330
6. Publikasies en webtuistes
• Vind artikels soos Tipping the Balance Policies to shape agricultural
investments and markets in favor of small-scale farmers (Jan 2013) by
www.polity.org.za.
• NuFarmer & African Entrepreneur is ’n gratis maandelikse publikasie wat
die “Africa Economic Developer” -toekenning verower het. Kontak
Johan Swiegers by 012 804 5854, 082 882 7023 of nufarmer@pop.
co.za.
• Pula Imvula is tydskrif van Graan SA vir ontwikkelende produsente.
Kontak Graan SA by 08600 47246 of besoek www.graansa.co.za.
• Ubisi Mail is ’n tydskrif vir opkomende boere en plaaswerkers. Kyk na
www.ubisimail.co.za.
• Die nuusbriewe in SANews gee dikwels verslag van landbouontwikkelings, besonderhede van grondhervorming en nuus van
opkomende boere. Teken in op die nuusbriewe by www.sanews.gov.
za
• Unlocking markets to smallholders - Lessons from South Africa Wageningen
Academic Publishers 2012 ISBN 978-90-8686-134-7
• People’s Farming Handbook 2nd edition David Phillip IBSN 0 86486
2310.
• Small-scale livestock farming Carol Ekarius Storey Publishing
• Kry die Agricultural Marketing Extension se opleidingshandleidings by
www.daff.gov.za (kies die Publications- en dan die General Publicationsopsie). Kry ook die Infopaks (boekies met verskeie eenvoudige artikels)
wat beskikbaar is by die Hulpbronsentrum by 012 319 7141.
• Die South African Journal of Agricultural Extension word jaarliks deur die
South African Society for Agricultural Extension (SASAE) gepubliseer
by http://journals.sabinet.co.za/agri.
• Kry ook die gereelde artikels in die Farmer’s Weekly, veral die “Back
to basics” -bladsye. Besoek ook www.farmersweekly.co.za vir
argiefartikels.
• Kry die Landbank Navorsingsverslag Addressing challenges of financing
emerging farmers (2011) by www.landbank.co.za ISBN: 978-0-62138509-0.
• Die LNR het ook blaadjies en boekies. Besoek www.arc.agric.za vir
die volledige lys.
• Die Infotoons – kleurvol en eenvoudig uitgelê – kan bekyk word by
www.agis.agric.za/efarmer
• South Africa’s Agricultural Commodity Markets: understanding the rules
of the game in five commodity markets with the intention of creating
opportunities for emerging farmers deur Nomonde Qeqe en Anton
Cartwright van die Surplus People’s Project. Kry die dokument by
www.spp.org.za
• Die betrokke verenigings en assosiasies het dikwels bruikbare
materiaal, byvoorbeeld SAKATA Seed het kwekingsriglyne vir diegene
wat groente wil plant.
• Lees oor die suksesvolle Ithuba Landbouprojek by www.
ithubaagriculture.co.za. Nuus oor ander projekte verskyn gereeld in
Farmer’s Weekly en Nufarmer & African Entrepreneur publikasies.
Internasionaal
• CTA (die Tegniese Sentrum vir Landbou en Landelike Samewerking)
(www.cta.int)
• www.technoserve.org – TechnoServe is ’n internasionale organisasie
met baie kleinboerinisiatiewe “Business Solutions to Rural Poverty”.
• Die AgriCultures-netwerk dek kleinskaalse boerderykwessies deur
Afrika en die wêreld. Kyk na www.agriculturesnetwork.org.
• Dit kan insiggewend wees om uit te vind wat in die res van Afrika
gebeur. Gaan kyk by www.naads.or.ug, Uganda se Nasionale Landbouadviesdiens. Besoek die webtuistes van die internasionale groeperings
wat in die hoofstuk “Navorsing en ontwikkeling” genoem word
• Gaan lees gerus verskillende publikasies by www.prolinnova.net
(PROmoting Local INNOVAtion).
nasionale kwessies
Persone met gestremdhede
1. Oorsig
Suid-Afrika is vandag waarskynlik een van die lande wat die meeste aandag
aan gelykheid en diversiteit skenk. In hierdie plaaslike universum word elke
denkbare variasie en weerspieëling van die groter wêreld aangetref wat ras,
gender, kultuur, nasionaliteit, taal, religie, seksuele oriëntasie, klas, politieke
affiliasie en status asook tussenrasverhoudinge betref.
Dit is in hierdie konteks dat ons aansienlike dog merkwaardige onsigbare
komponente van hierdie demografiese mengsel – gestremdheid – moet
identifiseer en ondersoek. Gestremdheid is uniek in die sin waarin vigs dit is:
dit kom onder alle sosio-ekonomiese, politieke, kulturele, rasse-, genderen ander groeperings voor, sonder uitsondering.
In die stryd om die erkenning van gestremdheidsregte gaan dit bloot
om die versoek van een mens tot In ander om sy of haar menslikheid
agter die masker van die gestremdheid te erken. Indien ons blind bly vir
gestremdes deur hulle toegang tot ons werkplekke en inkoopsentra te
weier, sal ons nooit die mense agter die gestremdheid raaksien of erken
nie. Wie sou dan in werklikheid blind wees – diegene wat nie kan sien nie
maar gesien wil word, of diegene wat weier om te sien?
2. Internasionale sakeomgewing
Die Verenigde nasies se konvensie oor die regte en waardigheid van
persone met gestremdheid (United Nations Convention on the Rights
and Dignity of Persons with Disabilities – UNCRPD) is in 2008 deur
20 lande bekragtig. Gestremdes word nou nie net as die slagoffers van
diskriminasie en misbruik erken nie, maar as onafhanklike wêreldburgers
wat geregtig is op gelyke regte en waardigheid.
Lees oor Disabled Peoples’ International (DPI) op www.dpi. org. Kry
die skakels tot DPI se streeksontwikkelingskantore in Afrika, Asië-pasifies,
Europa, Latyns-Amerika en Noord Amerika-Karibies.
In samewerking met sy 182 lidlande probeer die International Labour
Organisation (ILO) toesien dat arbeidstandaarde sowel in beginsel as in
die praktyk gerespekteer word. Belangrike instrumente van die ILO wat
verband hou met gestremdes se reg op behoorlike werk en die voorkoming
van diskriminasie teen gestremdheid sluit in die ILO Convention 159 on
Vocational Rehabilitation and Employment (Disabled Persons), 1983, en sy
gepaardgaande Recommendation 168. Besoek www.ilo.org.
Die World report on disability (Junie 2011), die eerste in sy soort, is
gesamentlik deur die World Health Organisation (WHO) en die World
Bank voortgebring.
Hierdie verslag bied die beste beskikbare bewyse oor hoe om omgewings
wat mense met gestremdhede in staat sal stel om te floreer te skep en
hanteer ook hindernisse by gesondheidsorg, rehabilitasie, onderrig,
werkgewing en bystanddienste. Die verslag sluit met aanbevole aksies vir
regerings en hul vennote af.
Die verslag op www.who.int, www.worldbank.org of www.polity.org.
za.