332
REHAB
Tel: 043 722 1811
www.rehab.bigup.co.za
Skills for Africa
Tel: 012 379 4920
www.skillsafrica.co.za
Geakkrediteerde AgriSETA
opleidingsverskaffers
South African Disability
Development Trust
Tel: 011 326 3282
www.saddt.org.za
Die Suid-Afrikaanse Federasie
vir Geestesgesondheid
(SAFMH) ‡
Tel: 011 781 1852
www.safmh.org.za
Suid-Afrikaanse Kommissie vir
Menseregte (SAHRC)
Tel: 011 877 3600
www.sahrc.org.za
South African National
Association for Specialised
Education (SANASE)
www.sanase.org.za
South African Sports
Association for the Physically
Disabled (SASAPD)
Tel: 087 721 8262
www.sasapd.org.za
SA Nasionale Raad vir Blindes
(SANRB) ‡
Tel: 012 452 3811
www.sancb.org.za
SANRB is die sambreelorganisasie
vir blindes oor al die provinsies heen
bestaan. Dit bied In verskeidenheid
dienste aan, waarvan besonderhede
op die webtuiste verskyn.
South African Spine Society
Tel: 021 910 3322
www.saspine.org
Thabo Mbeki Development
Trust for Disabled People
(TMDT) – soek South African
Disability Development Trust
Universiteit van die
Witwatersrand
Centre for Deaf Studies
Tel: 011 717 8337
www.wits.ac.za
Vereniging vir Mense met
Gestremdhede (APD)
www.apd.co.za
www.disabilitygauteng.org
www.apdec.org.za
www.apdfreestate.co.za
www.apdlimpopo.co.za
Johannesburg – 011 646 8331/2/3
Pretoria – 012 328 6447
Port Elizabeth – 041 484 5426
Bloemfontein – 083 745 6376
Chatsworth – 031 403 7041
Polokwane – 015 291 1787
Nelspruit – 013 752 7254
Kimberley – 053 833 3315
Rustenburg – 014 533 0593
5. Publikasies en webtuistes
Verwys na die webtuistes wat vroeër in hierdie hoofstuk gelys is.
Die National Accessibility Portal (NAP) is ’n eenstop-inligtings-diens- en
kommunikasiekanaal wat almal sal steun wat by die terrein van gestremdheid
betrokke is, sy dit mense met gestremdhede, versorgers, lede van die
mediese beroep, asook enigiemand wat dienste in hierdie domein aanbied.
Lees meer hieroor by www.napsa.org.za
www.outonalimb.co.za – lees oor die pogings van ‘n gestremde fietsryer en
sy span om bewustheid te verhoog en geld vir gestremdes in te samel.
Elke jaar, op die eerste Vrydag in September word Slenterdrag-dag gevier.
Dit is ‘n fondsinsamelingsprojek wat ‘n beroep op Suid-Afrikaners doen om
op hierdie dag meer informele klere aan te trek en ‘n plakkertjie te dra om
hulle ondersteuning vir mense met gestremdhede te wys. Besoek www.
casualday.co.za.
Kyk ook na die volgende:
• Inclusion International – www.inclusion-international.org
• Die Wêreldgesondheidsorganisasie het riglyne geformuleer, naamlik
die ICF of International Classification of Functioning, Disability and Health.
Besoek hul webtuiste by www.who.int
• European Disability Forum – www.edf-feph.org
• Centre for Accessible Environments – www.cae.org.uk
• World Federation of the Deaf – www.wfdeaf.org
nasionale kwessies
Swart ekonomiese bemagtiging
(SEB)
Ook bekend as breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB)
1. Oorsig
• Swart Ekonomiese Bemagtiging moet breëbasis-aktiwiteite behels wat
swart persone bemagtig.
• BBSEB gaan nie net oor groot saketransaksies tot voordeel van ’n paar
individue in die samelewing nie. Dit moet ook tot die bemagtiging van
“gewone mense” lei.
• BBSEB moet sentraal wees tot inklusiewe groei. Ondersteuning moet
verleen word ten opsigte van bepalings van die Nuwe Groeibaan
wat ’n baie sterker fokus op die breëbasis-elemente van die SEBregulasies vereis. Dit sluit eienaarskap deur gemeenskappe en
werkers, verhoogde vaardigheidsontwikkeling en loopbaanbeplanning
vir alle werkende persone en ondersteuning vir klein ondernemings en
koöperatiewe, sowel as ’n nuwe klem op verkryging vanaf plaaslike
produsente ten einde werkskepping te ondersteun, in.
• Om tot werkskepping by te dra, moet BBSEB onder andere die
ontwikkeling van nuwe ondernemings bevorder, plaaslike verkryging
aanmoedig en vaardigheidsontwikkeling en diensgelykheid verbeter.
Bron: www.sanews.gov.za (aangepas)
In die afgelope jare was daar wêreldwyd ’n beweging wat vereis dat
besighede meer rekenskappligtig moet wees ten opsigte van die mense
wat hulle in diens neem en teenoor die gemeenskappe waarin hulle
lewe en werk en die besighede met wie hulle sake doen. Die meeste
ontwikkelde lande en baie ontwikkelende lande het konsepte soos
drievoudige rekenskapgewing aanvaar, wat van besighede vereis om
verslag te doen oor die manier waarop hulle die samelewing hanteer
(vraagstukke soos regstellende aanstellings; vaardigheidsontwikkeling;
korporatiewe maatskaplike investering; die ontwikkeling van klein
besighede en voorkeurverkryging) en die manier waarop hulle die
omgewing behandel. Ander lande gebruik maatskaplikeverantwoordelikheidsindekse of “Investeerder in Mense”-standaarde om besighede se
maatskaplik e verantwoordelikheid te meet en daaroor verslag te doen.
SEB is allereers ’n poging om alle landboubesighede aan te moedig om
hulle rol in die opheffing van die samelewing waarin hulle funksioneer,
te meet en daaroor verslag te doen. Dit gaan daaroor dat die formele
opheffing van voorheen benadeeldes, of mense wat nie het nie (“havenots”), aangemoedig moet word. Die feit dat die meeste mense in SuidAfrika wat nie het nie, swart is (Afrikane, Kleurlinge en Indiërs), is die
resultaat van vorige benadeling. Dit is waarom die sosio-ekonomiese
bemagtigingsprogram in Suid-Afrika vir die voorsienbare toekoms op
swart Suid-Afrikaners sal fokus.
Indien ons vermoëbou kan versnel, ’n meer gelyke verdeling van rykdom
daar kan stel, en kan aanhou groei en al hoe mededingender word, sal
ons in die toekoms die vrugte van hierdie programme pluk. Dit hang
van individuele maatskappye en individue in die maatskappye af hoe
goed ons daarin sal slaag of in watter mate ons in gebreke sal bly om
meer volhoubare besighede en gemeenskappe en ’n maatskaplik meer
gebalanseerde land te word.
Bron: Aangepas uit ’n artikel deur William Janisch, Empowerment Services