Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 346

344 moet uitgeskakel word. nasionale kwessies Die International Conference on Population and Development (ICPD)Program van Aksie (1994) neem die onderlinge verhoudinge tussen bevolking, volhoubare ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling, voordele in opvoedkunde, ekonomiese status en bemagtiging van vroue in ag. Vroue Die Beijing Declaration and Platform for Action (1995) verbind die regering daartoe om die strategiese doelwitte van die twaalf gebiede van belang, waarop ooreengekom is, te implementeer: • Vroue en armoede • Onderwys en die opleiding van vroue • Vroue en gesondheid • Geweld teen vroue • Vroue en gewapende konflik • Vroue en die ekonomie • Vroue in krag en besluitneming • Institusionele meganismes vir die bevordering van vroue • Menseregte van vroue • Vroue en die media • Vroue en die omgewing • Die meisiekind 1. Oorsig Om die status van vroue te verbeter is ’n essensiële stap wat nodig is om armoede te verlig en bevolkingsgroei in Suidelike Afrika te verminder. Elkeen van ons is bewus van die ontsaglike rol wat vroue in ons lewes gespeel het om te bepaal wie ons is – ons moeders, susters en dogters. Hierdie is ’n storie oor menslikheid, hoewel die rol wat vroue speel gewoonklik vaag is en wanneer ontleding gedoen word, wys inligting (indien enige) hul rol as marginaal. Is ons bewus dat 2010-2020 die dekade van vroue is in Afrika of van beleid wat gereed is om geïmplementeer te word? Die dekade van die vrou is bewerkstellig op die basis van tien tematiese gebiede wat op plaaslike-, nasionale-, streeks- en kontinentalevlak behandel is. • om armoede te beveg en ekonomiese bemagtiging van vroue en entrepreneurskap te bevorder • landbou- en voedselsekuriteit • gesondheid, moedersterfte en MIV en VIGS • onderrig, wetenskap en tegnologie • omgewing, klimaatsverandering en onderhoubare ontwikkeling. • vrede, sekuriteit en geweld teen vroue • bestuur en regsbeskerming • finansiële en genderbegroting • vroue in besluitnemende posisies • die bevordering van jong vrouebewegings. 2. Internasionale sakeomgewing Die Convention on the Elimination of All Form of Discrimination Against Women (CEDAW), ook bekend as die International Women’s Human Rights Treaty, is in 1979 deur die VS aangeneem. CEDAW was ook die eerste dokument wat vroue se regte omvattend op politieke, kulturele, ekonomiese, sosiale en familiegebied aangespreek het. CEDAW word dikwels na verwys as die handves vir vroueregte. Suid-Afrika het CEDAW in Desember 1995 bekragtig en sy opsionele protokol in Maart 2005. Die 1993 Declaration on the Elimination of Violence Against Women (DEVAW) het maniere hoe regerings te werke moet gaan om geweld te voorkom en om vroueregte te beskerm en te verdedig uiteengesit. CEDAW hou state verantwoordelik om toegewyd te wees om optredes van geweld teen vroue te voorkom en te ondersoek en om diegene wat skuldig is aan sodanige optredes te straf in gevolge nasionale wetgewing hetsy die optredes deur die staat of privaat persone begaan is. Die Vienna Declaration and Programme of Action (1993) sit dit so uiteen dat menseregte-instrumente op so ‘n wyse toegepas moet word dat die sistematiese en sistemiese diskriminasie teen vroue wat geslagsdiskriminasie duidelik aangedui het, duideliker in ag geneem moet word. Geslagsgebaseerde geweld en alle vorms van teistering en uitbuiting, insluitende die wat uit kulturelepartydigheid en internasionale handeldrywing voortspruit is nie versoenbaar met die waardigheid van die mens nie en Die Protocol to the African Charter on Human and People’s Rights on the Rights of Women in Africa verbind regerings om alle vorms van diskriminasie teen vroue te bekamp deur toepaslike wetgewende, institusionele en ander maatstawwe. Dit verbind die state verder daartoe om: • gepaste maatstawwe aan te neem en te implementer om uitbuiting of degradering van vroue te verbied; • maatstawwe om die beskerming van elke vrou se reg op beskermings van haar menswaardigheid aan te neem en te implementeer; • die oorsake en gevolge van geweld teen vroue identifiseer en geskikte maatstawwe te neem om sodanige geweld te voorkom en uit te skakel; • skadelike praktyke uit te skakel en vroue wat in gevaar is om onderwerp te word aan skadelike praktyke te beskerm. Verdere regulasies wat betrekking het op huwelik, skeiding, egskeiding en ontbinding van ‘n huwelik; toegang tot gelyke beskerming voor die Wet; weduwees se regte en die reg op ‘n erfporsie. Op die derde gewone sitting van die Afrika Unie (AU) van die hoofde van die staat en die regering in Addis Ababa, Ethiopia in Julie 2004 die Solemn Declaration on Gender Equality in Africa (SDGEA). Hierdie verklaring is ‘n belangrike Afrika-instrument vir die bevordering van geslagsgelykheid en bemagtiging van vroue want dit versterk die Suid-Afrikaanse besit van geslagsgelykheid en hou die sake op die hoogste politieke vlak in Afrika aan die lewe. Op 17 Augustus 2008 in Johannesburg het SAOG staat- en regeringshoofde die SADC Protocol on Gender and Development–‘dit verteenwoordig ‘n belangrike stap in die werk in die rigting van die bemagtiging van vroue, uitskakeling van diskriminasie en die verwesenliking van geslagsgelykheid en gelykheid. Hierdie protokol stel 28 substantiewe teikens om geslagsgelykheid te verkry teen 2015 en is wettig bindende ooreenkoms wat SADC- lidstate verplig om hulle probeerslae in die rigting te bespoedig. Bron: uittreksels uit Gender equality and equity: Towards A 10-Year Review of the Population Policy Implementation in South Africa (1998-2008) 3. Nasionale strategie en regeringskontakte Die Nasionale Masjinerie vir Geslagsgelykheid, dikwels afgekort as NMG het as deel van ’n Nasionale Geslagsbeleid beslag gekry ná afloop van die 1995-Wêreldkonferensie oor Vroue in Beijing.