Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 314

312 daarna streef om ’n liefde vir landbou onder die jeug aan te moedig. Vind “Youth shows” onder die “Activities”-opsie by www.agriexpo.co.za. Elke provinsie bied sy eie uitdunne aan waar die twee beste inskrywings per afdeling deurgaan na die nasionale kompetisie. Daar is twee ouderdomsgroepe in elke afdeling – juniors vir kinders onder 14, en seniors vir kinders onder 18. Alle deelnemers moet leerders wees, en hulle ding mee vir die provinsie waarin hulle skoolgaan. Daar is 15 klasse waarin kinders deelneem, naamlik vleisbeeste, melkbeeste, vleisbokke, melkbokke, veselbokke, wolskape, vleisskape, perde, varke, hoenders, hase, sierduiwe, renduiwe, tuisnywerhede en suiwelprodukte. Elke klas word in verskillende afdelings beoordeel. Dit is een van die wonderlikste geleenthede vir kinders om met diere te werk en om hulle op ’n positiewe manier by die landbou te betrek. Alle kinders is welkom. Vir meer inligting, skakel Hennie Prinsloo by 082 671 9712. Toyota SA Nasionale jong boer van die jaar Vir meer besonderhede oor hulle jongboerwerk, kontak ander boereverenigings soos TLU SA en NAFU SA (besonderhede in die hoofstuk oor die georganiseerde landbou). Die Toyota-SA Nasionale Jong boer van die Jaar kompetisie is die hoogtepunt van nege provinsiale kompetisies waar boere tussen 18 en 35 jaar kompeteer. Hierdie boere moet vir ten minste twee jaar lidmate van die provinsiale affiliasie van AgriSA wees, en hulle kompeteer teen ander jong boere van dieselfde provinsie voordat hulle as finaliste gekies word in die groter kompetisie. Die nege provinsiale finaliste word dan verder beoordeel op hul plaasvaardighede, finansiële en sakeinsig en menigte ander wetenskaplike kriteria. Die Land Bank Future Farmers Show Gebeur by die Royal Agricultural Show by Pietermaritzburg. Die jaarlikse Woolworths Trust EduPlant-program Die Woolworths Trust EduPlant-program begin elke jaar met ’n uitnodiging aan onderwysers om ’n gratis eendagwerkswinkel in permakultuur by te woon. Onderwysers wat die permakultuurvaardighede aanleer, word “voe dselsekerheidkampioene” in hul gemeenskappe. Hulle word aangemoedig om voedseltuine te skep wat broodnodige voedsel vir honger skoolkinders verskaf. Sodra ’n skool se tuine ontwikkel is, word hul projekte vir die nasionale kompetisie ingeskryf. Hulle kry deurlopend ondersteuning en raad by kenners van permakultuur wat die skole besoek en dan die 63 finaliste aanwys. Alle finalisskole wen ’n kontantprys en omgewings-, gesondheidsen tuinmaakhulpbronne. Bykomende prysgeld en hulpbronne word aan die wenners in die opkomende, intermediêre, gevorderde en provinsiale kategorieë toegeken. EduPlant word deur Food & Trees for Africa bedryf. Bel 011 656 9802 of besoek www.trees.co.za. Onderrigmateriaal vir skole wat permakultuur aan die aktiewe leerkurrikulum wil koppel, is ook beskikbaar. 4. Nasionale strategie en regeringskontakte Die wet op die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (National Youth Development Agency Act, Act No. 54 of 2008) is by www.nyda.gov.za en die dokument van die Nasionale Jeugbeleid 2009 – 2014 by www.info.gov.za beskikbaar. Die Kabinet het in April 2009 die Nasionale Jeugbeleid vir 2009–2014 goedgekeur, waarin besonderhede van ’n hele aantal belangrike beleidsake voorkom. Dit word deur ’n geïntegreerde jeugontwikkelingstrategie, waarin spesifieke planne uiteengesit word om die beleidsvoorstelle in werking te stel, op gevolg. Nasionale pogings om die jeug te bemagtig, konsentreer op werkloosheidsinisiatiewe en kleinsakeontwikkelingsondersteuning, aangesien mense glo dat as die ekonomiese probleme van die jeug opgelos word, hulle minder vatbaar vir ander maatskaplike probleme sal wees. Geleenthede om ervaring in ’n werksopset op te doen, sluit internskappe, leerderskappe, vakleerlingskappe en nasionale jeugdiens in. Die skepping van ’n nasionale jeugdiens word beskou as ’n meganisme om vrywillige en diensaktiwiteite ter ondersteuning van gemeenskaps- en nasionale ontwikkeling onder jongmense aan te moedig, terwyl dit terselfdertyd nuwe geleenthede meebring om vaardighede te ontwikkel, te werk en ’n inkomste te genereer. Omdat al die staatsdepartemente besef dat die jeug nie net een ministerie se verantwoordelikheid en plig is nie, stel hulle almal, in mindere of meerdere mate, hul fokus op die jeug hetsy dit nou beursskemas, internskappe, mentorskappe en inkubasieprogramme is. Kontakbesonderhede en webtuistes vir staatsdepartemente is by www.info.gov.za beskikbaar. Nasionale tesourie www.treasury.gov.za Besonderhede van die jeugindien snemingsubsidie word oorweeg. Die subsidie vergoed werkgewers vir die indiensneming van jong werknemers en kan die koste vir opleiding opweeg of die risiko wat die werkgewers neem –veral die wat klein besighede bedryf. Cosatu het sy kommer uitgespreek dat sodanige subsidie sal lei tot die vervanging van ouer, meer ervare werkers met jonger, goedkoper werkers. Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming www.ruraldevelopment.gov.za die pogings van ondernemings in staatbesit (SOE’s), wat onder die Departement van Openbare Ondernemings (DPE) ressorteer, soos Eskom, Transnet, SuidAfrikaanse Lugdiens, Broadband Infraco, Alexkor, South African Express, die Suid-Afrikaanse bosboumaatskappy en Denel te koördineer tot die maksimalisering van hul insette in jeug ekonomiese bemagtiging wat fokus op: • werkskepping • vaardigheidsontwikkeling • entrepreneurskapontwikkeling • korporatiewe maatskaplike belegging (CSI) en verwante inisiatiewe Departement van Maatskaplike Ontwikkeling Die National Rural Youth www.population.gov.za Service Corps (NARYSC) is ’n tweejaarprogram wat gemik is op Twee studies aan die einde van die bemagtiging van landelike jeug 2011 bevestig dat kinderondervan elk van die 3 000 landelike steuningstoelae die diepte en wyke regoor die land. Die program intensiteit van armoede laat afneem teiken jeug wat tussen 18 en 35 jaar het. Die studies is gedoen deur die oud is wat Graad 10 of Standard 8 Verenigde Nasies se kinderfonds, skoolrapporte het en opgelei sal Finansiële en Fiskale Kommissie van Suid-Afrika en die Departement word in die tegniese- ambag- en van Maatskaplike Ontwikkeling. maatskaplike werkvaardighede Verslae onder die opskrif The oor ’n tydperk van twee jaar. Die Impact of the International Crisis vaardighede wat aangeleer moet on Child Poverty in South Africa en word, word bepaal deur behoeftes Vulnerability of Children and Poor in landelike gebiede wat bepaal families to the Economic Resession word deur huishoudelike en van 2008-2009 het bevind dat gemeenskapprofiele. Na voltooiing kindertoelae as ’n vorm van van die tweejaaropleidingsprogram gediversifiseerde inkomste gedien sal kandidate in hul gemeenskappe het wat arm huishoudings minder werk en dienste lewer in plaaslike vatbaar maak vir die uitwerking sosio-ekonomiese ontwikkeling. van die skok. Kry die NARYSC-opsie op die Departement van Hoër webtuiste. Onderwys en Opleiding www.dhet.gov.za Departement van Openbare Ondernemings Departement van Vroue, www.dpe.gov.za/youth Kinders en Mense met Die jeug ekonomiese deelname Gestremdhede (YEP-program het ten doel om www.dwcpd.gov.za Die SANews-nuusbrief is In uitstekende manier om tred te hou met die verskillende inisiatiewe vir die jeug. Besoek www.SANews.gov.za om daarop in te skryf.