368
Plantkundige
Plantkundiges bestudeer die biologie en ekologie van alle tipes plante.
Plantkundiges gebruik hul kennis in gebiede soos bewaring, bestuur
van natuurlike hulpbronne, landbou, bosbou, tuinbou, medisyne en
biotegnologie.
Waterkultuurkundige
Waterkultuur behels die kweek van plante en die teel van diere wat in
water leef, insluitend, vis, skulpvis, waterblommetjies, skaaldiere, en selfs
krokodille. Hierdie diere word as voedsel, vir troeteldiere, akwariums
en selfs om wilde populasies te herbevolk, geoes. Waterkundiges werk
gewoonlik as boere of tegnici. Hulle werk hoofsaaklik buitenshuis en hul
werk behels gewoonlik dat hulle nat en vuil word. Daar word gewoonlik
van waterkundiges verwag om oortyd te werk – veral tydens die oesseisoen.
Soos by boerdery, moet voorrade gedurig versorg word – selfs oor naweke
en openbare vakansiedae.
Waterwetenskaplike
Waterwetenskaplikes bestudeer verskeie aspekte van binnelandse en
mariene-omgewings. Dit dek die fisiese (soos temperature, waterstrome
en die tempo waarteen water vloei, die helderheid van water, erosie en
sedimentasie); die biologiese (soos plante, diere en mikrobes wat in water
leef); die chemiese (soos die organiese en anorganiese samestelling van
water, watersuiwering, gehalte van water) en die ekologiese (die maniere
waarop organismes met hul omgewings in interaksie is).
4. Ander beroepe – mense en maatskappye wat
in hierdie boek aangedui word
Besonderhede oor die volgende (en ander) verskyn in die beroepshandleiding
Water@Work
Administrateur
Administrateurs en klerke doen die algemene kantoorwerk wat ander
professionele personeel en bestuurders help om hul werk te doen, bv.
rekordhouding, byhou van rekenings, opstel en tik van verslae en briewe
en liasseerwerk. Administrateurs kan in beheer wees van maatskappye
se administrasie of hulle kan kantoorbestuurders, boekhouers, kassiere,
persoonlike assistente, tiksters, sekretaresses of ontvangspersone wees.
Bemarkingspesialis
Iemand wat in bemarking werk moet uitvind waarom klante wil koop en
moet weet hoe om hierdie produkte en dienste so goedkoop en doeltreffend
moontlik aan te bied. Ander beroepe wat bemarking behels, sluit die
volgende in: openbare betrekkinge, kopieskrywing, produkontwikkeling
en aankopebestuur. Kreatiewe direkteure, mediadirekteure en
verkoopsbestuurders val ook hieronder.
Bestuurder
Bestuurders verskaf leierskap aan organisasies om hul doelwitte te bereik.
Die bestuur van ’n besigheid sluit die organisasie, navorsing, beplanning,
beheer en rigtinggewing aan al of ’n deel van die werknemers se werk in.
Bestuurders bestuur en motiveer mense sodat hulle hul werk goed doen
- hulle bestuur soms ook hulpbronne soos finansies. Verskillende tipes
bestuurders voer verskillende take uit:
• Topbestuur — sluit die voorsitter, direksie, besturende direkteur of
hoof- uitvoerende beampte en ander hoë bestuurders in
• Funksionelebestuurders — bestuur spesifieke funksies of afdelings
van die maatskappy, soos administrasie, bemarking, finansies of
aankope
• Bedryfsbestuurders — is verantwoordelik vir die manier waarop
’n besigheid werk, byvoorbeeld krediet- en verliesbeheer. Ook
produksiebestuurders genoem.
• Hoofbestuurders — is verantwoordelik vir die werk van verskeie
bestuurders met spesifieke verantwoordelikhede. Hy of sy beskik oor
’n breë agtergrond en werk nie net as spesialis op ’n spesifieke terrein
nie; hierdie werk behels funksionele en bedryfsbestuur
• Bestuurskonsultante — werk onafhanklik en adviseer besighede
oor bestuursaangeleenthede; ondersoek probleme en bied oplossings;
help met strategiese beplanning.
Chemiese Ingenieur
’n Chemiese ingenieur ontwerp en bedryf prosesse wat roumateriale (deur
fisiese, chemiese en termiese wysigings) in bruikbare alledaagse produkte
soos brandstof, farmaseutiese middels, tandepasta, suiker, plastiek,
sintetiese vesel, chemikalieë, plofstowwe, papier, misstof en sement
verander. Hulle dra ook by tot die beskerming van die omgewing deur die
besoedeling van die lug en water te beheer. Chemiese ingenieurs, chemiese
tegnici en chemiese tegnoloë is moontlike beroepe, en verbandhoudende
spesialisrigtings
is:
prosesontwerp,
prosesbeheer-ingenieurswese,
biochemiese ingenieurswese en petrochemiese ingenieurswese.
Ekonoom
Ekonome ontwikkel en pas teorieë toe oor hoe mense geld bestee; die
prosesse wat betrokke is by die manier waarop goedere geproduseer,
verskaf en gebruik word; en hoe besighede of regerings hulpbronne toeken
(bv. natuurlike hulpbronne, tegnologie, arbeid en kapitaal of finansiering).
Iemand wat in die ekonomie belangstel, kan een van die volgende beroepe
oorweeg:
• Omgewingsekonoom — bestudeer die omgewingsimpak van
projekte en ontwikkeling; adviseer industrieë en regering oor regulasies
vir omgewings- en natuurlikehulpbronbestuur; adviseer regerings oor
hul verantwoordelikheid ten opsigte van internasionale ooreenkomste
en omgewingsverdrae.
• Ander
—
rekenmeester;
aktuaris;
landbou-ekonoom;
transportbesorger; industriële ekonoom; politieke wetenskaplike;
aandelemakelaar.
Gemeenskapswerker
Gemeenskapswerkers moedig die gemeenskap aan en help groepe om
hulself te help en te ontwikkel – hulle help gemeenskappe om hul behoeftes
te identifiseer, om besluite te neem en om maniere te ontwikkel om in die
behoeftes te voorsien. Gemeenskapswerkers reis binne die gemeenskappe
en hou persoonlike kontak met die gemeenskappe.
Inligtingstegnologiespesialis
Mens wat met inligtingtegnologie (IT) w erk programmeer rekenaars om take
uit te voer (rekenaarprogrammering), rekenaarprogramme te ontwerp en
ontleed (stelselontleding), administrasie van databasisse en netwerke, bedryf
van rekenaarstelsels en die ontwerp van hardeware. Beroepe wat met IT te
doen het sluit die volgende in: webtuiste-ontwerper, netwerkkontroleur,
rekenaarkonsultant, elektroniese ingenieur, rekenaarondersteuningstegnikus, Internetdienste en ondersteuningstegnikus.
Kartograaf
Kartografie is die wetenskap van kartering asook die studie van wetenskaplike
dokumente en kunswerke. In die besonder gaan dit oor al die stadia van
evaluering, saamstel, ontwerp en grafiese voorstellings wat nodig is om
nuwe en hersiene kaarte te skep vanaf verskillende vorme basiese data soos
lugfoto’s, veldrekords, historiese manuskripte, ander kaarte en statistiese
verslae.