334
4. Sektorhandves en sektorkode
6. Bosbou
Al die sektore gebruik nie die Departement van Handel en Nywerheid se
SEB-kodes (dti-kodes) nie. Party sektore het dit nodig gevind om die dtikodes aan te pas ten einde voorsiening te maak vir spesifieke aangeleenthede
waarvoor hulle sektore te staan kom of ten einde bydraes wat die betrokke
sektor ten beste kon lewer, te beloon.
’n Bosbousektorkode (bv. artikel 9), is in 2009 gepubliseer, vir al die
belanghebbers in die bosbousektor – kwekers; kontrakteurs; die vesel-,
saagmeul-, paal- en houtskool-subsektore.
So byvoorbeeld is die finansiële sektor die beste om bemagtiging te finansier
of bankgeriewe te verskaf vir dié wat daarsonder moes klaarkom; hulle het
dié doelwitte dus op hulle telkaart ingesluit. Die IT-sektor kan weer help om
Internet-bandwydte en rekenaarsentrums aan skole en gemeenskappe te
verskaf, en hulle sal dit dus as ’n doelwit op hulle telkaart insluit. Die landbou
het ’n baie spesifieke bydrae om te lewer ten opsigte van landbougrond en
het historiese vraagstukke om op te los, wat hoë ongeletterdheidsyfers en
MIV-infeksiesyfers insluit. Onder meer hierdie vraagstukke word dus gekies
om aandag aan te wy.
Die dti-kodes stel bepaalde reëls vir die opstel van sektorhandveste of
sektorkodes, want ons land kan nie bekostig dat een sektor “met moord
wegkom” terwyl baie veeleisende mikpunte vir ’n ander gestel word nie.
Om almal dus op min of meer dieselfde vlak te hou vereis die dti-kodes die
volgende:
• ’n Sektorhandves (of artikel 12-handves, soos dit soms genoem word)
behels die transformasieteikens wat ’n sektor vrywillig en gesamentlik
vir homself stel en wat hy sal probeer bereik. ’n Sektorhandves kan
ter inligting in die Staatskoerant gepubliseer word, maar dit dra geen
gewig wanneer die SEB-telling bepaal word nie. Selfs al beskik ’n mens
se sektor oor ’n sektorhandves, sal jy steeds aan die dti-kodes gemeet
word om jou SEB-status te bepaal. Die handvesteikens is eerder riglyne
vir die soort bydraes wat die sektor van sy belanghebbendes verwag.
• ’n Sektorkode (of artikel 9-kode, soos dit soms genoem word)
vervang die dti-kodes vir die betrokke sektor. Daar is streng reëls vir die
opstel van ’n sektorkode. Dit moet wesenlik ooreenstem met die dtikodes en moet al elemente (eiendomsreg, vaardigheidsontwikkeling,
verkryging, ens.) van die dti-kodes bevat, maar kan bykomende items
bevat, wat dan punte van een of meer van die elemente “wegvat”. Die
afwykings van die dti-kodes moet geregverdig wees, en dit moet ook
deur al die belangrikste belanghebbendes in die sektor goedgekeur
en vir kommentaar deur die algemene publiek bekendgemaak word,
sodat ander sektore kan sê of hulle meen die telkaart is billik.
By afwesigheid van ’n sektorkode word ’n mens dus outomaties aan die
dti-kodes gemeet.
5. Landbou
AgriSEB was tot 2012 ’n sektor-oktrooi (artikel 12-oktrooi), ’n riglyn
en vrywillige verbintenis van die sektor wat deur verifiëringsagentskappe
gebruik kan word as maatstaf. ’n Konsepweergawe van die AgriSEBsektorkode is in Maart 2012 vir kommentaar gepubliseer, en is op 28
Desember 2012 bekendgemaak as ’n sektorkode. Die AgriSEB-tellingkaart
is nou die amptelike tellingkaart vir die landbousektor word.
Die omvang van die AgriSEB-sektorkode sluit enige onderneming in wat die
grootste gedeelte van sy omset verkry van:
• Die primêre produksie van landbouprodukte;
• Die voorsiening van insette en dienste aan ondernemings wat gemoeid
is met die produksie van landbouprodukte;
• Die veredeling van landbouprodukte, hetsy in ’n primêre of halfveredelde vorm; en
• Die berging, verspreiding en/of verhandeling en verwante aktiwiteite
wat met nie-veredeldeeerde landbouprodukte verband hou.
Vir nog inligting, besoek www.agbiz.co.za en www.thedti.gov.za.
Besoek www.forestrysa.co.za/forest-transformation-bbeee.
7. Visserye
Transformasie is tot voor hierdie stadium aangedryf deur kwotas,
verskillende visserybeleide en die SEB-kodes, aangesien geen sektoroktrooi of sektorspesifieke ra []