333
2. Swart ekonomiese bemagtiging: ’n
geskiedenis
Hoe gaan ’n mens te werk om ’n ekonomie so ver te kry om tot ’n
billiker verdeling van rykdom te transformeer sonder om die ekonomie te
destabiliseer? Vroeë pogings deur korporatiewe besighede om aandele aan
swart aandeelhouers te verkoop het ingewikkelde finansiële meganismes.
Baie van hierdie ooreenkomste het van die begin af op mislukking afgestuur.
Sommige was suksesvol, maar is gekritiseer omdat dit te veel rykdom in die
hande van ’n klein handjievol mense geplaas het, terwyl die stryd vir die
meeste voorheen benadeelde Suid-Afrikaners steeds voortduur.
In 1998 het swart besigheidsliggame die Swart Ekonomiese
Bemagtigingskommissie gestig, ’n dinkskrum bestaande uit politici,
ekonome en konsultante wat hulle dit ten doel gestel het om oplossings te
vind vir die probleme wat swart ekonomiese transformasie belemmer het.
• In die eerste plek het hulle aanbeveel dat die staat die bestuur van die
projek oorneem.
• Hulle het aangedui dat SEB meer as die blote oordrag van bates behels.
Ook ander aangeleenthede is genoem, soos vaardigheidsontwikkeling, die stel van billiker standaarde in die werkplek en die algemene
opheffing van gemeenskappe.
• In die derde plek het hulle aangedui dat, tensy daar ’n manier is waarop
’n onderneming se bydrae tot SEB gemeet kan word, die proses nie
bestuur sou kon word nie.
Op grond van hierdie aanbevelings het die regering vroeg in 2003 ’n
strategiedokument die lig laat sien. In hierdie dokument is die idee van ’n
SEB-telkaart bekendgestel. Daar was nou vir die eerste keer ’n meganisme
waarvolgens die vordering met SEB gemeet kon word en daar was dus nou
’n manier waarop die proses in die toekoms bestuur en aangedryf kon
word. Daar is debat gevoer oor verskeie konsep-SEB-kodes en telkaarte
en die publiek is genooi om kommentaar daaroor te lewer. In 2007 het die
sakewêreld, die staat, georganiseerde arbeid en die burgerlike samelewing
uiteindelik die SEB-Kodes vir Goeie Praktyk onderteken. Daarmee het ’n
tydperk van die meting van breë SEB aangebreek. Dit word breëbasisSEB genoem omdat dit in die breë ’n onderneming se aantal bydraes tot
maatskaplike opheffing meet, en nie net die oordrag van eiendomsreg en
bestuur nie.
Die Wysigingswet wat in 2012 geproklameer is, is die kulminasie van die
aanbevelings wat deur die Presidensiële BBSEB-adviesraad gedoen is. Dit
het ten doel om te verseker dat SEB sy oorspronklike doel en doelwitte
verwesenlik, naamlik om swart persone te bemagtig.
• Die Wet het ten doel om die BBSEB-wet in lyn te bring met
ander wetgewing wat ’n uitwerking kan hê op swart ekonomiese
bemagtiging.
• Dit het ten doel om ’n BBSEB-kommissie te tot stand te bring wat ’n
institusionele omgewing sal vestig vir die monitering en evaluering van
swart ekonomiese bemagtiging.
• Dit maak voorsiening vir die regulering van die verifiëringsbedryf deur
die Onafhanklike Regulerende Raad vir Ouditeure, terwyl dit ook nienakoming en bedrog hanteer deur oortredings en strawwe aan te dui.
• Die Wet stel die insluiting van spesifieke statutêre oortredings in
werking, wat frontvoorhouding en ander vorme van bedrieglike
wanvoorstelling van bemagtigingstatus en die spesifisering van boetes
en plasing van daardie oortredings op die swartlys, en/of bestuur van
sodanige oortredings, behels.
• Die Wet maak voorsiening daarvoor dat die Spesiale Ondersoekeeenheid bemagtig word om alle oortredings te ondersoek wat
frontvoorhouding of korrupsie behels waaraan sowel die openbare as
private sektor skuldig is met betrekking tot die toepassing van die Wet
en BBSEB-kodes vir Goeie Praktyk.
Die Breëbasis – Wysigingswet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
is beskikbaar by www.info.gov.za en by ander webtuistes wat onder opskrifte
8 en 9 verskyn.
Mense wat gebruik maak van die term “Breëbasis- Swart Ekonomiese
Bemagtiging (BBSEB)” eerder as “SEB” lê klem op die beginsel dat
bemagtiging die breë bevolking eerder as ’n paar individue moet
bevoordeel. Die tellingbord raak belangriker as blote eienaarskap omdat
erkenning gegee word aan beheer deur die bestuur, vaardigheidsontwikkeling, en verskafferontwikkeling, gelyke indiensneming, ensovoorts.
3. Hoe SEB werk
Die SEB-kodes stel die beginsels van hoe organisasies gemeet moet word
ten opsigte van hulle maatskaplike bydraes en dit omskryf telkaarte, wat
teikens vir elke “element” van die telkaart stel, asook ’n sekere aantal punte
vir die behaling van daardie teiken (ook bekend as die gewigstoekenning vir
daardie element).
’n Mens sal waarskynlik vind dat ander maatskappye van jou verwag om ’n
amptelike SEB-sertifikaat te verskaf sodat hulle hul telling vir die element
van voorkeurverkryging kan bereken. Net so sal ’n maa tskappy ook ’n
amptelike SEB-sertifikaat van sy verskaffers moet verkry om sy SEB-telling
te bereken.
Ander faktore wat ’n goeie SEB-telling wenslik maak, kan die volgende
insluit:
• Diegene wat toegang tot staatsfinansiering wil kry, sal moontlik ’n
sekere minimum SEB-telling moet behaal.
• Sekere produkte kan in winkels ’n SEB-etiket kry op grond van die
produsent of kweker se SEB-telling.
• Die pryse wat vir grondhervormingsgrond betaal word, kan volgens
die SEB-telling van die verkoper aangepas word.
• Die openbare persepsie kan moontlik groter handelsmerke aanspoor
om ’n redelike SEB-telling na te streef, sodat hulle nie by die publiek
in onguns kom nie.
• Die maatskaplike imperatief: Indien ons nie ons samelewing so
ontwikkel dat die oorgrote meerderheid so gou moontlik sinvol
aan die ekonomie kan deelneem nie, sal maatskaplike en politieke
ineenstorting waarskynlik volg en sal ons bly ly onder die ekonomiese
gevolge daarvan – hoë (en gewelddadige) misdaad en groot koste ten
opsigte van maatskaplike welsyn.
Hoe hoër ’n maatskappy se telling, hoe meer sal hy tot sy klant se telling
bydra.
Regoor die voedselketting sal maatskappye na die SEB-eienskappe van hul
verskaffers kyk. Om u SEB-telling te bepaal, moet u besigheid geverifieer
word. Dit beteken dat u ’n goedgekeurde verifiëringsagentskap moet
vra om u papierwerk na te gaan en aan u ’n SEB-telling toe te ken.
Die koste van verifiëring sal wissel na gelang van hoeveel werk dit
behels. Die basis vir die kosteberekening sal soortgelyk wees aan dié van
ouditeure en rekenmeesters. Deur al die inligting gereed te hê wanneer
die verifiëringsagente u besoek, kan u help om die koste van u verifiëring
te verlaag.
Bron: Empowerment Services