371
Ervaringsopleiding
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye verskaf in die eerste
plek ervaringsopleiding aan beurshouers in die relevante studiedissiplines as
ervaringsopleiding deel is van hul kwalifikasievoorwaardes.
Ervaringsopleiding kan ook gegee word aan kwekelinge in ander kategorieë
soos werklose gegradueerdes en vrywilligers. Hierdie opleiding word gegee
op voorwaarde dat die volgende beskikbaar is:
• voldoende finansiële hulpbronne om sodanige kwekelinge te
akkommodeer
• voldoende infrastruktuur om sodanige kwekelinge te akkommodeer
• gepaste en gekwalifiseerde mentor(s) om oor kwekelinge toesig te
hou
• spesifieke of bepaalde dienste wat die beste deur kwekelinge uitgevoer
kan word
Die Direktoraat Sektor Onderwys en Opleiding skakel gereeld met die
verskillende akademiese instellings aangaande kwekelinge se vordering.
Internskap
Hierdie internskappe is vir opgeleide, werklose landbou-, bosbou- en
visserygraduandi en graduandi op ander verwante terreine wat praktiese
ervaring wil opdoen om ’n beter kans te hê om in diens geneem te word.
Ontwikkelingsprogram vir jong beroepslui
Die program is gemik op jong graduandi met ’n baccalaureusgraad soos BSc,
BSc Agric, BSc Ingenieurswese, BVSc of nagraadse opleiding in die landbou
of natuurwetenskappe wat graag verder wil studeer en ’n honneurs-,
magister- of doktorsgraad wil behaal, en die nypende tekort aan mense met
kritiese vaardighede in die landbou sal aanvul.
Internasionale studieprogram
Danksy hierdie program kan die Departement van Landbou, Bosbou en
Visserye potensiële kwekelinge in landbou, bosbou en visserye help om
oorsee opleiding te ontvang. Die fokus in internasionale studieprogramme
sluit nagraadse studie en kortkursusse in.
Departement Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO)
Tel: 0800 872 222
www.dhet.gov.za
Die Groenskrif vir Naskoolse Onderwys en Opleiding beoog om die
naskoolse onderwys- en opleidingstelsel met Suid-Afrika se algemene
ontwikkelingsagenda te vereenselwig, wat ontwikkelingstrategieë soos die
volgende insluit: die Nuwe Groeiweg, die Industriële Beleidaksieplanne
(IPAP’s), die Menslikehulpbronontwikkelingstrategie vir Suid-Afrika 2010
tot 2030, en die Departement Wetenskap en Tegnologie se tienjaarinnovasieplan.
Baie studente is onbewus van die geleenthede wat “buite” die universiteit
bestaan.
Daar is 50 kollleges vir Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) met
264 kampusse reg oor die land wat ’n reeks programme aanbied
wat die meeste studente se behoeftes en belange sal bevredig. Van
ingenieurswese, sakestudie, kuns, musiek tot voedseldienste. Ons land
het ’n dringende behoefte aan ambagsmanne, tegnici, ingenieurs en ander
skaars vaardighede wat buite universiteite verwerf kan word.
Diegene wat die werkplek wil betree of hul vaardigheidvermoë
wil verhoog, kan ook die volgende opsies oorweeg: leerskappe,
vakleerlingskap en vaardigheidprogramme aangebied deur die Sektor
Opvoeding en Opleiding Owerhede (SOOO’s) wat elke ekonomiese
sektor in die land dek.
Raad oor loopbane kan verkry word op die loopbaanadvieswebtuiste
www.careerhelp.org.za of van die NKR (NQF) en Loopbaanadvieshulplyn
by 0860 111 673. Kyk ook na die webtuiste van die Nasionale
Kwalifikasieraamwerk by www.nqf.org.za.
7. Belanghebbendes
Beurse
Verskeie bedryfsverenigings ken beurse toe, soos die Suid-Afrikaanse
Vereniging vir Voedselwetenskap en -tegnologie (www.saafost.org.za), die
Suid-Afrikaanse Nasionale Sade-organisasie (SANSOR), die Vereniging vir
fVWf