Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 375

373 landbou-onderwys, -opleiding & -beroepe Landbou-onderwys en -opleiding 1. Oorsig Die uitdagings wat die regering en die gemeenskap in die gesig staar is aansienlik, maar nie onoorkombaar nie. Een van hierdie uitdagings is die lae geletterdheidsvlakke, wat die ontwikkeling van landbou en ander basiese beroepsvaardighede verhinder. Die vaardighede wat benodig word vir landbouproduksie, voedselsekuriteit en volhoubare landelike ontwikkeling, sluit in: • geletterdheids- en syferkundigheidsvaardighede • basiese besluitneming en probleemoplossing • tegniese en beroepsvaardighede in landbou, asook grond- en waterbestuur • leierskaps-, beplannings- en bestuursvaardighede • maatskaplike, tussenpersoonlike en kommunikasie-vaardighede • onderhandelings- en fasiliterings-vaardighede • die kritiese denkwyse wat nodig is om innovasie en verandering te bevorder • voedselpreservering en -verwerkingsvaardighede • bemarkingsvaardighede • sake-, inkomsteskeppende en ondernemersvaardighede • die bewustheid van maatskaplike, politieke en regsinstellings wat noodsaaklik is vir effektiewe deelname in die samelewing Baie van hierdie vaardighede kan beskou word as die boustene vir sukses in die moderne wêreld en behoort aangeleer te word deur laer en middelbare onderwys. Ongelukkig is die nie die geval nie, omdat die onderwysstelsel baie jong mense, veral in landelike gebiede, in die steek gelaat het. Ons moet ons vaardighede behou, in onderwys belê, en ’n gesonde landbouhervorming skep en implementeer om kleinskaalse boere te help. Innoverende publiek-private vennootskappe moet gesmee word om die groen ekonomie te steun, voort te bou op bewaringspogings, en om ’n robuuste vaardigheids- en opleidingsregime te ontwikkel – veral rakende die ontwikkeling van ondernemerskap en innovasie. Die voorsiening van basiese onderwys en opleiding vir volwassenes (ABET) is ’n belangrike aspek in die werksaamhede van die sektorale onderwys- en opleidingsowerhede (SETAs). Om geletterdheid onder plaaswerkers te verseker, bly een van die grootste uitdagings in ons belegging in mense. Die byvoordele van onderwys en opleiding strek, saam met die verskaffing van vaardighede en die vermoë om te presteer, verder as die werkplek en moreel van personeel: mense word agente van verandering en positiewe deelnemers in die ontwikkeling van hulle gemeenskappe. 2. Plaaslike sakeomgewing Belangrikste ontwikkelings gedurende 2011-2012 Hieronder volg ’n paar van die belangrikste ontwikkelings wat in die vaardigheidsontwikkelingsveld oor die afgelope twee jaar plaasgevind het. Sien The Skills Handbook (skakels is in afdeling 9 van hierdie hoofstuk): • Die Infrastruktuur-plan wat ’n spesifieke menslikehulpbronontwikkelingskomponent (HRD) het waaraan alle regeringsinfrastruk tuurprojekte sal moet voldoen. • Die Nasionale Vaardigheidsooreenkoms wat in Julie 2011 onderteken is om agt bepaalde verbintenisse te stel wat gesamentlik deur besighede, werkers en die regering ooreengekom is om die Nuwe Groeipad se mikpunt van 5 miljoen nuwe betrekkings te ondersteun. • Die Menslikehulpbronne-ontwikkelingsraad (HRD-raad van Suid-Afrika) se sekretariaat is gestig om administratiewe en ondersteuningsfunksies te verskaf aan hierdie nuwe liggaam, wat in die HRD Strategie (2010–2030) bepleit is – Suid-Afrika se leidende dokument vir alle menslikehulpbron-verwante beplanning. • Die publikasie van die konsepbeleidsdokument oor die kwalifikasie van sub-raamwerke – hierdie dokument se bedoeling is om riglyne te gee oor hoe gehalteversekering gehanteer sal word oor die drie onderskeie “sub-raamwerke” van die NQF: die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (gehalte verseker deur die CHE), die beroepsraamwerk (gehalte verseker deur die QCTO) en die algemene en voortgesette raamwerk (gehalte verseker deur Umalusi). Hierdie dokument is belangrik omdat leerders in staat moe