Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 402

400 Daar is talle sagtewareprogramme vir die teling van diere beskikbaar. Die sagtewareprogramme kombineer stoetbestuur en optekening op die boer se plaas. Sommige programme help ’n mens met seleksiebesluite. Die verskaffers se besonderhede word verstrek in die hoofstuk oor dierverbetering en telers. Daar is ook sagteware om bates soos voertuie op te spoor, besoek www. hotsure.co.za of www.fleetcube.com vir inligting. 4. DVD’s • African Land-Use Training (ALUT) voorsien DVD’s om u by te staan. Dit sluit suksesvolle vleisbok-hoender-varkboerdery en hidroponika in. Besoek www.alut.co.za. • Kejafa Knowledge Works is verspreider van verskeie landboukundige DVD’s (en boeke). Besoek www.kejafa.co.za. 5. Die internet Danksy die internet verkry die boer toegang tot ’n magdom inligting. Die boer kan ook blitsvinnig per e-pos kommunikeer. In hierdie gids word heelwat webwerwe en e-posadresse verskaf. Die wêreld is ’n tuiste vir 7 biljoen mense, waarvan een derde die internet gebruik 45% internetgebruikers is onder die ouderdom van 25jaar. In die laastevyfjaar het ontwikkellende lande se aandeel in die wêreld se totale aantal internetgebruikers van 44% in 2006 tot 62% in 2011 toegeneem. Vandag verteenwoordig internet gebruikers in China amper 25% van die totale aantal internetgebruikers en 37% van ontwikkelendelande se internetgebruikers. Internetgebruik in Afrika het gegroei teen 2 527% tussen 2000 en 2011 in vergelyking met die wêreldgemiddeld van 480%. Volgens die Standard Bank’s ‘Africa Macro Insight and Strategy wat kyk na neigings wat Afrika se aantrekkingskrag aandryf. Bronne: Polity Newsletter 9 November 2011; Engineering News, 26 September 2011 • www.landbou.com is die elektroniese weergawe van die tydskrif Landbouweekblad. Allerhande dienste word hier aangebied, waaronder landbounuus en –artikels; die prys van landbouprodukte; die aandeelprys van agromaatskappye; ’n SMS-diens wat die pryse gee wat vee op veilings behaal en dergelike meer. • www.agriwiki.co.za is geskoei op die lees van die internasionale ensiklopedie Wikipedia. Die doel hiermee is ’n landbouwebwerf propvol inligting waartoe enigeen toegang het. • www.agriworldsa.com is gemik op die Suid-Afrikaanse landbousektor en wynbedryf met al hulle agro-ondernemings, wynmakerye, boerdery-, produsente- en verskaffersaktiwiteite. • Besoek www.bizcommunity.com/Agriculture. Wat maak ’n mens as jy ’n skootrekenaar het, maar nie ’n telefoonlyn nie? Hoe ontvang ’n mens e-pos, hoe betaal ’n mens rekeninge aanlyn, en hoe doen ’n mens al die dinge wat jy nie sonder internet-verbinding kan doen nie? • Draadlose tegnologie: laat jou webblaaier hardloop, teken aan en rits dan rond op die internet! Sonder enige verbindingsdrade. As jy in ’n WiFi-internettoegangsgebied val, is die internet oral om jou in die vorm van hoëfrekwensieradiogolwe. Al wat jy nodig het, is ’n WiFikaart wat in jou skootrekenaar pas, en siedaar! Besoek www.nwet. co.za, www.mweb.co.za, www.vodacom.co.za/business en www. yahclick.co.za vir help. • TelkomInternet per satelliet vereis ’n satellietskottel en gespesialiseerde SpaceStream-hardeware wat die tweerigtingIntelsat-sein omskakel in ’n 24 uur lange internetdiens met al die voordele wat daarmee saamgaan. Sonder enige telefoonlyn. Die sein is van hoogstaande gehalte en baie boere het op die satellietdiens besluit omdat die ontvangs soveel beter is. Lesers wat meer inligting hieroor wil hê, kan 10217 skakel of ’n draai gaan maak by Telkom se webwerf www.telkom.co.za. 6. Tydskrifte Kommoditeite • Verskeie kommoditeitspesifieke tydskrifte verskyn gereeld, onder andere SA Graan/Grain, Veeplaas, Pluimvee/Poultry Bulletin, Dairy Mail, PORCUS, AFMA Matrix, Winelands, South African Sugar Journal, SA Studbreeder/Stoetteler ensovoorts. Die tydskrifte word in die toepaslike hoofstukke van hierdie gids genoem. Weekliks – Algemeen • Farmer’s Weekly Tel: 011 889 0836 or visit www.farmersweekly.co.za • Landbouweekblad Tel: 021 406 2516 or visit www.landbou.com • Farming SA Tel: 0860 103 577 [email protected] Maandeliks – Algemeen • The Farm Africa Tel: 012 804 9729 www.agrifica.co.za • Food & Beverage Reporter Tel: 011 462 5645 www.developtechnology. com • Pro Agri Tel: 012 809 0150 www.proagri.co.za Die staat en landbou-unies • DAFFnews – die amptelike nuusbrief van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye. Tel: 012 319 6936. • Provinsiale departmente van landbou het hul eie publikasie uitgereik, byvoorbeeld AgriProbe in die WesKaap (kry die “AgriProbe” opsie by www.elsenburg.com). • Agri SA en TLU SA het ook gereelde nuusbriewe. Lees by www.agrisa. co.za en www.tlu.co.za. Banke en agribesighede •Banke gee ook publikasies oor landbou-onderwerpe uit. Standard Bank publiseer byvoorbeeld AgriReview. Kry inligting en vorige kopieë op die bank webtuistes. • Die agribesighede het ook hulle eie publikasies, soos Afgriland. Ontwikkelingsektor • Nufarmer & African Entrepreneur Tel: 012 804 5854 www. nufarmeragripaper.co.za • Die Plaaswerker/The Farmworker Tel: 021 863 4055 www.agripromo. co.za • Pula Imvula Tel: 086 004 7246 www.graansa.co.za (Engels, Afrikaans, Sesotho, Tswana, Zulu en Xhosa) • Ubisi Mail Tel: 012 843 5702 www.ubisimail.co.za 7. Televisie • AgriTV is ’n TV program wat fokus op kwessies wat verband hou met die impak op die landelikeontwikkeling in Suid-Afrika in die breedste sin. Hierdie program word aangebied deur Thabo Mdluli. Die program is elke oggend in die week op die lug op SABC2 tussen 5:30 en 6:00. Gaan na www.agritv.co.za • Living Land is gemik op die ontwikkeling van die opkomende boer deur kwessies te hanteer soos landhervorming en boerdery. Dit wys elke Saterdagmôre om 11:00 op SABC 2. Stuur ’n epos aan livingland@sabc. co.zaom in verbinding te tree. • Landbousake, deel van Ontbytsake, is ’n Afrikaanse program wat fokus op kommersiële landbou. Derrich Gardner is die aanbieder daarvan. Die program word gewys op die Afrikaanse betaalkanaal kykNET op Dinsdae en Donderdae tussen 6:30 en 7:00. Daar is ook heruitsendings teen 13:00 asook Saterdae tussen 6:30 en 7:00. Skakel 011 791 5330 vir meer inligting. 8. Strooibiljette en brosjures vir nuwe boere •Strooibiljette en boekies is beskikbaarvanaf die Departement van Landbou (nasionaal en provinsiaal). Besoek www.daff.gov.za om dit te besigtig, of die Provinsiale Departement van Landbou se webtuistes (kry besonderhede by die hoofstuk oor landbou in die provinsies). Die KwaZulu-Natal Departement, byvoorbeeld, het baie nuttige leesstof. Kyk www.kzndae.gov.za.