rural Co-operation (CTA) is daar besonderhede oor nuusbriewe waarop ’n mens kan inteken, en ’n nuuswaarskuwing oor landbouhandel twee keer per maand. Die Eldis Agriculture and Development Reporter is ’n gereelde bulletin wat lesers se aandag vestig op onlangse publikasies en aankondigings oor landbou en ontwikkelingsake. Afgesien van die nuusbrief kan die hulpbrongidse verkry word by www.eldis.org/agriculture. European Federation for Information Technology in Agriculture, Food and the Environment – www.efita.eu Farm Radio International is ’n Kanadese organisasie wat met sowat 300 uitsaaiers in 39 Afrikalande saamwerk. Die organisasie verskaf aan landelike radiostasies in Afrika suid van die Sahara nuus en hulpmiddele om in kleinboere se behoeftes te voorsien. Gaan na www.farmradio.org vir meer inligting. International Telecommunication Union (ITU), “Committed to connecting the world” – www.itu.int New Agriculturist – www.new-ag.info – hou sy lesers op die hoogte van die jongste neigings en innovering in landbou-ontwikkeling in veral Afrika, maar ook in Asië en Latyns-Amerika www.panos.org.uk. Panos London is van mening die media staan skepties teenoor die bekamping van armoede. Hierdie organisasie bevorder die deelname van die armes en gemarginaliseerdes aan nasionale en internasionale ontwikkelingsdebatte deur media- en kommunikasieveldtogte. TEEAL, ’n “full-text digital library … available at low cost to universities, agricultural research organizations” – www.teeal.org United Nations Educational Scientific and Cultural Organisation (UNESCO) het ’n stel media-ontwikkelingsaanduiders uitgegee wat gerig is op ontwikkelende lande. Hulle is beskikbaar by www.unesco.org. Vodafone en Accenture het navorsingsprogramme onderneem wat bedoel is om die impak op mobiele kommunikasie op die lewens en vooruitgang vanboerderygemeenskappe in van die wêreld se armstelandete meet. Kry die”Connected Agriculture” verslag op www.vodafone.com. 14. Ander belanghebbendes • Landbouskrywers SA is ’n vereniging is ’n vrywillige professionele vereniging sonder winsoogmerk wat die beeld en standaarde van landboujoernalisme in Suid-Afrika wil verbeter. Die lede is landboujoernaliste wat die bedryf dien deur tydskrifte, koerante, radio en televisie. Landbouleiers en landboukundiges spreek die takke toe oor toepaslike onderwerpe. ’n Boer en ’n Landboukundige van die Jaar word jaarliks in elke streek aangewys volgens streng maatstawwe. Die wenners word plaaslik vereer. ’n Onafhanklike paneel beoordelaars kies die nasionale wenners uit die groep streekswenners. Besoek www.agriculturalwriterssa.co.za of skakel 012 804 8812 om met die sekretariaat te praat. • Black IT Forum (BITF) – www.bitf.org.za • Computer Society of South Africa (CSSA) – www.cssa.org.za • Die Meraka Instituut is ’n operasionele eenheid van die raad vir wetenskaplike en industriëlenavorsing (WNNR) wat fokus op IKT. Kontakbesonderhede van die verskeie personeellede is beskikbaar op die webtuiste www.csir.co.za/meraka • Communication Workers Union – www.cwu.org.za • Information Technology Association of South Africa – www.ita. org.za • International Federation of Agricultural Journalists – www.ifaj. org • Die toepaslike SOOO is die MICTSETA – Media, Information and Communication Technologies Sector Education and Training Authority. Bel 011 207 2600 en besoek www.mict.org.za. • The South African Communications Forum (SACF) herenig die openbaresektor, privaatsektor en siviele gemeenskapsorganisasies met die doel om ’n deelgenootskap te stig ten einde die digitale skeiding te oorbrug en ’n inligtingsgemeenskap te skep. Besoek www. sacomforum.org.za. • Besoek www.ufs.ac.za/it om te lees oor die Departement van Rekenaarwetenskap en Inligting by die Universiteit van die Vrystaat. • Wireless Access Providers Association of South Africa (WAPA) – www.wapa.org.za