Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 318

316 5. Enkele notas oor volhoubaarheid ’n Volhoubare gemeenskap is ideaal gesproke nie van eksterne faktore vir sy funksionering en oorlewing afhanklik nie. Dit sluit die volgende in: Dit is ekonomies lewensvatbaar/het ’n ekonomiese basis/beskik oor ’n ekonomiese bestaansrede (raison d’ etre). Elke plek/sosiale groep beskik oor iets wat dit uniek maak. Die uniekheid word die rede vir die plek of groep se bestaan – die aantrekkingskrag vir beleggings of vir die skep van ’n nuwe mark. Nuwe en bestaande gemeenskappe moet die een of ander primêre aktiwiteit as deel van die ekonomiese samestelling hê. Dis belangrik vir die skepping van ’n diverse plaaslike ekonomie. In stedelike gebiede moet voorstede in ’n ekonomie omskep word wat nie van die SSK of kommersiële/industriële gebiede vir oorlewing afhanklik is nie. Dorpe moet nie van stede vir hul oorlewing afhanklik wees nie. Dit handhaaf en koester verskeidenheid. Biologies, sosiaal en ekonomies. Die degradasie van natuurlike stelsels is taboe (oormatige verbruik, verlies aan biodiversiteit, monokulture, ens.). Verskeidenheid is ’n natuurlike raamwerk. Dit voer nie afval uit nie. Beperk die vloei van rommel. Hou biologiese en tegnologiese rommel apart en opsikleer (upcycle) dit (d.w.s. gebruik afval as hulpbron as die volgende stap in die gemeenskap se metabolisme). Hierdie benadering volg die natuur se diktum dat afval voedsel is: dit beperk besoedeling. Skep werksgeleenthede uit afval! Dit voer nie hulpbronne in nie. Hulpbronne word beskou as: materiaal, energie, arbeid, kennis, kapitaal en wysheid. Enige plaaslike ding wat as katalisator/vermenigvuldiger vir die plaaslike gemeenskap gebruik kan word, moet ontwikkel en as hulpbron beskou word. Dit ontwikkel sosiale kapitaal. Dit koester toestande waarin die gemeenskap kan gedy en bevorder die gemeenskap se kapasiteit om in sy eie behoeftes te voorsien. • Vlak 1: Natuurstelsels word nie beskadig nie. ’n Gemeenskap wat nie sy natuurstelsels beskerm nie, ondermyn homself. • Vlak 2: Dit hou verband met die toestande op die vlak van sosiale stelsels – ’n politieke besluit of een wat op organisasievlak geneem is, kan daartoe lei dat mense nie tot hulpbronne of onderwys toegang het nie. “... Mag wat tot nadeel van ander uitgeoefen word en blind is vir interafhanklikheid is nie volhoubaar nie” (eie vertaling) • Vlak 3: Suksesvolle strategieë vir sosiale volhoubaarheid: deelname, deursigtigheid, verantwoordelikheid/aanspreeklikheid, eerlikheid. Plaaslike kennis, wysheid en kultuur word bevorder en aangewend; dit blyk uit die besluite wat op hierdie vlak geneem word. Sosiale en ekologiese implikasies word a