Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 319

317 Die stigma, verskillende wanopvattings en die vrees dat jy alleen sal sterf as jy met MIV gediagnoseer word, veral in landelike gebiede, maak dit gebiedend noodsaaklik dat ’n MIV/vigs-beleid gebou moet word op vertroue en selfvertroue onder al die belanghebbers/spelers. Die betrokkenheid van alle belanghebbers op ’n vroeë stadium help bou aan die nodige spanbenadering. Voordat bewustheidsessies vir die plaaswerkers in ons programme begin word, moet die boer/plaasbestuur met die plaaswerkers praat en betrokkenheid aandui en hulle die versekering gee dat mense nie afgedank sal word nie (een van die vrese is dat hulle afgedank sal word indien hulle positief toets). Deur ’n MIV-program te begin word die hoop gevestig dat die werkers meer kundig sal wees oor die belang van ’n gesonde lewenstyl. AgriAids, deur befondsing deur USAID, spesialiseer in die vestiging van MIV-bewustheid, toetsing en ondersteuning vir plaaseienaars en -werkers. De Departement van gesondheid is ’n sleutelvennoot in al die AgriAidsintervensies, aangesien hulle betrokkenheid volhoubaarheid verseker. Bron: AgriAids. Skakel 012 392 0500 of besoek www.agriaids.org.za 3. Die selfversorgende boer MIV/vigs verhaas armoede op die platteland en lei tot die verwoesting van uitgebreide familiebetrekkinge wat oor jare heen die grondslag vir tradisionele veiligheidsnetmeganismes uitgemaak het. Bestaansboerdery is moeilik, veral in gebiede wat swaar onder MIV gebuk gaan. Benewens die voorkoms van vigs, word boere deur droogte en siektes geteister wat die lewe vir die betrokke mense net nog swaarder maak. Bestaansboere werk meestal in afgeleë plekke waar toegang tot markte en landboudienste swak is. Armoede kom algemeen voor. Die las van die versorging van