Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 368

366 Veekunde / dierewetenskap Voedselwetenskap / -Tegnologie Veekundiges is gekwalifiseerde persone betrokke by navorsing en ontwikkeling wat die veebedryf met raad bedien oor diereproduksie en diereprodukte. Die areas waarop hierdie wetenskaplikes fokus sluit in: dierevoeding, teling, genetiese en vleiswetenskap, asook verskeie produksiestelsels aangaande ’n verskeidenheid plaasdiere. Voedselwetenskaplikes is verantwoordelik vir die ondersoek en inspeksie van voedsel om te verseker dat voedsel gesond en veilig is vir menslike verbruik. Hul funksies het met die volgende te doen: • ondersoek van die basiese aard en voedsel en die, fisiese en chemiese eienskappe daarvan • navorsing oor nuwe en ekonomiese produksieprosedures • ontwikkeling van nuwe en veilige voedselprodukte • bestuur binne maatskappye wat betrokke is by die prosessering en preservering van voedsel Verantwoordelikhede van veekundiges Veekunde verwys na die studie van lewende hawe in die spesifieke omgewings asook diereprodukte soos vleis, melk, vesel, leer en ’n verskeidenheid produkte wat uit hierdie primêre produkte voortvloei. Dit sluit die ontwikkeling van nuwe produkte en die prosessering en bemarking van diereprodukte in. Veekundiges lewer belangrike bydraes tot ’n verskeidenheid terreine deur • die bedryf te help om die land se natuurlike hulpbronne doeltreffend aan te wend • navorsing te doen oor die uitdagings waarvoor produsente van lewende hawe en vervaardigers van lewendehaweprodukte te staan kom • raad te gee oor alle dierespesies en hul produkte (bydrae tot die lewendehawebedryf) • bewaring van en aanwending van die ryk genetiese biodiversiteit van dierespesies waarmee in Suid-Afrika geboer word • die gebruik van die nuutste biotegnologie om die lewendehawebedryf te help om tred te hou met die globale kompetisie in diereproduksie en -produkte Die aard van die werk wissel van direkte werk met diere tot die grondbeginsels van molekulêre biotegnologie. Navorsers mag daarom hul werkdag in die laboratorium deurbring, of hulle kan fisies met diere werk. Raadgewende veekundiges werk in die toegepaste situasie wat vereis dat hulle baie rondreis en die bedryf in ’n wyer sin beleef. Voedseltegnoloë hanteer aspekte wat verband hou met die produksie, preservering en die ontwikkeling van voedsel van hoë gehalte. Hulle bestuur ook prosesseringsaanlegte en laboratoriums vir gehalteversekering. Hulle is verantwoordelik vir die monitering van die voedselgehaltestandaarde deur regeringsorganisasies (naamlik die SABS). Beroepsgeleenthede in voedselwetenskap/-tegnologie Kwalifikasie Duur Instelling Toelatingsvereistes BSc Voedselwetenskap of BSc (Agric) [Voedselwetenskap vir ’n beroep as voedselwetenskaplike] Vier jaar (voltyds) Die meeste universiteite Wiskunde, fisika en biologie of landbouweten-skap. Vlak 4 (50%-59%) Nasionale Diploma in Voedseltegnologie en BTech [Voedseltegnologie - vir die beroep van voedseltegnoloog] Vier jaar (voltyds) Die meeste universiteite (Soos hier bo). Vereistes: Watter tipe persoonlikheid moet ek hê? Die belangrikste vereiste is dat veekundiges/dierewetenskaplikes daarvan moet hou om met diere te werk. Beroepsgeleenthede • Departement van Landbou • LNR en akademiese instellings • Voedselvervaardigings-/ verwerkingsmaatskappye Beroepsgeleenthede in die dierewetenskap Kwalifikasie Duur Instelling Toelatingsvereistes BSc Agric: Veekunde Vier jaar (voltyds) Die meeste universiteite Wiskunde, natuurwetenskap op Vlak 4 (50%59%) Beroepsgeleenthede • Veeteeltbedrywighede, byvoorbeeld plase en voerstalle • Lewendehawe-produkte, byvoorbeeld suiwelprodukte • Voere en veemiddelsmaatskappye • Landbouvoorligtingsbeamptes • Tegniese raadgewer/bestuurder van besigheid betrokke by lewende hawe, lewendehawe-produkte, verspreiders van voere en veemiddels • Onderrig / dosent • Navorsing: voeding, fisiologie, teling, en verwerking van produkte • Konsultant- en raadgewende dienste, byvoorbeeld private konsultant, landboukoöperasies • Natuurbewaring instellings • Wetgewende/regulerende, byvoorbeeld Departement Landbou • Farmaseutiese maatskappye Besoek die webwerf van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Veekunde (SASAS) – www.sasas.co.za. Besoek www.saafost.org.za, webwerf van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Voedselwetenskap en -Tegnol ogie (SAAFoFST). Weidingkunde Weidingkundiges hanteer alle aspekte van die bewaring, verbetering en gebruik van natuurlike en gevestigde weiding. Die weidingkundige beantwoord vrae soos hoe gereeld, hoe kwaai en op watter tyd van die jaar weidingsplante ontblaar behoort te word, hoeveel diere op bepaalde weiding aangehou kan word en waarom dit nodig is om heinings te span en kampe te maak. Beroepsgeleenthede in weidingkunde Kwalifikasie Duur Instelling Toelatingsvereistes BSc (Agric) Weidingkunde; Nasionale Diploma in Natuurbewaring Drie jaar (voltyds) Die meeste Wiskunde, landbouuniversiteite en wetenskap en/of universiteite van biologie tegnologie Beroepsgeleenthede • Nasionale en provinsiale Departemente van Landbou • Nasionale Parke – verskeie afdelings van natuurbewaring • Misstof- en saadmaatskappye Lees oor die Weidingsvereniging van Suider-Afrika (GSSA) by www.grassland.org. za.