Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 366

364 Plantpatoloë is wetenskaplikes wat die dinamiese prosesse van plantgesondheid bestudeer. Hulle werk is meer op navorsing toegespits. Beroepsgeleenthede in plantpatologie Kwalifikasie Duur Instelling Toelatingsvereistes BSc Agric in plantpatologie Drie jaar (voltyds) Die meeste Wiskunde en fisika Vlak 4 universiteite (50%-59%) Beroepsgeleenthede • Navorsing: nasionale en provinsiale regerings-departemente • LNR • Agrochemiese maatskappye • Saadmaatskappye • Misstofmaatskappye • Akademiese instellings • Boerderye en kwekerye • Farmaseutiese verteenwoordiger • Private maatskappy • Private konsultant Kyk na www.saspp.co.za, webtuiste van die Southern African Society for Plant Pathology. Statistiek Statistici genereer, vergelyk, verifieer, onderhou en versprei statistiese inligting oor die landbousektor, insluitend die monitering en projeksie van neigings in die landbou, voedselsekuriteit en voedselverbruik. Loopbaangeleenthede in Statistiek Kwalifikasie Duur BSc (Agric) Vier jaar Ekonomie of BCom (voltyds) (Landbou Ekonomie) Instelling Toelatingsvereistes Die meeste universiteite Wiskunde, landbouwetenskap of ekonomie / bedryfsekonomie Beroepsgeleenthede • Nasionale en provinsiale Departemente van Landbou • SANparke • Kommersiële banke en ander finansiële instellings • Akademiese instellings Tuinbou en Waterkultuur Tuinboukundiges is betrokke by die toepassing van wetenskaplike produksiestelsels van groente, vrugte en sierplante. Waterkultuur is ’n tipe stelsel vir die produksie van grondlose groei waar misstof en minerale by water gevoeg of met water gemeng en sodoende aan die plante verskaf word. Tuinboukundiges kan hul beroepe as biotegnoloë bevorder deur hul studies in hierdi H\