Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 372

370 Rekeningkundige beroepe sluit in dié van geoktrooieerde rekenmeester; kosterekenmeester; finansiële rekenmeester; rekeningkundige bestuurskonsultant; finansiële bestuurder; ouditeur; kredietkontroleur; boekhouer. Sakeproses-uitkontraktering en aflandige ontwikkeling (BPO&O) Hierdie bedryf, wat slegs ongeveer ’n dekade in Suid-Afrika aktief is, sal na verwagting oor die volgende vier jaar met 50 persent groei. Dit sal baie werkgeleenthede vir werklose Suid-Afrikaners skep: ’n mens het net ’n basiese matriekkwalifikasie nodig. Dit sluit beroepe soos oproepsentrumagente in. Skakelwerk Iemand wat op die gebied van openbare betrekking werk, vorm en handhaaf ’n goeie beeld van die organisasie waar hy of sy werk en toon aan die publiek wat van die organisasie aantreklik en aanloklik is. Die persoon vestig tweerigtingkommunikasie tussen die organisasie en die publiek of gehore (bv. klante, ander besighede, regerings, aandeelhouers, spesialebelangegroepe, werknemers en gemeenskappe). ’n Verbandhoudende beroep is dié van personeelkonsultant. Siviele ingenieur Siviele ingenieurswese is waarskynlik die omvangrykste van alle ingenieursterreine. Siviele ingenieurs skep, verbeter en verskaf fasiliteite vir die lewe, bedrywe en vervoer. Siviele ingenieurs moet kennis dra van materiale, grond, hidroulika en vloeimeganismes. Hulle werk behels ook die beskerming van die omgewing. Siviele ingenieurs word bygestaan deur siviele ingenieurstegnici wat die meeste van die praktiese en funksionele werk doen en siviele ingenieurstegnoloë wat die meer teoretiese werk soos beplanning, ontwerp en navorsing doen. Sosiale Wetenskaplike Sosiale wetenskaplikes is betrokke by die oorsprong en ontwikkeling van die menslike samelewing en die instelling, verhouding en idees in die lewe en die samelewing. Iemand wat in ’n beroep in sosiale wetenskappe belangstel, kan die volgende oorweeg: • Sosioloog — ondersoek die maniere waarop sosiale groepe (bv. families, stamme en gemeenskappe) en instellings (bv. religieuse, politieke en sake-instellings) met mekaar in interaksie tree en mekaar en individue se gedrag beïnvloed. • Industriële sosioloog — pas die beginsels van sosiologie op werkersorganisasies en die verhouding tussen werkers en werkgewers toe en is betrokke by arbeidsverhouding in komplekse industriële samelewings • Antropoloog — bestudeer die oorsprong, ontwikkeling en funksionering van menslike samelewings en kulture (huidige en vorige) deur byvoorbeeld religie, familie- en verwantskapstelsels, tale, kuns, musiek en ekonomiese en politieke stelsels te ondersoek. Antropoloë mag spesialiseer as toegepaste antropoloog; fisiese antropoloog; linguistiese antropoloog; en ’n sosiale/kulturele antropoloog. Sport-en-ontspanningsbeampte Toerisme en ontspanning is die snelgroeiendste bedrywe in Suid-Afrika en bied ’n interessante toekoms - op die gebied van waterverwante ontspanningsaktiwiteite, ekotoerisme en vele ander. Daar is verskeie beroepe op die gebied van sport en ontspanning om van te kies: toeristebestuurder, toeroperateur, toergids, toeriste-inligtingsbeampte, reisagent of ontspanningsbestuurder/-beampte. Stads-en-streekbeplanner Stads-en-streekbeplanners ontwikkel planne en beleid vir die gebruik van hulpbronne en grond en vir die verbetering van mense se lewensomstandighede. Stads-en-streekbeplanners word bygestaan deur stads-en-streekbeplanningstegnici. Sweiser Sweisers heg twee of meer stukke metaal aan mekaar deur die aanwending van hitte, druk, of ’n kombinasie van die twee. Kopersweis, soldeer, elektronstraal en laserstraal is ander metodes waarop staal geheg kan word. Iemand wat oor ͽ